Belydenis van geloof 2020

Belydenis van geloof 2020

‘n Hartlike woord van welkom aan ons nuwe belydendelidmate.

Belydenis van geloof 2020

‘n Hartlike woord van welkom aan ons nuwe belydendelidmate.

Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat julle* met die mond bely wat
julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is. Dit is ‘n belofte wat
julle maak om alleen op Hom te vertrou, om te lewe volgens sy Woord, getrou
deel te neem aan die erediens en aan alle aktiwiteite van sy kerk, om te
volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en
daad te verheerlik.
Voorts beteken die openbare belydenis van geloof dat julle verklaar dat dit
julle opregte voorneme is om in hierdie belydenis te volhard en steeds daarin
te groei.

Aangesien julle die kerkraad oortuig het van julle genoegsame kennis van die
Bybel en van die leer van die kerk en van julle persoonlike geloofsvertroue,
het die kerkraad met blydskap toestemming verleen dat julle in die openbaar
julle geloofsbelydenis mag aflê en so toegang kry tot die nagmaal. Daarom
versoek ek julle om voor God en sy gemeente op die volgende vrae opreg te
antwoord:
Ten eerste: Glo jy dat die leer soos in die Ou en Nuwe Testament en in die
artikels van die Christelike geloof vervat is en in die kerk hier geleer word, die
ware en volkome leer van die verlossing is?
Ten tweede: Beloof jy om as lidmaat van die gemeente van Christus deur sy
genade in die beiydenis van die leer tot die einde van jou lewe te volhard, en
alle Ieringe wat daarvan afwyk, te verwerp?
Ten derde: Bely jy dat die Here Jesus Christus jou persoonlike Verlosser is
en dat jy Hom liefhet? Beloof jy om Hom te dien, sy Naam getrou te bely voor
die mense en om aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te neem?
Ten slotte: Beloof jy dat jy jou onderwerp aan die kerklike opsig en tug?

Op grond van die genadeverbond, soos verseël deur die doop, en kragtens
die belydenis wat julle so pas afgelê het, word hiermee verklaar dat julle
belydende lidmate is van die Nederduitse Gereformeerde gemeente van Groot-Brakrivier.

Gemeente, sien om na hierdie lidmate, ontvang hulle as mede-lede van die
liggaam van Christus. Moedig hulle aan tot liefde en goeie werke en bid vir
hulle. Leef in liefde met mekaar saam, want ons Heiland het gesê: “As julle
mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

http://dinkjeug.ngkerk.net/tag/belydenis-van-geloof/