Madagaskar: School building update

Sending Madagaskar

I thought that this might be a good time to bring everyone up to date with where we are the school building project and how we spent the funds that we had received. We did well in some areas, but had to spend more in others, for example, the roof cost more in the end and was the most stressful assignment, but also the most satisfying as the rainy season is at hand. We never allocated any money for toilets when we did the original budget. Oops! Maybe we have lived too long in Madagascar where toilets are not exactly a priority.

Lees meer “Madagaskar: School building update”

Lief en Leed Week 50 van 2022

Lief en Leed

’n Spesiale verwelkoming aan familie en vriende van die volgende ouerpare wie se babas vanoggend gedoop word:

  • Anró & Wilmarié Boshoff (dogtertjie – Chrisendrie Zelmari).
  • Johan & Danica de Klerk (seuntjie – Daniël Petrus).
  • Emile & Phelia Klopper (dogtertjie – Margot Alette).
  • Paul & Marli Delport (seuntjie – Leon Christiaan).

Stof tot Nadenke: Feestyd saam met God

God is saam met ons

Die maagd sal swanger word en ‘n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem, Die naam beteken God by ons. ”

Matt. 1: 23

DIs weer tyd vir afsaal en feestyd, na ‘n jaar van nimmereindige woelinge, in Suid Afrika, asook wêreldwyd. Dis oorloë en terrorisme. Dis vredes-samesprekinge en oorlog-verklarings. Dis vloede en droogtes. Dis vreugdes en hartseer. Dis oorleef in ‘n tyd van toenemende druk op ons finansiële situasies. Dis tye waar ons na die ophef van grendeltyd, weereens moet leer om met ons medemens oor die weg te kom. So lank was ons geïsoleerd en het ons ‘n gemaklikheid in ons alleenwees ontwikkel. Ons het selfs geleer om alleen met God te verkeer, sonder die sosiale samesyn van mede-gelowiges.

Lees meer “Stof tot Nadenke: Feestyd saam met God”

Stof tot nadenke: Eer aan God

Ere aan God

Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan…”

Open. 4: 11

Watter heerlike ervaring was die Kerssangdiens van 2022, na jare, waar die grendeltyd ons verhoed het om behoorlik as gelowiges saam te kom, saam te aanbid, saam dankie te sê en saam tot eer van God se lof te kan sing. Die Kerssangdiens was waarlik ‘n heerlike dankie sê waar dinge so stadig maar seker na die nuwe normaal toe terugkeer.

Johannes wys ons weereens hier in Obenbaring dat alles om God gaan en dat alles wat ons het tot eer en verheerliking van God aangewend moet word. Ons kan nie met half-mate gee nie. God soek eenhonderd persent van ons. Alles wat ons het. Dit sluit nie net geld of goed nie, maar elke talent wat ons so mildelik uit Sy hand ontvang het. Of ons mag dink dis te veel of te min, God voorsien ons van genoeg om Hom te eer.

Lees meer “Stof tot nadenke: Eer aan God

Nuusflitse Week 50+ van 2022

Nuusflitse

Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00
Sondag – 11 Desember 2022 Prediker:  Ds. Fanie Bergh
Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023
31 Desember – Oujaarsdiens 18:00
VANAF 1 JANUARIE 2023 BEGIN EREDIENSTE OM 09:00
Getuienisbediening Ons laaste besoek vir die jaar is 7 Desember waartydens die Kerspakkies uitgedeel sal word

Gebedsgids Desember 2022

Gebed

1 Desember – Hartseer en vreugdes:

Gedurende die jaar het ons hartseer en vreugdes beleef. Kom ons dank God vir vertroosting en blydskap wat ons ervaar het.

2 Desember – Vakansiemaand:

Dit is vakansiemaand in Suid Afrika. Almal is in ‘n vrolike gees en dit is so maklik om van ons Skepper te vergeet. Kom ons bid vir die veiligheid van elke vakansieganger en dat die Heilige Gees met elke persoon sal wees en sodoende ‘n verantwoordelikheid in elke persoon sal vaslê.

3 Desember – Eensaamheid:

Desember is die laaste maand waarin ‘n persoon eensaam wil wees. Tog is daar vele bejaardes wat na kinders verlang wat miskien oorsee woonagtig is. Selfs kinders wat na ouers verlang. Kom ons vra vir Vader om al die eensames in Sy arms te neem en styf vas te hou sodat hulle van Sy teenwoordigheid bewus sal wees en troos daarin sal vind.

4 Desember – Sending:

Oor die hele wêreld heen is daar pragtige mense wat die evangelie aan ander bekendstel en baie mense wat die evangelie aanvaar of dalk twyfel of hulle dit moet aanvaar. In sekere wêrelddele is dit ‘n lewensgevaarlike taak vir beide partye. Kom ons bid dat Vader hulle onder sy vleuels sal intrek, veral nou waar die geboorte van Christus binne dae herdenk sal word.

5 Desember – Oues van dae:

In ons gemeente is daar baie mense wat hier kom aftree het en hier kom oud word het. Kom ons dank Vader vir die voorreg wat ons het om hier in die pragtige Eden te kan woon en dit kan geniet. Dat ons heelwaarskynlik weer Sy geboorte in hierdie pragtige area sal kan vier met vreugde en dankbaarheid.

6 Desember – Mediese Wetenskap:

Ons bid en dank Vader vir die hulp en leiding wat Hy aan die mediese Wetenskap gee in die ontwikkeling van medikasie. Medikasie wat siekes oor die hele wêreld van ‘n beter lewe verseker. Maar ook vir voordeel wat ons hier in die Brak daaruit kan put.

7 Desember – Vroue en kinders:

In ons land word vroue en kinders elke dag deur ongenaakbare mans

aangerand en verkrag. Ons bid dat die Here hierdie haatlike kultuur

sal verander in ‘n liefdevolle gesindheid.

8 Desember – Skooldogters:

Skooldogters is vandag onder geweldige sosiale druk. Duisende is swanger juis as gevolg van hulle weerloosheid. Kom ons dra hulle almal aan die Here op vir Sy beskerming.

9 Desember – Ons gemeente werkers:

Ons bid vir ds. Danie en ds. Frans en vir al die kantoorwerkers en ander helpers en hulle gesinne . Ons dra hulle aan Vader op met dank vir wat hulle in ons gemeente met soveel liefde doen.

10 Desember – Ons land:

Ons land word vandag regeer en geadministreer deur mense wat eerder na hul eie belange omsien aswat hulle na die land en sy mense se belang omsien. Ons bid dat die Here hierdie situasie sal omkeer en ons land weer vooruitstrewend sal maak.

11 Desember – U Skepping:

Soos Adam en Eva in ‘n pragtuin gewoon het, woon ons steeds in U tuin Here. Deur ‘n “klein” oortreding het U hulle verblyf opgeskort in teenstelling bemors en vernietig ons U Skepping teen ‘n ongehoorde tempo. Ons gebede is om Vader te vra om elke mens se gesindheid teenoor U Skepping positief te verander.

12 Desember – Misdaad:

In hierdie vakansietydperk skiet die misdaadsyfer die hoogte in. Dit is diefstal, rooftogte, aanrandings, moord, verkragtings, dronkenskapens ens. Ons vra Vader se dringende ingrype hier.

13 Desember – Diens aan oues van dae:

In ons gemeenskap is daar Dokters, Verpleegpersoneel, Verpleeg-assistente en omsien-peroneel wat na vele van ons gemeenskap omsien. Kom ons dra hulle almal aan die Here op.

14 Desember – Herlewing van gebede:

Baie van ons verwaarloos ons gebede. Behoed ons daarvan en help ons om ons gesprekke met U nooit na te laat nie.

15 Desember – Suid Afrika:

Ons land is by breekpunt.Daarom moet ons volhard in gebed en nie toegee aan wanhoop nie.Ons God is steeds op die troon en in beheer. Daarom moet ons bid en glo dat Hy redding sal bring.

16 Desember – Versoeningsdag:

Here, na baie jare wat baie van ons ‘n gelofte aan U nagekom het, bid ons nou vir versoening in ons land. Net U kan dit bewerkstellig Here en daarom smeek ons dit van U.

17 Desember – Oorvloedige reën:

Vader U het U hemelsluise oorvloedig oopgemaak oor dele van ons land. Baie dankie daarvoor, maar wees met die gedeeltes waar oorstromings dreig en mootlik reeds plaasgevind het en met ons boere wat skades gelei het.

18 Desember – Plaasmoorde:

Here ons boere gemeenskap is so uitgelewer aan die welluste van moordenaars. Ons bid dat U elke boer en sy gesin sal beskerm. Dat U hulle deurentyd in U veilige hande sal toevou en beskerm.

19 Desember – Bloedvergieting:

O Vader die bloedvergieting in ons land is erg. Daagliks word mense en kinders koeëlbloedig doodgeskiet deur bendes. Tree tog in Here en bring vrede.

20 Desember – Siektes:

Daar is so baie persone wat aan ernstige siektes ly. Ons dra almal, ook ons gemeentelede wat siek is, aan Vader op en ons vra vir genesing of verligting van pyn.

21 Desember : Omgeebediening

Ons dra almal aan Vader op wat na ander omsien. Van ons gemeentelede sien om na siekes, dan is daar die persone wat hulp nodig het, maar nie die moed het om te vra nie. O Vader gee hulle die vrymoedigheid om vir hulp aan te klop.

22 Desember – Blokbyeenkomste:

Ons vra dat U, Vader by elke blokbyeenkoms teenwoordig sal wees en deur die Heilige Gees in elkeen se hart sal werk.

23 Desember – Beskermingsdienste:

Ons vra Vader om met ons beskermingsdienste personeel te wees. Dat Hy hulle sal bystaan met hulle ontsaglike taak en om dit eerlik en opreg te doen.

24 Desember – Verslawing:

Ons bid dat Vader met elke verslaafde sal wees en hulle sal motiveer om “skoon” te kom.

25 Desember – Dis Kersfees !!!

Ons ewige koning, die onverganklike en enigste Seun van ons God is baie jare gelede op hierdie dag gebore. Ons herdenk dit met eerbiedige vreugde en dank Hom dat Hy nog steeds na Sy kinders omsien.

26 Desember – Welwillendheidsdag (Gesinsdag):

Kom ons vra Vader om hierdie dag ‘n dag van liefde te maak. Binne ons gesinne, families, vriendekringe en bowe al ook in ons land tussen ons burgers.

27 Desember – Ukraïne:

Die oorlog in die Ukraïne verwoes alles daar. Mense se lewens, hulle huise en dink aan die kindertjies wat alles moet beleef. Kom ons soebat Vader vir vrede daar en dat Hy die aanstigters van die oorlog tot orde sal roep.

28 Desember – Bybelgenootskap:

Ons weet wat die Bybelgenootskap doen. Kom ons vra Vader om in al hulle behoeftes te voorsien en hulle wonderlike werk te seën.

29 Desember – Gesindheid:

Ons vra Vader om ‘n positiewe gesindheid in ons gemeente, ons gemeenskap en in ons land te skep sodat ons die nuwe jaar met reikhalsende hoop sal ingaan met die wete dat ons God steeds regeer.

30 Desember – Ons neem Afskeid:

2022 Is bykans verby. Kom ons dank God vir ‘n jaar waarin ons kon staan en leef en waarin Hy ons beskerm het, onderskraag het en vertroos het.

31 Desember – Dankie:

Dankie Here vir ‘n jaar waarin ons die voorreg gehad het om in U wonderlike en enorme Skepping te kon staan en leef. Dankie dat U ons behoed en bewaar het. Met liefde, die NG gemeente Groot Brakrivier.

Gemeentebrief – Desember 2022

Gemeentebrief

Goeiemôre gemeente
Mag die tyd van die jaar vir elkeen van u die vrede bring wat Jesus Christus met Sy koms na ons gebring het. ‘n Vrede “te midde van …”

Ons het ons eerste Kerssangdiens in drie jaar eerskomende Sondag om 19h00. Dit beloof om ‘n wonderlike lofprysingsgeleentheid te wees. Na afloop van die diens kuier ons saam in die kerksaal met iets te ete en te drinke.

Lees meer “Gemeentebrief – Desember 2022”

Oekraïne: Baie dankie vir 2021 – “oaks of righteousness” – Michelle

2021 12 31 Oekraïne

Liewe familie en vriende

‘n Baie geseende nuwejaar! Mag diie Here jou seen met Sy oorvloed, liefde en vreugde en voorspoed met alles wat jy aanpak in 2022.

Baie dankie vir elke gebed, elke woord, ondersteuning en finansies wat jy hierdie jaar in ons lewens en in die bediening in Reni gesaai het. 

Lees meer “Oekraïne: Baie dankie vir 2021 – “oaks of righteousness” – Michelle”