Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 April 2026

Dagstukkies April

8 April

Liewe Vriend

Vandag glo ek dat jy iets moois van God met die mense rondom jou sal deel. Die Woord van die Here het ook ‘n wonderlike boodskap vir jou.

Tema: Vertel van God se dade.

Teks: “Almal sal bymekaar kom en oor Sy goeie dade met hulle kinders praat. Dit is net die Here wat mense red.” (Ps. 22:32 – Die Boodskap)

  • Jy moet ook vir jou kinders vertel — hulle moet ook weet wat God gedoen het.
  • God is die enigste ware Redder — wat Hy in mense se lewens doen, is die beste bewys van Sy liefde. (Ps. 107:2)
  • Kinders en jongmense leer geloof deur stories — deel vandag met hulle ‘n verhaal van wat God in jou lewe gedoen het.
  • Die beste ding wat jy vir die volgende geslag kan nalaat, is nie geld nie, maar ‘n geloof wat lewe.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir al die goeie dinge wat U in my lewe gedoen het — help my om dit vandag vrymoedig met ander te deel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 April 2026

Dagstukkies April

7 April

Liewe Vriend

Ek hoop en bid dat jy vandag veilig in God se hande sal rus. Hier is ‘n spesiale Woord van die Here net vir jou.

Tema: God heers oor alles.

Teks: “Die Here is die sterkste van almal. Hy heers oor die volke hier op aarde.” (Ps. 22:29 – Die Boodskap)

  • God het die hoogste gesag oor die hele wêreld — niks en niemand kan teen Hom opweeg nie. (Ps. 47:8)
  • Daarom is Hy sterker as enige probleem, moeilikheid of teëstand waarmee jy te doen kan kry. (Ps. 46:2)
  • Onthou vandag: die God wat oor die wêreld regeer, sorg ook vir die fyn besonderhede van jou lewe.
  • Niks is buite God se beheer nie — vertrou Hom met die dinge wat jou bekommer.
  • Lewe vandag met die vrede van iemand wat weet: die Sterkste van almal is aan my kant.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U oor alles heers en dat niks vir U te groot is nie — help my om vandag in U almag te rus.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 April 2026

Dagstukkies April

6 April

Liewe Vriend

Ek wens dat jy die liefde van die Here na die mense rondom jou sal uitdra. Hier is God se Boodskap.

Tema: God bereik die hele wêreld.

Teks: “Tot op die verste plekke van die aarde sal mense sien hoe goed die Here is. Hulle sal hulle lewe vir Hom gee. Mense wat Hom nie geken het nie, sal Hom dien. Oud en jonk sal na Hom toe kom.” (Ps. 22:28 – Die Boodskap)

  • Laat die volke oor die hele aarde die Here Jesus se Naam ken — God se hart gaan na elke mens oor die hele aarde uit. (Ps. 67:3)
  • God se goedheid het geen grense nie — dit strek van die naaste tot die verste hoeke van die wêreld.
  • Jy is deel van God se groter plan — jou lewe en jou getuienis maak ‘n verskil.
  • Oud en jonk, naby en ver — God wil almal bereik, en Hy gebruik gewone mense soos jy.
  • Kies vandag om God se goedheid in jou eie omgewing sigbaar te maak — begin net daar waar jy is.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U die hele wêreld liefhet — gebruik my vandag om U goedheid in my omgewing uit te dra.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 April 2026

Dagstukkies April

5 April

Liewe Vriend

Ek hoop dat jy die dag begin met ‘n hart wat jy oopgegooi het vir die Here. Lees die Woord van die Here vandag – laat dit jou lewe rigting gee.

Tema: Beloftes wat jy aan God gemaak het, kom dit na.

Teks: “… Wat ek aan Hom belowe het, sal ek nakom. Elkeen wat Hom dien, sal weet ek praat die waarheid.” (Ps. 22:26c – Die Boodskap)

  • Die Here verwag dat ons ons beloftes aan Hom nakom – Hy is self altyd getrou aan ons. (Ps. 76:12)
  • God hou altyd Sy woord aan jou — wees jy ook getrou aan wat jy aan Hom belowe het. (Ps. 89:2)
  • Jou woorde en jou dade moet ooreenkom — leef daarom dit wat jy bely.
  • Mense sien hierdeur of jy erns maak met jou geloof — jou lewe praat sterker as woorde.
  • Besluit vandag om die beloftes wat jy aan God gemaak het, ernstig op te neem en uit te voer.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U altyd getrou aan U woord is — help my om ook vandag my beloftes aan U na te kom.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Oorwinning!

“Aan hulle het Hy, ná sy lyding, deur talle tekens getoon dat Hy leef, toe Hy oor ‘n tydperk van vertig dae aan hulle verskyn en met hulle oor die sake van die koninkryk van God gepraat het.”

Hand. 1: 320

Die leë graf

Vandag vier ons weer die leë graf. Dit is die punt waar Jesus Christus oor die dood die oorwinning behaal het. Na Sy lydensweek van smaad, hoon, bespotting en dood aan die kruis, het Hy uit die dood opgestaan. Dit is hierdie oorwinning oor die dood, waar Jesus Christus dit vir ons elkeen moontlik gemaak het om gered te word!

Dit is ‘n historiese feit dat Christus opgestaan het. Hy het aan menige mense verskyn, en weereens vir hulle geleer in die veertig dae na Sy opstanding.

Teksverse:

“Hy sal die dood vir ewig verswelg; my Heer, die Here, sal die trane van alle gesigte afvee. Die bespotting van sy volk sal Hy van die hele aarde af verwyder. Ja, die Here het gespreek. Hulle sal op daardie dag sê: ”kyk, dit is ons God op wie ons gewag het, en Hy het ons gered; dit is die Here op wie ons gewag het! Laat ons jug en bly wees oor sy redding.” (Jes. 25: 8-920);

“Toe antwoord die engel die vrou en sê: “Moenie langer bang wees nie, want ek weet julle soek Jesus, die gekruisigde. Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek, soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar Hy gelê het, en haas julle en gaan sê vir sy dissipels, ‘Hy is opgewek uit die dood!’” (Luk. 2: 29-3020);

Verskynings

Maria Magdalena, was die eerste wat besef het dat Christus nie in die graf is waar Hy begrawe is nie. Hier het Hy aan haar verskyn en sy het besef dat dit Hy is wat haar stuur om vir die dissipels te gaan vertel.

Die Emmausgangers het Christus langs die pad gekry, en hulle het Hom eers herken as die afgestorwe Christus toe hy vir hulle weer die brood gebreek het, nadat hulle daarop aangedring het dat Hy by hulle oorbly.

Die dissipels was liggelowig nadat die vroue vir hulle kom vertel het dat Christus opgestaan het. Petrus en Johannes het hulle ook na die graf gehaas, en alles net so gekry soos die vroue aan hulle vertel het. Daarna het Christus aan hulle verskyn.

Dit was nie die enigste keer nie. Hy het verskeie kere aan hulle verskyn in die veertig dae vanaf die opstanding tot by die hemelvaart.

Dit is dus waarlik waar dat Christus wel opgestaan het!

Teksverse:

“Met vrees en groot blydskap het hulle haastig van die graf af weggegaan en gehardloop om die boodskap aan sy dissipel oor te dra. Onverwags het Jesus hulle tegemoet gekom en gesê: “Gegroet!” Hulle gaan toe nader, gryp sy voete en aanbid Hom. Daarop sê Jesus vir hulle: “Moenie langer bang wees ie. Gaan sê vir my broers dat hulle na Galilea moet gaan – daar sal hulle My sien.” (Matt. 28: 8-1020);

“Hierna het Hy in ‘n ander gestalte aan twee van hulle versksyn terwyl hulle op pad was na die platteland. Hulle het dit vir die res gaan vertel, maar dié het hulle ook nie gelo nie.” (Mark. 16: 1220);

“Toe sê Hy vir hulle: “O, julle wat so sonder begrip is, met harte wat traag is om alles te glo wat die profete gesê het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? Hierna het Hy begin om al die Skrifte oor Hom, vanaf Moses en die profete, vir hulle uit te lê. ” (Luk. 24: 25-2720);

“Hulle het onmiddelik opgestaan en na Jerusalem teruggekeer, waar hulle die elf, en die ander saam met hulle, bymekaar gevind het. En hulle het gesê: “Die Here is werklik uit die dood opgewek en het aan Simon verskyn. Hulle verduidelik toe wat op die pad gebeur het, en hoe Hy met die breek van die brood aan hulle bekend geword het.” (Luk. 24: 33-3520);

“Aan hulle het Hy, ná sy lyding, deur talle tekens getoon dat Hy leef, toe Hy oor ‘n tydperk van vertig dae aan hulle verskyn en met hulle oor die sake van die koninkryk van God gepraat het.” (Hand. 1: 320);

Oorwinning!

Deur hierdie wonderlike gawe van oorwinning het Jesus Christus, ons Verlosser, die sonde finaal oorwin. Die dood is sonder twyfel oorwin. Dit vra van ons om standvastig en onwrikbaar in geloof, en in dankbaarheid, voor God die Vader te leef.

Laat ons geloof, onder leiding van die Heilige Gees, ook vir ons die oorwinning behaal in die oorwinning van Jesus Christus.

Teksverse:

“En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee word, sal die woord wat geskryf staan, vervul word. “Die dood is verslind in oorwinning.” “Dood waar is jou angel?” Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde lê in die wet. Maar aan God die dank, wat aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, my geliefde broers, wees standvastig en onwrikbaar, en wy julle ten volle aan die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.” (1 Kor. 15: 54-5820);

“Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore, en elkeen wat die Vader liefhet, het ook almal lief wat uit Hom gebore is. Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet, en sy gebooie nakom. Want dit is die liefde vir God, dat ons sy gebooie onderhou, en sy opdragte is nie ‘n swaar las nie; want elkeen wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin – ons geloof.” (1 Joh. 5: 1-420)

Nuusflitse Week 15+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 5 April 2026 : Sonsopkomsdiens 06:30 Suiderkruisstrand
Sondag 5 April 2026: Erediens om 09:00 – GEEN Kleuterkerk of Kategese nie.
Dinsdag 31 Maart 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 8 April 2026 :   Blokbyeenkoms van Blok 14 & 15
Woensdag 8 April 2026 : GEEN Kooroefening
Woensdag 8 & 22 April 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood:
11 April 2026 – Gholfdag
15 April 2026 – Bingo vir 60+ jariges
2 Mei 2026 – Gemeentefees

2 Mei 2026 – Potjiekos Kompetisie

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 5 – 12 April 2026

Afkondigings 5 – 12 April 2026

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 5 April 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 20:1-18.
  • Die tema van die prediking is: Hy Leef!!
  • Paasfees.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Daar is GEEN Alternatiewe Erediens tydens die skoolvakansie nie.

Maandag 6 April 2026 :

  • Gesinsdag – kerkkantoor gesluit.

Woensdag 8 April 2026 :

  • Skole open.
  • Die Blokbyeenkoms van Blok 14 & 15 (Die Eiland & Dolphin Creek)) vind om 18:00 plaas by Elsabe Richards – Dolphin Creek 62. Skakel om by die hek in te kom. Koos van der Merwe – E-Pos Kontak..
  • GEEN kooroefening. Oefening hervat weer Woensdag 29 April.

Gebedsgids vir April 2026

Gebedsgidse vir April 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Nuwe Lidmate 2026:

Rika van der Westhuizen van Carletonville: Blok 06 (Avonddans)
Martie Robinson van Hennenman: Blok 08B (Groenkloof)
Baie welkom by ons gemeente.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 15 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 15 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Saterdag 11 April 2026 :

Gholfdag 11 April 2026 Dolphins Creek NG Kerk Groot-Brakrivier
Gholfdag 11 April 2026 Dolphins Creek NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 12 April 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Hospitaalbearbeiding by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Leon Cronje.

Gebedsbediening

Gebedsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Gebedsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 115 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 8 & 22 April, 6 & 20 Mei en 3 & 17 Junie.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode,  naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – E-Pos Kontak..

Truitjieprojek

Truitjie projek 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Truitjie projek 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Dis weer tyd om te brei!

Hierdie jaar soek ons enige breiwerk van babagoedjies tot truie vir peuters, kleuters en,as jy kans sien, ook vir groter truie.

Ons sal dit versprei na waar die behoefte groot is.

Kontak: René Voster: E-Pos Kontak.

Ondersteuningsbediening :

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers – E-Pos Kontak. / Riëtte Jansen van Rensburg – E-Pos Kontak.

Ondersteuningsbediening en Seeds of Hope Bingo NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbediening en Seeds of Hope Bingo NG Kerk Groot-Brakrivier

Eiendomsbediening :

Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.

Bybelblokraai en Woordsoek

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 32, asook die antwoorde vir nommer 31 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Gemeentefees

Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr  & Van,  merk).

INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK OF ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig mense wat 1 x pot kerrie mince en 1 x bak chicken mayo kan voorberei, asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag. 📞 Pieter van der Merwe – E-Pos Kontak.

🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –E-Pos Kontak..

📚  Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –E-Pos Kontak..

🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – 082 416 3281.

🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Skenkings van rys sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke – E-Pos Kontak. 📞Corita du Preez – E-Pos Kontak..

🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. 📞 Eddie – E-Pos Kontak.

🥪JAFFLES:  R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨‍👩‍👦‍👦 🤹‍Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹‍♀🍴Kom koop en geniet! 📞 Whitey van der Merwe – E-Pos Kontak.📞 Corrie Pieters – E-Pos Kontak..

🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Enige bydrae van gebak sal waardeer word.☕ Pryse en kontakpersoon sal volg.

🍽   Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R7 elk. 📞 Elsabé Richards –E-Pos Kontak..

🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n   preserveermiddels! 📞 René Vorster – E-Pos Kontak..

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – E-Pos Kontak..

🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – E-Pos Kontak.

Potjiekos Kompetisie – Basaar Hoogtepunt!

Ons nooi almal uit om deel te wees van ’n splinternuwe hoogtepunt by vanjaar se basaar – ons Potjiekos Kompetisie! 🥘🔥

Potjiekos Kompetisie NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjiekos Kompetisie NG Kerk Groot-Brakrivier

👉 Skryf in as jy lus is om jou kookvernuf te wys en ’n heerlike potjie voor te berei.

Reëls en riglyne:

👉 Elke deelnemer/span moet hul eie pot en toerusting bring
👉 Deelnemers voorsien hul eie bestanddele
👉 Jou potjie moet genoeg wees om 12–15 mense te bedien
👉 Deelnemers moet ook aandui watter tipe potjie hulle beplan om te maak
👉 Daar sal pryse wees vir die beste potjie(s)

🏆🕛 Beoordeling:
12:30 waarna almal saam kan eet en geniet!

🍽️ Kaartjies:
Gemeentelede en besoekers kan kaartjies koop teen R100 per bord en so deel wees van die potjiekos-ervaring nadat die beoordeling afgehandel is.

Kom wys wat in jou pot steek en wees deel van die pret! 🔥

🔥 POTJIEKOS KOMPETISIE – BENODIGHEDE 🔥
Ons is besig om die Potjiekos Kompetisie vir die basaar te reël en het ’n paar benodighede waarvoor ons hulp sal waardeer:

👉 Potjies (nommer 4 en groter, indien moontlik)
👉 Braaiers / vuurmaak toerusting (indien enige gemeentelede bereid is om dit vir die dag     beskikbaar te stel)
👉 Persone wat kan help met die reëlings en opstel

📌 Kontak:
As jy kan help met enige van bogenoemde, kontak asseblief vir my:
Ruan Viljoen – E-Pos Kontak.

Baie dankie vir almal se bereidwilligheid en ondersteuning – dit gaan ’n baie lekker toevoeging tot die basaar wees! 🔥🍲

Klub 50

Klub 50 Plettenbergbaai NG Kerk Groot-Brakrivier
Klub 50 Plettenbergbaai NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal

“En net soos dit bestem is vir mense om slegs een maal te sterf, en daarna kom die oordeel, so sal Christus, nadat Hy eenmalig geoffer is om die sondes van baie te dra, ‘n tweede maal verskyn aan hulle wat Hom verwag, nie weens sonde nie, maar om hulle te verlos” (Hebreërs 9:27-28 Afr20). Christus het opgestaan en sal terugkeer!

Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA se personeel en luisteraars wat vervolg word, wat bang of eensaam of verwerp voel, dat hul hoop hernu sal word deur dieselfde krag wat Christus uit die dood opgewek het.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) Nuut op 29 Maart 2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Nagmaal Goeie Vrydag Erediens van 3 April 2026, deur Ds Charné Viljoen.
    • Die skakel na die YouTube Opstandings Erediens van 5 April 2026, deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
  2. Getuienisbediening:
  3. Bybelstudiereekse:
    • Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Oorwinning!”.
  4. Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Potjiekos kompetisie – Basaar Hoogtepunt!

Potjiekos Kompetisie NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons nooi almal uit om deel te wees van ’n splinternuwe hoogtepunt by vanjaar se basaar – ons Potjiekos Kompetisie! 🥘🔥

👉 Skryf in as jy lus is om jou kookvernuf te wys en ’n heerlike potjie voor te berei.

Reëls en riglyne:

👉 Elke deelnemer/span moet hul eie pot en toerusting bring

👉 Deelnemers voorsien hul eie bestanddele

👉 Jou potjie moet genoeg wees om 12–15 mense te bedien

👉 Deelnemers moet ook aandui watter tipe potjie hulle beplan om te maak

👉 Daar sal pryse wees vir die beste potjie(s) 🏆

🕛 Beoordeling:

12:30 waarna almal saam kan eet en geniet!

🍽️ Kaartjies:

Gemeentelede en besoekers kan kaartjies koop teen R100 per bord en so deel wees van die potjiekos-ervaring nadat die beoordeling afgehandel is.

Kom wys wat in jou pot steek en wees deel van die pret! 🔥

🔥 POTJIEKOS KOMPETISIE – BENODIGHEDE 🔥

Ons is besig om die Potjiekos Kompetisie vir die basaar te reël en het ’n paar benodighede waarvoor ons hulp sal waardeer:

👉 Potjies (nommer 4 en groter, indien moontlik)

👉 Braaiers / vuurmaak toerusting (indien enige gemeentelede bereid is om dit vir die dag

       beskikbaar te stel)

👉 Persone wat kan help met die reëlings en opstel

📌 Kontak:

As jy kan help met enige van bogenoemde, kontak asseblief vir my:

Ruan Viljoen – E-Pos Kontak.

Baie dankie vir almal se bereidwilligheid en ondersteuning – dit gaan ’n baie lekker toevoeging tot die basaar wees! 🔥🍲

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 April 2026

Dagstukkies April

4 April

Liewe Vriend

Weet vandag dat God se ore altyd vir jou oop is. Die Woord van God is soos koringkorrels vir jou siel – hier is dit.

Tema: God hoor jou nood.

Teks: “Kom prys Hom, want Hy draai nie Sy rug vir hulle wat Sy hulp nodig het nie. Hy help hulle as hulle smeek dat Hy iets aan hulle nood sal doen.” (Ps. 22:25 – Die Boodskap)

  • Die Here is naby dié wat seerkry en gebroke is — Hy verwerp nooit ‘n noodkreet nie. (Ps. 34:18)
  • God se krag skyn juis deur as ons swak is — Hy help elkeen wat na Hom uitreik. (Ps. 34:6)
  • Prys God vandag omdat Hy nooit Sy rug vir jou draai nie — dit is ‘n groot ding waaroor jy dankbaar kan wees.
  • As jy in nood is, moenie dit stilhou nie — smeek die Here en wag op Sy hulp.
  • God is nie vêr nie — Hy is hier, Hy luister, Hy sal reageer en Hy sal vir jou uitkoms gee.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U nooit U rug na my draai nie — help my om vandag my nood sonder skroom voor U neer te lê.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 April 2026

Dagstukkies April

3 April

Liewe Vriend

Mag jy vandag ‘n hart vol dankbaarheid en lof vir die Here hê. Hier is ‘n Bybelse gedagte vir vandag.

Tema: Loof God saam!

Teks: “U het my uit die nood gered! Ja, in die kerk sal ek tussen U kinders daaroor praat. Voor die gemeente sal ek U loof en prys. Julle almal wat die Here dien, kom prys Hom…” (Ps. 22:23 – Die Boodskap)

  • Wanneer jy dankbaar is, loof jy die Here (Psalm 150:6)
  • God het nie opgehou om mense te red nie — Hy is vandag nog dieselfde as in die tyd van die Bybel. (Ps. 102:27)
  • Lof is nie net vir Sondae nie — vertel iemand vandag wat God vir jou gedoen het.
  • As jy hardop sê wat God gedoen het, word jou eie geloof sterker — en ander s’n ook.
  • Kies vandag om God te prys — al lyk die omstandighede nie altyd reg nie.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my uit die nood gered het — help my om dit vandag vrymoedig met ander te deel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 April 2026

Dagstukkies April

2 April

Liewe Vriend

Onthou vandag dat jy nooit alleen hoef te wees nie. Hier is God se spesiale Woord net vir jou.

Tema: God gee krag — vra!

Teks: “U moet my tog nie alleen los nie, Here! U alleen gee my krag. Kom help my baie gou! …” (Ps. 22:20 – Die Boodskap)

  • Die Here is naby wanneer jy om hulp roep — Hy hoor jou en Hy sal antwoord. (Ps. 145:18)
  • God se krag het geen einde nie — waar jy swak is, is Hy sterk, wanneer jy bang is, het Hy klaar gewen. Hy wil jou help.
  • Moenie alleen probeer klaarkom met jou probleme nie — roep die Here, Hy is naby.
  • Dit is nie swakheid om te sê “Here, ek het U nodig nie” — dit is juis hoe geloof werk.
  • Laat Dawid se gebed ook joune wees: “U alleen gee my krag” — en wag dan op Hom.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U altyd tyd vir my het — help my om vandag met vrymoedigheid U krag te vra.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusbrief vanaf Oekraïne: Maart Gebedsbrief uit die suide

Oekraïne

Liewe vriende en familie

Baie dankie dat julle die pad so saam met ons stap. Dankie dat julle bid en ondersteun. Dankie vir elke bemoedigende boodskap.

Ek waardeer dit meer as wat woorde kan sê.

Ek is terug in suid Oekraïne.

Die Here het die deure oopgemaak. Al het my verblyfspermit reeds verval het ek die vinnigste grens-oorgang ooit gehad.  Die Here is só getrou. 

Dit is so goed om almal weer te sien en weer by die huis te wees, al weet ek nie regtig meer waar “huis” is nie. Al bly daar nou ’n Oekraïense paartjie en June van Engeland, in die huis, voel dit steeds leeg. Dit is die huis waar ons kinders groot geword het, en hier is soveel herinneringe. Die seuns se kaste het nog van hul klere in, en selfs van hul speelgoed van toe hulle klein was. Sedert ek terug is, was ek nog nie weer in haar kamer nie. Haar spieëlkas en die rakke met haar boeke en goedjies en alles staan nog net so. Haar kas is nog vol klere.

Eendag sal ek dit uitsorteer, maar ek is nog nie daar nie.

Ek dink aan haar en hom in alles wat ek doen—selfs in die kleinste dingetjies. As ek ’n botteltjie oopdraai, dink ek daaraan dat die laaste keer wat ek dit gebruik het, sy nog by ons was. 

Toe ek laas in Suid-Oekraïne was het sy my elke dag ‘n paar keer gebel. Wanneer sy na skool na haar tweede werk toe ry, het sy my gebel en dan weer wanneer sy huistoe ry. Ek weet nog nie hoe om sonder haar te leef nie. Saterdae was ons twee heeldag in mekaar se geselskap, al was sy duisende kilometers weg. 

Party dae is makliker. Ek dink dit is maar hoe ’n mens deur die rouproses gaan. Die Here is met my en baie naby, maar dit bly ondraaglik moeilik. Dit bly seer, en ek voel soms so alleen, al is die huis vol mense.

Ek is dankbaar dat ek nie alleen oor die grens en ferry gekom het nie, en dat ’n groep van vier mans van Jubilee-gemeente in Maidstone, Engeland, saam met my gekom het. Willie en sy vrou Bekkie, stap al 30 jaar saam met ons pad en het reeds in 1996 saam met ’n groep studente hier kom bedien. Hy was baie bly om ná sy laaste besoek 15 jaar gelede weer hier te wees. Hulle was baie ondersteunend en het ook tyd saam met ons leierskap deurgebring, wat die afgelope tyd so getrou met die bediening aangegaan het. Die mans het vir vier dae gekuier en is weer terug in Maidstone. 

Die dag nadat ons in Suid-Oekraïne aangekom het, het ons Nag om te skyn aangebied vir mense met gestremdhede in ons streek, so ver as die ooste. Die aand word deur die Tim Tebow-stigting geborg. Dit was ’n groot sukses, en elke glimlag en elke drukkie van dankbaarheid maak dit alles die moeite werd.

Ek het ook vir ons gaste die basaar/mark in Suid-Oekraïne gaan wys. Soveel mense het na my toe gekom—soms vreemdelinge—om hul medelye te betoon en vir my ’n drukkie te gee. Een vrou, wie se naam ek nie eens ken nie, het my hande vasgehou en gesê: “Dankie dat jy terug is. Ons het jou so nodig. Jy is soos lig wat skyn.” Ek weet dit is net Jesus, en alle eer kom Hom toe. In my eie krag kan ek dit nie doen nie. So baie mense hier het kinders, mans of ouers verloor in hierdie oorlog! 

Dit is weer ’n ander wêreld waaraan ’n mens moet gewoond raak. Raak mens ooit regtig gewoond aan die sirenes? Ek kan sien dat die Here Suid-Oekraïne beskerm. Verlede week is die ooste erg deur die nag aangeval. Die hospitaal se vensters is uitgeblaas en die dak is deur ’n drone beskadig. ’n Ander hospitaal het ook groot skade opgedoen.

Die hoofdokter van die hospitaal het ons gevra om verbande en mediese toerusting, wat ons vroeër die week ontvang het, te bring. Geen mans in die gemeente kan ry nie. Die wat nie in die oorlog veg nie, bly in hul huise, uit vrees dat hulle opgeroep en weggestuur sal word om te veg. Die kanse op oorlewing op die veg frond is baie klein.

So ek, Valeria en July het die motor vol bokse gelaai en deurgery. Die dokters was baie dankbaar, en die bokse is dadelik oopgemaak en begin gebruik—veral die verbande. Elke dag kry hulle soveel mense in wat beseer is tydens drone aanvalle in ons hele streek. Julle weet nie hoe erg dit hier gaan nie. Vroër die week is ‘n kraam hospitaal in Odessa vernietig. Hulle het al die mammas en babas na die ondergrondse bunker geneem. Die werkers van die Odessa administrasie kantore se blyplek is heeltemal vernietig, verbrand en mense sit plastiek voor hul vensters en bly daar omdat hulle geen ander plek het nie. 

In een dag was daar meer as 900 drones en ook missiele oor Oekraïne. Ek word baie keer in die nag wakker van die sirenes. Ons hou dit op ons selfone dop, en as die drones in ons rigting beweeg, gaan ons na die kelder.

My familie en vriende is bekommerd. Valerina, het ernstig met my gepraat toe ek in Suid-Afrika was, en ook Willie en die leiers van Jubilee-gemeente het my gevra om ’n sabbatsverlof te neem. Hulle het met die leiers hier in Suid-Oekraïne gepraat, en almal het my met soveel liefde gevra of “toestemming” gegee om ’n tyd van rus te neem. Soos Valerina sê: nadat die Here vir my man kom haal het, is ek dadelik terug na Oekraïne—toe die oorlog, en toe sy. Hulle is ook bekommerd oor my gesondheid. Ek het soveel liefde en ondersteuning van ons kerk leiers hier in Valerina ontvang en hulle is in soveel eenheid dat ek moet gaan rus. Waar dit gaan wees en vir hoe lank weet ons nog nie. 

Ek sal dus vir ’n paar weke in Oekraïne wees om alles reg te kry en oor te gee aan ons leiers, en ook om die probleme met ons gebou se aandele te probeer uit sorteer. Daarna sal ek, DV, teruggaan na Suid-Afrika vir ‘n ruk, waar ek dadelik sal moet aandag gee aan ‘n mediese uitdaging wat ek het en die tyd sal neem om fisies en geestelik te herstel. Alles is in die Here se hande. My toekomsplanne is om (gehoorsaam te wees om mooi te hoor wat die Here sê)  en om DV, weer terug te kom na Valerina , ná ’n tyd van genesing, en voort te gaan met die werk. Valerina is in my hart. Ek verlaat nie die sendingveld of Valerina nie.

Ek moet belei. ’n Groot bron van kommer vir my is die finansies vir die kleuterskool. Ons het dit oorweeg om die kleuterskool toe te maak, maar ná ’n besoek het ons weer besef watter groot werk die Here in elke kind se lewe doen. Ons vertrou Hom vir die voorsiening vir dit en vir elke bediening om voort te gaan.

Ons het wel besluit om die daaglikse etes vir die vlugtelinge te stop, sodat ons op die kleuterskool kan fokus. Daar is nou minder vlugteling as in die begin en ‘n ander gemeente het ook begin om etes te gee. 

Môre oggend kom ons Juris  al die pad uit Odessa om saam met Attie, (ons jarelange vriend en sakeman van Izmail), om met my en Valeria oor die aandele van Univermag te praat. Ons hoop dat hulle ook met Gryna sal kan praat, wie se vrou vir ons 18% van die aandele aangebied het. Ons bid dat Gryna steeds bereid sal wees om die aandele teen die oorspronklike prys te verkoop. Bid ook asseblief vir Katja en Alina wat 30% van ons aandele jare gelede net vir hulself “gevat” het.  Bid dat hulle net weer ‘n ontmoeting met die Here sal hê en sal terug draai. 

Bid asseblief saam met ons hieroor.

Die Here is so goed en altyd getrou, en ek glo met my hele hart dat Hy in beheer is en voor ons uitgaan.

Terwyl ek hierdie gebedsbrief geskryf het, het daar 62 lugaanval waarskuwings op my telefoon se app opgekom, vir lugaanvalle waarskuwings in ons streek en Odessa. Ek weet dat ek in die holte van Sy hand is. 

💌    Vir meer gereelde gebedsversoeke op Whatsapp, stuur asseblief jou nommer na +380938126060 op Whatsapp. 

Baie dankie dat julle bid.

📌 Projekte rekening vir Raduga:

Standardbank,

Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),

rekeningnommer 014330067 

in die naam Nuwe Dag

📌 My persoonlike

besonderhede:

Capitec

Savings Account Number: 1554335599

Branch: 470010

 SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)

 International Sort/Routing/Clearing Code: 470010

Account number/IBAN: 1554335599

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 April 2026

Dagstukkies April

1 April

Liewe Vriend

Vandag begin die vierde maand van hierdie jaar en God het iets besonders vir jou: Vir vandag en ook vir hierdie maand. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Bid, vertrou, word bevry.

Teks: “Hulle het tot U gebid. Toe bevry U hulle. Op U het hulle vertrou en U het hulle nie teleurgestel nie.” (Ps. 22:6 – Die Boodskap)

  • Die Here is sterk en Hy red — Hy beskerm jou as jy by Hom skuil. (Ps. 18:3)
  • God is groter as enige probleem wat jy vandag het — Hy laat sy kinders nooit in die steek nie.
  • Gebed is die kortste pad na God toe — bid vandag, al voel jy klein of onseker – Hy hoor en verhoor jou.
  • Om God te vertrou is slim — niemand wat op Hom gesteun het, het ooit spyt gekry nie.
  • Begin hierdie nuwe maand vars — bid opnuut en vertrou God om jou te help.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U nog nooit iemand in die steek gelaat het nie — help my om ook vandag met vrymoedigheid na U toe te kom.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Gebedsgids vir April 2026

Gebed Gebedsgids Bid

“Waar 2 of  meer is, daar is Ek”

Woensdag, 1 April – Lydensweek

Die groot Lydensweek nader sy klimaks en ons is dankbaar dat U die  pad van lyding, pyn en vernedering, ja, selfs Godverlatenheid en  uiteindelik die dood vir die wêreld en ook vir my gestap het. 

Donderdag, 2 April – Voete was

“Vader, op hierdie Donderdag het U die dissipels se voete gewas en my  gebed is dat U my ook nederig sal hou in diens van my medemens.” 

Vrydag, 3 April –  Volmaakte Voorbeeld

Here, ek kyk na die kruis en sien die volmaakte voorbeeld van liefde en  vergifnis en ek bid dat ek ook bereid sal wees om my lewe opnuut aan  U diens te wy. 

Saterdag, 4 April – Stil Saterdag  

Op hierdie stil Saterdag wag ons met opgewondenheid ,want ons weet,  U gaan die dood oorwin!

Sondag, 5 April –  Opstandingsfeesdag

Here, Ons harte juig op hierdie opstandingsfeesdag . Dankie vir die dag   waarop U die dood oorwin het en uit die graf opgestaan het sodat ons   sonder vrees die toekoms tegemoet kan gaan.  

Maandag, 6 April – Aardse Huisgesin  

Dankie here dat ons vandag weer kan besef dat u ons deel gemaak het  van ‘n aardse huisgesin en ons gebed is dat dit ‘n voorspel sal wees tot  ons ewige verblyf. 

Dinsdag, 7 April – Seëninge

Ek kyk rondom my Here en ek besef dat ek soveel het om voor  dankbaar te wees, meer as baie ander. Dankie dat U my so seën. 

Woensdag, 8 April – Jeug

Here, met die skole wat vandag open, bid ons vir ons jeug se  verstandelike groei, hulle liggaamlike ontwikkeling, maar ook vir hulle  geestelike ontluiking tot vrugbare volwassenheid. 

Donderdag, 9 April – Sinvolle lewe

Dankie Here dat U tot in my ouderdom daar is vir my. Dankie dat u my  steeds dra en my gebed is dat ek steeds sinvol en vreugdevol sal lewe  in U teenwoordigheid. 

Vrydag, 10 April –  Nuwe moontlikhede

Dankie Here vir n nuwe dag met nuwe uitdagings, maar ook met nuwe  geleenthede en moontlikhede. Dankie dat ons kan behoort aan ‘n  huisgesin, ‘n gemeenskap, ‘n gemeente maar veral aan U, ons hemelse Vader. 

Saterdag, 11 April –  Gholfdag

Waar dit vandag ons gholfdag is, dank ons U vir gesondheid en   liggaamskragte en bid ons dat ons in oorwinning en nederlaag ‘n   sportmens vir Christus sal wees.  

Sondag, 12 April –  Verpleegkundiges

Vandag dra ons die hele spektrum van verpleegkundiges aan U op en  bid dat hulle met sagte harte en deernisvolle oë na elke pasiënt sal  omsien.  

Maandag, 13 April – Besig 

Aan die begin van ‘n nuwe week is ons gebed dat ons nie so besig sal   raak met groot dinge dat ons mag vergeet van klein geleenthede en   pligte nie : simpatie, liefde, belangstelling en hulp.  

Dinsdag, 14 April – Eensames

Vader, ons aanbid U vandag as die Vriend van die eensames, die  Trooster van die treurendes en die Hoop van die sterwendes. In U is  alles wat ons nodig het vir vandag en vir altyd.  

Woensdag, 15 April – Goeie daad

Here, mag ons aan die einde van hierdie dag terugkyk en dankie sê die  elke vriendelike gebaar wat ons aan ander kon betoon, elke goeie daad  wat ons kon doen en elke versoeking wat ons kon weerstaan. 

Donderdag, 16 April – Heilige Gees versterk my

Ek skaam my, Here, vir die hoenderhaan wat so gereeld in my ore kraai.  Heilige Gees, Versterk my om in alle omstandighede ‘n getuie vir U te  wees.

Vrydag, 17 April – God-by-ons

U is God-by-ons. Dankie dat U aan ons U Gees gegee het om by ons  te wees. Ek is nooit alleen nie. 

Saterdag, 18 April – God se Wil

U is nie van ons instemming afhanklik nie. U doen wat U weet goed en  reg is vir U kinders. Ons loof U daarvoor. Al verstaan ons U so dikwels  verkeerd. U Wil is altyd tot ons beswil. 

Sondag, 19 April – Radio FEBA

FEBA radio verkondig die goeie boodskap aan die uithoeke van die  wêreld. Here, seën hulle werk in U Naam. Asseblief, behoed en bewaar  almal wat betrokke is. 

Maandag, 20 April – Skynheiligheid

Hoe maklik verval ons in skynheiligheid Here! Bekeer my elke dag tot  U wil. Maak my getrou om ;n getuie vir Jesus by ander te wees. 

Dinsdag, 21 April – My gedagtes

Here, my verhouding met U maak my skatryk. Rig my gedagtes  voortdurend op U sodat my gedagtes vernuwe mag bly. 

Woensdag, 22 April – Blokbyeenkoms

Op Woensdae is dit blokbyeenkomsdag in ons gemeente. O Here, hoe  bevoorreg is ons om saam te mag kom tot U eer. 

Donderdag, 23 April – Singende gemeente

Ons dank U vir die klenk van die orrel, vir die lofsingende gemeente en  vir begaafde gelowiges. Dankie dat U die blêrstem van elke verlore  skaap hoor bo al die lofliedere van verlostes. 

Vrydag, 24 April – Here se Liefde

Ek wil die Here prys! Want aan Sy Liefde is daar geen einde nie!

Saterdag, 25 April – Ons Land

Here, ons bid vir die Land waarin ons woon. Dit is ‘n pragtige land wat  ons ryklik voorsien. Ons kon egter nog nooit sonder U genade nie.  Dankie Liewe Heer. 

Sondag, 26 April – Sondag

Here God, Dit is vandag Sondag. Hierdie dag het U geskep sodat ons  kan rus in U en ons kan weer ons kragte by U voete kom opbou.  Ontvang ons Lof en Eer aan U, Heer.  

Maandag, 27 April – Vryheidsdag

Genadiglike Heer, ons lewe deur U gees. Laat die Gees nou ook ons  gedrag bepaal en help ons om alle kulture te verstaan en in vrede saam  te leef. 

Dinsdag, 28 April – Vriendskap

Vandag bring ons ‘n groot dankie vir familie, vriende en bure. Dankie vir  hul vriendskap, omgee en aanvaarding. Seën hulle ook sodat hul nooit  sal moeg word om uit te reik en om te gee nie. 

Woensdag, 29 April –  Ons gemeente

Ons bid vandag vir ons gemeente , ons dorp en ook ons land. Help ons,  Here, as U koninkrykskinders, om diensbaar te wees en ons land en  dorp op te pas. 

Donderdag, 30 April – Wederkoms

Here Jesus, wat ‘n troos om te weet dat U weer sal kom om ons te kom  haal, ons te kom heelmaak en ons aanvaar net soos ons is. Dit alles is  net genade en Liefde. Ons prys U wonderlike Naam!!

Nuusflitse Week 14+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 29 Maart 2026 : Erediens 09:00 – GEEN Kategese – GEEN Kleuterkerk
Sondag 29 Maart 2026 : GEEN Alternatiewe Erediens
Dinsdag 31 Maart 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 1 April 2026 :   GEEN Blokbyeenkoms
Woensdag 1 April 2026 : GEEN Kooroefening
Vrydag 3 April 2026 : Goeie Vrydag Nagmaal 09:00
Sondag 5 April 2026 : Sonsopkomsdiens 06:30 Suiderkruisstrand
Sondag 5 April 2026: Erediens om 09:00 – GEEN Kleuterkerk of Kategese nie.
Woensdag 8 & 22 April 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood:
11 April 2026 – Gholfdag
15 April 2026 – Bingo vir 60+ jariges
2 Mei 2026 – Gemeentefees

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 29 Maart 2026 – 5 April 2026

Afkondigings 29 Maart 2026 – 5 April 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 29 Maart 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Herman Burger.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Kol 1:21-23 (1983-vertaling).
  • Die tema van die prediking is:Die harde kopkussing van jou gewete.
  • Groot Lydensweek.
  • Palm Sondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Arbeidsbediening Mosselbaai by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Daar is GEEN Alternatiewe Erediens tydens die skoolvakansie nie.

Woensdag 1 April 2026 :

  • Daar is geen blokbyeenkoms gedurende die skoolvakansie nie.
  • Daar is geen kooroefening gedurende die skoolvakansie nie.

Vrydag 3 April 2026 :

  • Goeie Vrydag.
  • Nagmaal om 09:00 – Ds Charné Viljoen.

Sondag 5 April 2026 :

Sonsopkomsdiens 5 April 2026 06:30 Suiderkruisstrand NG Kerk Groot-Brakrivier
Sonsopkomsdiens 5 April 2026 06:30 Suiderkruisstrand NG Kerk Groot-Brakrivier
  • Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruis strand om 06:30 – Ds Leon Cronje.
  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Paasfees.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Daar is GEEN Alternatiewe Erediens tydens die skoolvakansie nie.
Verjaarsdae - Week 14 van 2026

Eiendomsbediening :

Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 115 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 8 & 22 April, 6 & 20 Mei en 3 & 17 Junie.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode,  naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!

Gebedsbediening – Jou gebede maak ‘n verskil!

As Christene weet ons dat gebed die asemhaling van die gelowige is. Ons weet ook dat ons niks kan doen sonder die Here nie. Daarom bid ons ook vir die gemeente en vir mense wat siek is of swaarkry, maar ook vir gemeentelike bedrywighede en werk wat gedoen word tot aan die uithoeke van die aarde.

Ons weet dat daar lidmate is wat die gawe van voorbidding het. Daarom wil ons u nooi om, daar waar jy is, as voorbidder in te tree vir gemeentelike gebedsversoeke. Spesifieke gebedsversoeke sal per WhatsApp aan u gestuur word.

Indien u betrokke wil raak tree in verbinding met die kerkkantoor om jou kontakbesonderhede deur te gee. Hierdie gebedsversoeke vervang nie die maandelikse gebedsgids nie. Ons wil egter meer en meer ‘n biddende gemeente wees wat altyd staatmaak op God se leiding en krag. Kom bid gerus saam!

Truitjieprojek

Truitjie projek 2026

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – E-Pos Kontak.

Ondersteuningsbediening :

“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)

Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers – E-Pos Kontak / Riëtte Jansen van Rensburg – E-Pos Kontak.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir April 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 32, asook die antwoorde vir nommer 31 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bloedskenk

Die bloedskenking op 26 Maart 2026  het 88 volpinte bloed opgelewer.

Baie dankie vir die 93 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind

Gholfdag

Gholfdag 11 April 2026 Dolphins Creek NG Kerk Groot-Brakrivier
Gholfdag 11 April 2026 Dolphins Creek NG Kerk Groot-Brakrivier

Klub 50

Klub 50 Gaan kamp in Plettenbergbaai

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA se Yao-bediening

FEBA saai al van 1991 af programme uit na Yao-luisteraars. Wat begin het as 15-minuut kortgolfradio-programme, het gegroei tot ’n mediabediening met kortgolfradio, agt FM-stasies in Malawi en Mosambiek, en ’n groot aanlyngehoor. Die Yao is geneig om vyandig teenoor Christene te wees, maar die saadjies wat die afgelope 30 jaar deur radio geplant is, dra goeie vrug.

Ons gebed vir die week: Bid dat Yao-gemeenskappe in Malawi, Mosambiek en Tanzanië FEBA se spanne sal verwelkom en ontvanklik vir die evangelie sal wees.

Paasnaweek Fees 4 April 2026 NG Kerk Herbertsdale
Paasnaweek Fees 4 April 2026 NG Kerk Herbertsdale

Gemeentefees

Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gemeentefees 2 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) Nuut op 29 Maart 2026

  1. Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 29 Maart 2026, deur Ds Herman Burger, is beskikbaar.
  2. Getuienisbediening:
    • Nuutste nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
    • Die 60Plusser-netwerk van Wolwedans: ‘n kort oorsig.
    • Die kunsvlyt projek by Wolwedans word uitgelig.
  3. Bybelstudiereekse:
    •  ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Vir elkeen”.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00

Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje

Kassiere:
Alfreda Stander

Skriba:
Carmi Kriel

Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532

e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier