9 Februarie
LieweVriend
Mag jy vandag met ware wysheid en Goddelike insig reageer! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Versigtig met spotters
Teks vir vandag: “Dink mooi hoe jy iemand wat met God spot, moet antwoord. As jy hom op sy foute wys, kan hy jou verneder. As jy hard met hom praat, kan hy jou seermaak. Hy kan jou begin haat, jou groot skade aandoen.” Spr. 9:7 (Die Boodskap)
- God vra dat jou vriende mense sal wees wat nie met die Here spot nie (Ps. 1:1).
- Nie alle mense is oop vir die waarheid nie – sommige sal jou aanval as jy dit vertel of praat.
- Bid vir wysheid om te weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly (Spr. 12:18; 14:3; 15:1; Jak 3:2, 5-6).
- Beskerm jouself deur weg te bly van mense wat met God spot en jou kan seermaak.
Gebed
Liewe Vader, gee my vandag wysheid om te weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly, en beskerm my teen spotters.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


