Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Lukas 12: 13 -21
Tema: Bou en vertrou
Begeleiding: Annelene de Swardt
Liedere
Lied 251: 1-3
YouTube Eredienste
Inspirerende boodskap uit God se Woord
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Lukas 12: 13 -21
Tema: Bou en vertrou
Begeleiding: Annelene de Swardt
Liedere
Lied 251: 1-3
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Lukas 11: 1 – 13
Tema: Die vrygewige vriend
Begeleiding: Elize Hancke
Liedere
Halleluja 444
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Psalm 148
Tema: Die lewe is ‘n lied
Begeleiding: Elize Hancke
Liedere
Psalm 148
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Markus 9: 2 – 9
Tema: ‘n Bergtopervaring
Voorlesing: Johan Smit
Begeleiding: Elize Hancke
Liedere
Lied 509: 1
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: 2 Konings 5: 1-21
Tema: Wonder bo wonder!
Begeleiding:
Orrel: Phyllis Goldblatt
Liedere:
Lied 190: 1-3
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Johannes 4: 1-26
Tema: Vreemde Water
Voorlesing: Annelene de Swardt
Begeleiding: Elize Hancke
Liedere
Lied 510: 1 &4
Prediker: Ds. Basie Fourie
Skriflesing
Titus 2: 7-8
Spreuke 28:6
Spreuke 11:3
Spreuke 10:9
Tema: Integritieit
Begeleiding:
Klavier: Annelene de Swardt
Dwarsfluit: Madeleine Vermeulen
Sang: Maggie Bodenstein
Liedere
Psalm 146: 1&6
Psalm 100: 1 -3
Lied 207: 1-3
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Genesis 18: 1-15
Tema: Ongenooide gaste
Begeleiding: Phyllis Goldblatt
Liedere:
Lied 266
Vorming vir die lewe en geestelike rigtingwysers
Volgens Prof. Ian Nell is dit in die vinnige en besige lewe soos ons dit vandag ken, soms moeilik om God se stem tussen al die ander verleidings van hierdie lewe te hoor. Die Hemelvaart dienste het op Donderdag, 26 onder leiding van Ds. Danie Goosen by ‘n aanddiens begin met die tema dat ons bereid moet wees om onsself diensbaar te stel. Van Sondag, 29 Mei, tot Donderdag, 2 Junie, het Prof Ian Nell die dienste gelei, wat beide in die N.G. Kerk Groot-Brakrivier en by Groenkloof gehou is. Daar was vyf temas wat tydens die pinkster bidure hanteer is deur Prof. Nell:
Lees meer “Pinkster 2022”Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Prediker 3: 1-15
Tema: Aanvaarding en berusting
Begeleiding: Phyllis Goldblatt
Liedere:
Lied 492: 1-2
Lied 266
Lied 314
Prediker: Prof. Ian Nel
Skriflesing: 2 Kor 3: 12 – 18
Tema: Gesigte en stemme
Begeleiding: Phyllis Goldblatt
Liedere:
Lied 184: 1-3
Lied 440: 1-4
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Markus 5: 1-20
Tema: Is God werklik in beheer?
Begeleiding:
Orrel: Elize Hancke
Liedere
Lied 281:1
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Johannes 13: 31-35
Tema: Morsige liefde
Begeleiding:
Klavier: Annalene de Swardt
Dwarsfluit: Madeleine Vermeulen
Kitaar: Wikus de Swardt
Sang: Maggie Bodenstein
Liedere
Lied 523: 3-4
Lied 526
Tot ons weer ontmoet…
Ds. Paul en Hettie Roodt
Soli Deo Gloria : Aan God al die eer
Die NG Kerk Groot-Brakrivier neem afskeid van Ds. Paul en Hettie Roodt op 8 Mei 2022 tydens ‘n finale preek. Ds. Paul Roodt is as proponent in die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente gelegitimeer op 18 Januarie 1985 en het op 31 Mei 2020 die gemeente tydens die tweejaarlange, grendeltyd pandemie verlaat, weens mediese redes, om hulle in Hartenbos te vestig.
Ds. Paul het sy laerskool in Laerskool Brandwag, waar sy vader die skoolhoof was, voltooi. Hiervandaan is hy na Hoërskool Punt in Mosselbaai waar hy gematrikuleer het. Sy BA Admissie en Grieks Honneurs het hy by UPE verwerf en sy finale jare by die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch voltooi. Hierna het hy twee jaar diensplig by 8 SA Infanterie Bataljon te Upington gedoen. Hy ontmoet vir Hettie tydens sy studentejare in Stellenbosch. Hulle is later getroud en het twee dogters, Jolette en Estelle.
Die geleentheid in die kerk was volgepak en kleurryk. Die voorsang met klavier en dwarsfluit begeleiding word deur Isabella Wolmarans gelei en sluit onder andere Ps. 118, Lied 163, Lied 553 en Ps 146 in. Ds. Danie Goosen doen die verwelkoming en inleiding tot Ds. Paul Roodt se finale preek.
Ds. Paul gebruik dieselfde bybeltekste waarmee hy sy intreerede gegee het. In 1 Kor. 2: 1-5 as inleiding wys hy op sy nederigheid en diensbaarheid om Jesus Christus verstaanbaar te verkondig sodat ons geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.
Met 2 Kor. 12: 7b-10 vergelyk hy sy swakheid en siekte met die van Paulus wat tot God gebid het om die doring in sy vlees van hom weg te neem, maar God antwoord met “my genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” Desember 2014 was vir Ds. Paul ‘n keerpunt toe Parkisons by hom gediagnoseer is. Hy het egter aan hierdie woorde van Paulus vasgehou “As ek swak is, dan is ek sterk.”
Uit Matt. 28:16-20 het Ds. Paul sy roeping ontvang en aangepak. Hy was ‘n dissipel van Christus wat uitgegaan het om dissipels te maak, hulle te doop in die naam van die Drie-enige God en hulle te leer waar hy kon.
Tydens sy 35 jaar in diens van die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente het hy troues (225), doopbedieninge (469) en begrafnisse (616) gelei. Die laaste doop as predikant is ook in hierdie kleurryke geleentheid bedien toe hy vir klein Adelaide Kelly Schlechter doop. Hy het ook tydens menige huisbesoeke, blokbyeenkomste, bybelstudiegroepe, jeugwerk, kategese en skoolgroepe sy belofte aan God gestand gedoen. Hy sê ook dankie vir die jare wat hy in diens kon staan.
Ds. André Kritzinger wat ‘n jarelange kollega in Mosselbaai was van Ds. Paul oorhandig die akte van demissie by emiritaat namens die Ringkommissie en laat ons met die boodskap dat ons vir Ds. Paul moet bid.
Ds. Johan Strauss wat vir 36 jaar in die Groot-brakrivier VGK was, en nou reeds 11 jaar afgetree is, bedank Ds. Paul en Hettie vir hul hulp en bystand in die gemeenskap. Hy noem Ds. Paul ‘n kollega en vriend wat betroubaar, lojaal, wat met toewyding en pligsgetrouheid sy taak volbring het. Hy groet Ds. Paul met Matt 17:8, waar die dissipels net vir Jesus sien; Fil 4:4 waar ons gemaan word om altyd bly te wees soos die voorbeeld wat Ds. Paul gestel het; en Num. 6:24-26 “Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.” Mag dit so wees elke dag!
Johan Muller, wat Ds. Paul jare lank ken as gemeentelid en familie vriend vertel van die eerste ontmoeting toe die jong Paul Roodt op die vraag wat hy gaan word, eenvoudig geantwoord het: “Ek gaan ‘n dominee word.” Ds. Paul het gereeld aan huis van Tannie Maraaitjie kom tee drink en later self ook sy eie pakkie tee saamgebring het. Hy het Johan se suster Alta begelei en ondersteun tydens haar stryd met kanker en was ‘n steunpilaar vir die hele familie; ook Johan se broer Sarel wat baie ondersteuning nodig gehad het. Die familie is lief vir Ds. Paul en Hettie en bid dat “Sy genade kombers genoeg sal wees vir hom.”
Ds. Smuts van Rensburg wat jarelange kollega in Hartenbos en vriend is noem hoe die NG Kerk Groot-Brakrivier uitgebrei en gegroei het, in getalle en geestelik, van die begin jare nadat Paul gelegitimeer is tot sy uittrede. Hy was ‘n mens wat kon leiding gee, met oorgawe gedien het en met sy hele hart, siel, verstand en krag die Here gedien het. Hy het ‘n wonderlike en vlymskerp humorsin, kon heerlik lag en huil wanneer nodig. Ds. Paul was getrou aan wie hy is – hy het alles gegee. Ds. Paul en Hettie het mekaar ondersteun in sagtheid en nederigheid. Hy laat Ds. Paul ook met Num 6:24-26 en met die boodskap:
Geniet elke dag wat geskenk word en leef voluit!
Ds. Danie Goosen, kollega tydens die laaste klompie jare, noem ook Ds. Paul se toegewydheid en bedank hom vir die samewerking, die saambid en vir die respek vir mekaar; en maan hom om nie te hard op homself te wees nie. Hy kon sag en ferm wees wanneer nodig.
Die geleentheid word afgesluit met ‘tee met koekies’, Ds. Paul se geliefkoosde sê-ding wanneer daar ‘n lekker geselligheid is na ‘n diens.
Ds. Paul het voorwaar die wedloop gehardloop en dit suksesvol volbring. Die NG Kerk Groot-Brakrivier sê dankie vir 35 jaar se 100% diens, maar nie heeltemal vaarwel nie, aangesien Ds. Paul en Hettie nog lidmate in die gemeente is.
NG Kerk Groot-Brakrivier groet met 2 Pet. 5:10-11:
“En mag God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!”
Prediker: Ds. Paul Roodt
Skriflesing:
1 Korintiërs 2: 1-5
2 Korintiërs 12: 7b-10
Matteus 28: 16-20
Gebedvoorlesing: Johan Muller
Begeleiding: Dawn Taljaard
Liedere
Psalm 100: 1-4
Lied 485: 1-3
Lees meer “Afskeidsgroet en Erediens 8 Mei 2022 Ds. Paul en Hettie Roodt”N.G. KERK GROOT-BRAKRIVIER 1985 – 2020
8 MEI 2022
SOLI DEO GLORIA : ALLEEN AAN GOD DIE EER!
Prediker: Ds. Basie Fourie
Skriflesing: Psalm 19
Begeleiding: Una Voster
Liedere
Lied 196: 1-4
Flam 406
Lees meer “Erediens 1 Mei 2022”Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Johannes 21: 1-19
Voorlesing: Johan Muller
Tema: Herinneringe wat jou stroop
Begeleiding: Dawn Taljaard
Liedere
Lied 415; 1-3
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: Markus 16:1-8
Voorlesing: Annalene de Swardt
Tema: Julle soek verniet
Begeleiding: Eliza Hancke
Liedere
Lied 414
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Hebreërs 10: 16-31
Tema: Die Een se dood…
Begeleiding:
Klavier: Dawn Taljaard
Dwarsfluit: Madeleine Vermeulen
Liedere
Lied 239: 1 – 4
Lied 266: Onse Vader wat in die hemel is