Sondag 23 Junie 2024 :
• Baie welkom by die erediens (10:00).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 4:35-41.
Die tema van die prediking is: Wie is jy?
• GEEN Kategese.
• Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 26 Junie 2024 :
• Daar sal GEEN Kooroefening wees gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 10 Julie 2024 om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Sondag 30 Junie 2024 :
• Erediens om 10:00. Prediker – Ds Danie Goosen. • GEEN Kategese. • Spesiale offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Junie 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Ons benodig nog persone wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel. Indien u wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

Sterftes 2024:
17 Junie – Mariëtte Goosen: Wyk 13A
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
Omgeebediening :
• Ons het ’n geweldige tekort aan inkopiesakke om die kruideniersware in te verpak.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 10 & 24 Julie, 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.



Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
23 Junie 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 23 Junie 2024.
2. Getuienisbediening:
Woekering in die Makatini.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Besig?…besig met wat?”.
4. Gemeentenuus:
Bybel Blokkiesraaisels 5 en 6 is beskikbaar op die webwerf.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se bediening onder die Yao
FEBA deel al vir dekades die Goeie Nuus met die Yao-mense in Malawi, Mosambiek en Tanzanië. Vandag is daar duisende luisteraarklubs, elk met 10 tot 50 lede, wat bymekaarkom om na FEBA Malawi en FEBA Mosambiek se uitsendings te luister en dan die Goeie Nuus met hul familie en vriende te deel. Duisende Yao Moslems het al tot bekering gekom.
Ons gebed vir die week:Bid dat God FEBA Malawi en FEBA Mosambiek sal gebruik om Sy Koninkryk onder die Yao nog verder uit te brei.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314





