Afkondigings 21 – 28 Februarie 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 28 Januarie 2024 :

  • Baie welkom by die erediens.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Jona 3:1 – 4:2.

Die tema van die prediking is: Liefde vs Haat.

  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure.
  • Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Januarie nie.

Woensdag 31 Januarie 2024 :

  • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok3 (Voorbrug) by Giep van der Watt, regoor

Mooiuitsig Kombuis. Robert Crause – 084 403 8790.

Sondag 4 Februarie 2024 :

  • Erediens om 09:00.
  • Bevestiging en intreepreek ds Charné Viljoen.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure.
  • Tee en verversings sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

gebedsgids :

Ons benodig mense wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel.

Indien u graag wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.

Gebedsgidse vir Februarie 2024 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

G etuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en ons wil weer die gemeente uitnooi om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop (resep hieronder), ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week. Na 17 Jan se uitreik is ons vrieskaste dolleeg. Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 31 Januarie, 14 & 28 Februarie

en 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning.

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

U kan dit skenk in die volgende twee formate:

1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of

2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak

  • Behoeftes vir Getuienisprojekte:
  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
  • Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 084 783 1308.

Verjaarsdae 2024

28 Januarie – Cobus Terblanche.

29 Januarie – Nicky de Bruyn, Daan du Toit.

30 Januarie – Jac Heyns, Niki Jonck, Johan Muller.

31 Januarie – Annelie Hurter.

1 Februarie – Retha Coetzee, Rumada Janse Van Rensburg, Bertus Lingenfelder, Harriet Potgieter.

2 Februarie – Johannes Roeloffze.

3 Februarie – Christa Buitendach, Ilan Nell de Swardt, Frans Hancke.

4 Februarie – Jan Coertze, Ina Janse van Rensburg, Kosie Lombard, Reneé van Staden.

Omgeebediening : 

  • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
  • Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

JEUG :

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00. Indien u enige verdere inligting verlang skakel asb vir Vicky Barnard – 083 500 5687.

Klub 50

Klub 50 nooi u na die Openingsvergadering op

Woensdag 7 Februarie om 10:00 in die kerksaal.

Bring asseblief ‘n bordjie eetgoed saam.

Nuwe lede is baie welkom.

Estelle Uys – 0726756696‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

Klub 50 is gestig vir afgetrede gemeentelede wat graag op ’n gesellige manier wil vergader om saam te kan uithang en nuwe kenisse te maak.

Ons betaal jaarliks ledegeld en reël ook funksies waardeur ons fondse insamel om aan die einde van die jaar ’n afsluitingsete en ook ander funksies te subsidieer.

Ons probeer ook uitstappies reël vir almal om te geniet. Jul bywoning met funksies sal help bepaal wie aan wat belangstel. Ons stel ’n jaarprogram op en lede word aangemoedig om soveel moontlik by te woon.

Ons vergader die 1ste Woensdag van elke maand (Feb-Nov) en sluit die jaar af met ’n algemene jaarvergadering, lede word aangemoedig om dit by te woon, want hier word verslag oor die funksies en finansies bespreek. Ons kies elke twee jaar nuwe bestuur.

Onthou om die kerk afkondigings dop te hou vir verdere besonderhede.

Estelle Uys – 0726756696‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬‬

Dankies

B loedskenking :

Die bloedskenking op 25 Januarie 2024 het 67 volpinte bloed opgelewer.

Baie dankie vir die mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Niger

Niger se bevolking is ongeveer 26 miljoen, waarvan 98% Moslem is. Die land is 28ste op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van lande waar Christene die meeste vervolg word. Om Moslem te wees is sentraal tot Niger se kultuur en diegene wat Christene word, word as verraaiers gestraf. Niger het die hoogste persentasie kinderhuwelike in die wêreld en groot dele van die land ly onder godsdienstige ekstremiste-groepe. FEBA maak ’n radiostasie oop om God se Woord met Niger se mense te deel.

Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA Niger se span en hul werk vanjaar sal seën.

Die webwerf(nggrootbrak.co.za)

28 Januarie 2024

  1. Erediensbediening:

a) Skakel na die YouTube Preek van 28 Januarie 2024.

  1. Getuienisbediening:

a) Week se Nuusbrief van Lynette van Madagaskar.

3. Bybelstudiereeks:

a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Getrou in geloof”.

4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning

van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314