Sondag 7 Julie 2024 :
• Baie welkom by die erediens. Prediker – Ds Danie Goosen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 6:1-13.
Die tema van die prediking is: Onder die knie kry?
• GEEN Kategese.
• Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof erediens prediker: Ds Charné Viljoen.
Woensdag 10 Julie 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Vrydag 12 Julie 2024 :
• Getuienisnaweek skop af om 17:00 (sien meegaande program).
Saterdag 13 Julie 2024 :
• Getuienisnaweek verrigtinge hervat om 09:00 (sien meegaande program).
Sondag 14 Julie 2024 :
• Getuienisnaweek afsluiting om 10:00 (sien meegaande program). • Prediker – Ds Hendrik Saayman. • Nagmaal – Ds Charné Viljoen. • GEEN Kategese. • Spesiale offer vir Sendelinge wat deur die gemeente ondersteun word by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Bybelblokraaie :
Bybelblokraai 7 & 8 is beskikbaar in die voorportaal asook by die traliehek van die kerkkantoor.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Julie 2024 is beskikbaar in die voorportaal asook by die traliehek van die kerkkantoor.
Ons benodig nog persone wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel. Indien u wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.
Sterftes 2024:
28 Junie – Poppie Delport: Wyk 04A
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 10 & 24 Julie, 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Omgeebediening :
• Ons het ’n geweldige tekort aan inkopiesakke om die kruideniersware in te verpak.
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mosambiek
FEBA Mosambiek bou al hul sewende stasie! Sowat 40% van volwassenes in Mosambiek is ongeletterd, so radio is ’n ideale medium om hulle met die Goeie Nuus te bereik. Die FEBA Mosambiek-span besoek gereeld afgeleë dorpies om luisteraars te ontmoet, radio’s en ander sendingmateriaal uit te deel, en luisteraarklubs te stig. Hulle het baie uitdagings, veral in die noorde, waar die konflik tussen jihadiste en veiligheidsmagte vererger.
Ons gebed vir die week:Prys God vir Sy voorsiening van ‘n sewende
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
7 Julie 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 7 Julie 2024.
2. Getuienisbediening:
Weeklikse nuusbrief van Madagaskar.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Loop die pad net eenmaal…”
4. Gemeentenuus:
a) Bybel Blokkiesraaisels 7 en 8 is beskikbaar op die webwerf .
b) Daar is ‘n verskeidenheid Woordsoek-blokraaie vir verskillende ouderdomme
beskikbaar op ons die webwerf.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.


Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


