Afkondigings 7 – 14 September 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 7 September 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Riaan & Tanya van der Merwe (seuntjie – Louis Adriaan van der Merwe).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Deat 30 en Lukas 14 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Lewe of Dood
  • Nasionale Biddag vir Dowes.
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Sinodale offer vir Instituut vir Dowes by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Doop 7 Sept 2025
Doop 7 Sept 2025

Woensdag 10 September 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida –  Kontak Ons     . Alle belangstellendes welkom.
  • 18-49 Jariges Samekoms om 18:00 in die vierkant.
18 - 49 jariges
18 – 49 jariges

Sondag 14 September 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Nadia Marais.
  • Toerustingsondag/Melaatse (Leprose)
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Spesiale offer vir Sending aan Melaatse by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Verjaarsdae
Verjaarsdae

Gesinskamp 31 Okt – 2 Nov 2025

Gesinskamp 31 Okt * 2 Nov 2025
Gesinskamp 31 Okt * 2 Nov 2025

Dankfees 25 Oktober 2025

Dankfees 25 Oktober 2025
Dankfees 25 Oktober 2025

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir September 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Gebedsgids opstellers
Gebedsgids opstellers

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 27, asook die antwoorde vir nommer 26, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge

Getuienisbediening :

Getuienis Toerusting 20 Sept
Getuienis Toerusting 20 Sept

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die laaste uitreikdatum vir die derde kwartaal is 17 September.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is tans ’n behoefte aan ‘n tweedehandse boekrak (vir geestelike boeke), koffiebekers (enige kleur of patroon – dit hoef nie ‘n stel te wees nie), tafeldoeke (wat u nie meer gebruik nie), handdoeke & waslappe (hoef nie nuut te wees nie), seep (vir stort), wol & hekelgare en speletjies.

Ons benodig ook asseblief

3 tweedehandse selfone in ‘n werkende toestand om met ons Wolwedans leier oumas en oupas te kan kommunikeer. Indien u het om te skenk kan u dit asb tydens kantoorure by die kerkkantoor afgee of kontak vir Aletia –  Kontak Ons       om dit by u af te haal.

Die Getuienisbediening spreek hartlike dank uit aan die gemeentelede wat reeds ruim bygedra het aan breekgoed, asook vir die mikrogolfoond en yskas.

Ons waardeer julle meelewing opreg!

Bluetooth Speaker benodig
Bluetooth Speaker benodig

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –   Kontak Ons      / Riëtte Jansen van Rensburg –  Kontak Ons     .

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons     .

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Thailand

Mnr Suthep het ’n stryd gevoer teen dwelmverslawing en selfdoodgedagtes in ’n tronk in Thailand. Toe skryf hy in vir FEBA se Bybel-korrespondensiekursus en vind Christus. “Die kursus het my tot inkeer laat kom,” sê hy, “en God se Woord het my verander.” Studente ontvang gratis studiemateriaal wat hulle help om die Bybel met begrip te lees, en hulle kontak die FEBA Thailand-span om gedagtes te deel of vrae te vra.

Ons gebed vir die week: Bid dat elke wanhopige gevangene hoop in Christus sal ontdek deur FEBA Thailand se bediening.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 7 September, gelei deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
    •  Die ‘Skep asem vir vandag, ‘n wonderlike begin vir elke dag.
    •  Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Vreugde”
  • Gemeentenuus:
    • Deel met ons jou gunsteling Praise and Worship’ geestelike liedere sodat ons skakels op die webtuiste kan plaas. WhatsApp julle keuses se tema, sanger of orkes na +27 73 319 9807.
    • Die Gebedsgids vir September is beskikbaar.
    • Daar is ’n skakel op die webwerf ivm Nasionale Biddag vir Dowes op 7 September 2025.
    • Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets.
Dopper Basaar
Dopper Basaar

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier