Sondag 9 Junie 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan
ds Paul du Plessis van Bybelgenootskap wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Filippense 1:1-11.
Die tema van die prediking is: Goeie nuus vir almal vir altyd.
• Nasionale Biddag vir die Blindes.
• Kategese afsluiting.
• Spesiale offer vir Innovation for the Blind by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vandag nie.
• Blokbyeenkoms vir Blok 12A & 12B (Reebok tot Mosselbaai) vind plaas direk na die erediens in die kerksaal.
Woensdag 12 Junie 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 16 Junie 2024 :
• Erediens om 10:00. • Prediker – Ds Charné Viljoen. • Vadersdag. • Jeugdag. • Biddag vir Jeug & Kategese. • GEEN Kategese. • Sinodale offer vir Jeugwerk by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die oorblywende datums vir die tweede kwartaal is 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
◦ Daar is steeds ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 0847831308.


Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 9 Junie 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 9 Junie 2024.
2. Gemeentenuus:
‘n Ontstellende weekslikse nuusbrief ‘Paradise lost’ vanaf Madagskar, wat voorbidding
vra vir die hantering van dogtertjies, ma’s en oumas.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: God se inslag in Christus se geboortelyn”.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

BESTUURDER
Hartenbos Versorgingsoord, Hartenbos
Hartenbos Versorgingsoord is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagterond met ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer, met die opdrag om die strategiese visie te operasionaliseer deur doelgerigte bestuurstake en die optimale benutting van hulpbronne en dienste. Asook voorsiening te maak vir die versorging van ouer persone, in ’n veilige en vriendelike omgewing sowel as die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde dienste vir ouer persone.
Die bestuurder is verantwoordelik vir die algehele bestuur en gehalteversekering van die tehuis, wat insluit:
- Toesig oor die verpleegsorgdienste, finansies en menslike hulpbronne bestuur funksies, in samewerking met die multi-dissiplinêre span.
- Bemarking, kommunikasie en fondswerwing, om te verseker dat die tehuis volhoubare, relevante dienste kan bied.
- Batebestuur en instandhouding van beroepsgesondheid en veiligheid program.
- Skakeling en netwerk met belanghebbendes en die bou van langtermyn verhoudings met strategiese vennote.
Die ideale kandidaat beskik oor ‘n naskoolse kwalifikasie, die vermoë om ‘n span te lei en te motiveer, asook om probleemareas vroegtydig te identifiseer en op te los.
Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes. Vorige bestuurservaring en begrip vir die unieke uitdagings en operasionele dinamika van maatskaplike sorg en ontwikkelingswerk sal as ‘n sterk aanbeveling dien.
Vergoeding behels ‘n onderhandelbare salaris asook mediese- en pensioenfondsvoordele.
Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor of op 21 Junie 2024 per epos aan: mhb@badisa.org.za
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


