Sondag 24 Maart 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Fil 2:5-11.
Die tema van die prediking is: ‘n Geloofsontdekking?
• Sewende (Groot) Lydensweek.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 27 Maart 2024 :
• Daar sal GEEN Kooroefening wees gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 3 April 2024 om 17:00. Marida – 082 471 0751.
• Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.
Donderdag 28 Maart 2024 :
Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 28 Maart vanaf 15:00 tot 19:00
in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.
GOEIE VRYDAG 29 Maart 2024 :
• Nagmaal om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
Sondag 31 Maart 2024 :
• Paasfees.
• Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruis strand om 06:30. Prediker – Ds Danie Goosen.
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Magdalenahuis by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die
erediens nie.
Verjaarsdae 2024
24 Maart – Marietjie Lombard, Hilda Steyn, Adri van Staden.
25 Maart – Pierre de Jager, Trysie Hoffman, Mymie Janse van Rensburg,
Louise Potgieter, Bianca Sassenberg, Aniska Zeelie.
26 Maart – Carla du Toit, Annatjie Fourie, Ali Kotze, Bobby Rudman.
27 Maart – Het Bouwer, Lian Roetz.
28 Maart – Debbie Janse van Rensburg, Keith Jones, Logan Jones, Dawie Jordaan,
Gonnie Nieuwoudt, Rita Pienaar, Evert Venter,Janetta Visser, Morkel Voigt.
29 Maart – Angela Barnard, Melanie Cronje, Louis de Wet, Shaunie Hancke Barnard,
Emile Hurter, Tom Kruger, Dawid Terblanche, Fanie Terblanche, Hettie Visser.
30 Maart – Ems Redelinghuys, Alida Terblanche.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week. Die oorblywende datum vir die eerste kwartaal is 27 Maart. Die datums vir die tweede kwartaal is 10 & 24 April, 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte kera-miek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
24 Maart 2024
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 24 Maart 2024.
- Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wie is in beheer?” - Getuienisbediening:
a) Nuusbrief vanaf Madagaskar. - Gemeente nuus:
a) Gesinskamp by Harkerville.
b) Gemeentebrief Maart 2024. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of
iets lekkers en kuier saam!
Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.
Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R20 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke
– 082 411 1222. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of
Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
Kontak ons asseblief ook indien u kan help met skenkings vir fyn maalvleis.
3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk.
4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asseblief vir Piet Snyman – 082 297 3476.
5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.
6. GEBAK EN TEETUIN:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 /
Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.
7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na lokaal 6 by die kerk gedurende kantoorure en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by u huis gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.
Vicky Barnard – 083 500 5687.
10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser
– 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.
Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.
Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal
FEBA neem Christus na die wêreld deur media. Tot dusver handhaaf FEBA ‘n teenwoordigheid in 50 lande en die aantal hou aan groei. FEBA-spanne vervaardig en saai radioprogramme en aanlyn-inhoud uit, skakel met luisteraars op verskeie platforms, en versprei die Goeie Nuus van Christus in donker plekke. Tegniese spanne werk hard om radiostasies aan die gang te hou en leiers lei hul spanne deur baie uitdagings.
Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA-spanne en luisteraars sal seën en energie sal gee, sodat die Goeie Nuus kan aanhou versprei totdat almal gehoor het.




Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



