Afkondigings 22 Februarie tot 1 Maart 2026

Sondag 22 Februarie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 4:1-11.
  • Die tema van die prediking is: Sit jouself op sy plek.
  • Nagmaal.
  • Eerste Lydensweek.
  • Biddag vir Trauma & Verlies.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Ondersteuningsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Ds Leon Cronje (Nagmaal).
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal. Gelei deur ds Ds Leon Cronje.

Dinsdag 24 Februarie 2026 :

  • Die Kerkraad vergader om 17:30 in lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 25 Februarie 2026 :

  • Die Blokbyeenkoms van Blok 7 (Onder-Bergsig) en Blok 10 (Bergsig-Bo) vind om 18:00 plaas by Koos & Elrina van Zyl – Kaaimansweg 45. Koos van Zyl –   Kontak ons .
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida –  Kontak ons . Alle belangstellendes welkom.

Verjaarsdae

Verjaarsade Week 9 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsade Week 9 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 1 Maart 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Tweede Lydensweek.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Teologiese Kweekskool by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal. Gelei deur ds Charné Viljoen.

Getuienisbediening :

Jeugkerk (Kinderkrans)

Jeugkerk Wolwedans gemeenskapsaal NG Kerk Groot-Brakrivier
Jeugkerk Wolwedans gemeenskapsaal NG Kerk Groot-Brakrivier

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week.

Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 25 Februarie en 11 & 25 Maart.

Ons sop voorraad is laag. Ons benodig asseblief sop of droë bestandele vir ons volgende uitreik.

Resep
100g sopmengsel,
100g rys,
100g lensies,
150g soja,
1 blokkie aftreksel,
1 pakkie sop.

Om gaar te maak
roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar. 

U kan dit skenk in die volgende twee formate:
Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.            

Bedieninge

Omgeebediening :

Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak!

By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.

Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –  Kontak ons 

Ondersteuningsbediening :

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33) 

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap. 

Vir meer inligting kontak:Riana Briers –  Kontak ons / Riëtte Jansen van Rensburg –  Kontak ons .

Eiendomsbediening :  

Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.

“Here, in die oggend hoor U my stem, in die oggend lê ek my saak aan U voor, en wag”
(Ps. 5:4 Afr20).

Klub 50 – Trein

Klub 50 - Powervan NG Kerk Groot-Brakrivier
Klub 50 – Powervan NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Oekraïne

Svitlana, ‘n luisteraar in Oekraïne, het onlangs die betekenis van “Immanuel” – God met ons – ervaar terwyl se reggemaak het vir werk. “Een van julle video’s het [op Instagram] verskyn en ek het besluit om te luister… Ek kan dit nie eintlik verduidelik nie, maar ek het meteens gevoel asof ek deur liefde omhul is – asof God self net daar by my is. Ek is nie godsdienstig nie, maar wat ek gehoor het, het my diep geraak. Kan God so werklik wees?”

Ons gebed vir die week: Bid dat luisteraars soos Svitlana hul geloof in Jesus sal plaas, en bid vir vrede in Oekraïne.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 22 Februarie 2026

  1. Erediensbediening:
    Die skakel na die YouTube Erediens van 22 Februarie 2026, deur Ds Leon Cronje, is beskikbaar.
  2. Getuienisbediening:
    a) Madagaskar se weeklikse nuus en hul behoefte aan voorbidding a.g.v. die
    sikloon seisoen is op die webtuiste.
    b) Nuus van Missie Japan oor Gemeente verskuiwing van Tobie de Wet, vra
    vir voorbidding.
  3. Bybelstudiereekse:
    a) Lydenstyd se Visio Divinia reeks is op webtuiste .
    b) Februarie se ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
    c) Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Aanmoediging”
  4. Gemeentenuus:
    a) Mylpale vir die webtuiste:
    • Die webtuiste het 8000 besoeke in die afgelope 30 dae beleef.
      Vanaf begin bereik ons meer as 131 000 internet besoeke.
    • Verskillende lande waarvandaan besoeke kom is nou al 137.
  5. Valentysontbyt van die Ondersteuningsbediening word beskryf met kort
    artikel en foto’s.
  6. Hou die webtuiste dop vir inligting oor die Wêreldbiddag vir Vroue in
    Groot-Brakrivier op 6 Maart 2026.
  7. Die weeklikse Afkondigings asook lief en leed is op die webtuiste indien u
    wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier