DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 91-106
Wat is God se visie vir Abraham en hoeveel keer bevestig Hy dit?
Gen 12:1-3; 15:1-7; 17:1-15
Gen 12:1-3;
1Die Here het vir Abram gesê: “Gaan weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis, na die land wat Ek jou sal wys.
2“Ek sal jou ‘n groot nasie maak;
Ek sal jou seën en jou naam groot maak,
sodat jy ‘n seën sal wees.
3Ek sal hulle seën wat jou seën,
maar wie jou verwens,
sal Ek vervloek.
En deur jou sal al die grootfamilies
van die aarde geseënd wees.”
Gen 15:1-7;
151Ná verloop van tyd het die woord van die Here tot Abram gekom in ‘n visioen:
“Moenie bang wees nie, Abram!
Ek is ‘n skild vir jou.
Jou loon is baie groot.”
2Maar Abram het gesê: “Here, my Heer, wat sal U vir my gee? Kinderloos gaan ek heen. Die erfgenaam van my huis is Eliëser van Damaskus.” 3Abram het ook gesê: “Kyk, vir my het U nie ‘n nageslag gegee nie. Kyk, ‘n seun uit my huishouding gaan my erfgenaam wees.”
4Maar kyk, die woord van die Here kom toe tot Abram: “So iemand sal nie jou erfgenaam wees nie, slegs een wat uit jou liggaam voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.” 5Toe neem Hy Abram na buite en sê: “Kyk maar op na die hemel en tel die sterre – as jy in staat is om hulle te tel!” En Hy sê vir hom: “So sal jou nageslag wees.” 6Hy het die Here geglo. En Hy het dit vir hom as geregtigheid toegereken.
7Die Here het vir hom gesê: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs uitgelei het om aan jou hierdie land te gee om dit in besit te neem.”
Gen 17:1-15
1Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Leef voor My, en wees onberispelik! 2Ek wil my verbond tussen My en jou bekragtig en jou buitengewoon laat vermeerder.” 3Abram het neergeval met sy gesig teen die grond, en God het met hom gepraat: 4“Wat My betref, kyk, my verbond met jou is: Jy sal die vader van ‘n menigte nasies word. 5Jy sal nie meer Abram genoem word nie. Jou naam sal Abraham wees, want vader van ‘n menigte nasies maak Ek jou. 6Ek sal jou besonder vrugbaar maak en jou tot nasies maak. Konings sal uit jou voortkom. 7Ek sal my verbond tussen My en jou en jou nageslag ná jou handhaaf, deur hulle geslagte heen, as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8Ek gee aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap, die hele land Kanaän, as eiendom vir altyd, en Ek sal vir hulle ‘n God wees.”
9God het ook vir Abraham gesê: “En jy, my verbond moet jy nakom, jy en jou nageslag ná jou deur hulle geslagte heen. 10En dit is my verbond tussen My en julle en jou nageslag ná jou wat julle moet nakom: Elke manlike persoon onder julle moet besny word. 11Julle moet besny word aan die vlees van julle voorhuide. Dit sal dien as teken van die verbond tussen My en julle. 12Op die ouderdom van agt dae moet elke manlike persoon by julle besny word, deur al julle geslagte heen – ook ‘n kind uit die huishouding, en dié wat met geld gekoop is van enige vreemde en wat nie deel is van jou nageslag nie. 13‘n Kind uit die huishouding en dié wat met geld gekoop is, moet beslis besny word. My verbond moet aan julle liggame wees as ‘n ewige verbond. 14‘n Onbesnede manlike persoon wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie – daardie persoon moet van sy mense afgesny word; my verbond het hy verbreek.”
15God het vir Abraham gesê: “Sarai, jou vrou, moet jy nie meer Sarai noem nie; want haar naam moet Sara wees.
Hoe spesifiek en gedetailleerd is God se planne vir sy mense?
Eks 3:1-22; 4:1-17; Jos 1:1-5, 10-15; 2:1-2, 22-24; 3:1-4; 6:1-7
Eks 3:1-22;
1Moses het sy skoonvader, Jetro, die priester van Midian, se kleinvee opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag en uitgekom by die berg van God, by Horeb. 2Daar het die •Engel van die Here aan hom verskyn in ‘n vuur wat uit ‘n doringbos opvlam.
Moses het gesien daar is ‘n doringbos aan die brand, maar dié doringbos word sowaar nie verteer nie. 3Toe dink Moses, ek moet afdraai, sodat ek na hierdie buitengewone verskynsel kan kyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?
4Toe die Here sien dat hy afgedraai het om dit van nader te bekyk, het God na hom geroep uit die doringbos: “Moses! Moses!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 5Toe sê die Here: “Moenie nader kom nie. Trek jou sandale van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond.” 6Daarop sê Hy: “Ek is die God van jou voorvader, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Moses het sy gesig bedek, want hy was bang om na God te kyk. 7Die Here sê toe: “Ek het die ellende van my volk wat in Egipte is, duidelik gesien. Hulle noodkreet oor hulle slawedrywers het Ek gehoor. Ja, Ek ken hulle lyding. 8Ek het afgekom om hulle uit die hand van Egipte te red en hulle uit daardie land te laat optrek na ‘n goeie en uitgestrekte land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, die woonplek van die Kanaäniete, die Hetiete, die •Amoriete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete. 9En nou, kyk, die noodkreet van die Israeliete het My bereik. Ek het ook die verdrukking waarmee Egipte hulle verdruk, raakgesien. 10Gaan dan nou! Ek stuur jou na die farao om my volk, die Israeliete, uit Egipte uit te lei.”
11Moses het egter vir God gesê: “Wie is ek, dat ek na die farao kan gaan en dat ek die Israeliete uit Egipte kan lei?” 12Hy het geantwoord: “Ek is immers by jou. En dit sal vir jou die teken wees dat dit Ek is wat jou gestuur het: Wanneer jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle God op hierdie berg dien.”
13Moses het vir God gesê: “Kyk, as ek by die Israeliete kom en vir hulle sê, ‘Die God van julle voorvaders het my na julle gestuur,’ en hulle vra my dan, ‘Wat is sy naam?’ wat moet ek vir hulle sê?” 14God sê toe vir Moses: “Ek Is Wie Ek Is.” Hy sê toe ook: “So moet jy die Israeliete antwoord, ‘Ek Is het my na julle gestuur.’ ” 15God het weer vir Moses gesê: “So moet jy vir die Israeliete sê,
“ ‘Die Here, die God van julle voorvaders,
die God van Abraham,
die God van Isak,
die God van Jakob,
het my na julle gestuur.’
Dit is my Naam vir altyd;
dit is my gevierde Naam van geslag tot geslag.16“Gaan, en bring die oudstes van Israel byeen, en sê vir hulle, ‘Die Here, die God van julle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan my verskyn en gesê: “Ek gee noukeurig aandag aan julle en aan wat julle in Egipte aangedoen word. 17Ek verklaar dan: Ek sal julle laat optrek, weg van die ellende in Egipte, na die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning.” ’
18“Hulle sal na jou luister, en dan moet jy en die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan. Julle moet vir hom sê, ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het Hom aan ons bekend gemaak. Laat ons asseblief dan nou drie dagreise ver die woestyn ingaan, sodat ons aan die Here ons God kan offer.’ 19Ek weet egter dat hy, die koning van Egipte, julle nie sal toelaat om te gaan nie, tensy hy gedwing word deur ‘n kragtige hand. 20Maar Ek sal my hand uitsteek en Egipte tref met al my wonders wat Ek in hulle midde gaan doen. Daarna sal hy julle laat gaan. 21Ek sal sorg dat die Egiptenare hierdie volk goedgesind is, sodat wanneer julle gaan, julle nie met leë hande sal gaan nie. 22Elke vrou moet van haar buurvrou of van die een wat in haar huis tydelike verblyf geniet, silwer- en goue voorwerpe en klere eis. Julle moet julle seuns en dogters dit laat saamdra. So moet julle buit neem van die Egiptenare.”
Eks 4:1-17;
1Hierop het Moses geantwoord en gesê: “Maar as die Israeliete my nie glo nie, en hulle nie na my luister nie? As hulle dalk sê, ‘Die Here het nie aan jou verskyn nie’?” 2Die Here sê toe vir hom: “Wat het jy daar in jou hand?” Hy antwoord: “’n Staf.” 3Die Here sê: “Gooi dit op die grond!” En toe hy dit op die grond gooi, word dit ‘n slang! Moses het daarvoor teruggedeins. 4Die Here sê toe vir Moses: “Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert!” Moses het sy hand uitgesteek en dit gegryp. Toe word dit weer ‘n staf in sy hand. 5“Dit is sodat hulle kan glo dat die Here, die God van hulle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, aan jou verskyn het.”
6Die Here het weer vir hom gesê: “Steek jou hand in die vou van jou kleed.” Hy druk toe sy hand in die vou, en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu! 7Daarop sê die Here: “Steek jou hand weer in die vou van jou kleed.” Hy het weer sy hand in die vou gesteek, en toe hy dit uit die vou uittrek, was dit weer soos die res van sy liggaam!
8“As hulle jou nie glo nie, en nie aandag gee aan die eerste teken nie, sal hulle die laaste teken glo. 9As dit dalk gebeur dat hulle selfs hierdie twee tekens nie glo nie, en nie na jou stem luister nie, skep dan van die Nyl se water en gooi dit uit op die droë grond. Die water wat jy uit die Nyl geskep het, sal bloed word op die droë grond.”
10Maar Moses het vir die Here gesê: “Asseblief, my Heer! Ek is nie ‘n man van woorde nie, nie in die verlede nie, en ook nie vandat U met u dienskneg gepraat het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong.” 11Daarop sê die Here vir hom: “Wie het ‘n mond vir die mens beskik, en wie maak stom of doof, siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie? 12Gaan dan nou! Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.” 13Maar hy sê: “Asseblief, my Heer! Stuur asseblief iemand anders.” 14Die toorn van die Here het teen Moses ontbrand en Hy het gesê: “Is Aäron, die Leviet, nie jou broer nie? Ek weet dat hy welsprekend is. Wat meer is, kyk, hy is op pad om jou te ontmoet; en wanneer hy jou sien, sal sy hart verheug wees. 15Jy moet met hom praat en die woorde in sy mond lê. Ek sal met jou mond en met sy mond wees. Ek sal julle leer wat julle moet doen. 16Hy moet namens jou met die volk praat. Dit is hoe dit gaan gebeur – hy sal vir jou ‘n mond wees en jy sal vir hom ‘n god wees. 17Hierdie staf moet jy in jou hand neem. Dit is waarmee jy die tekens moet doen.”
Jos 1:1-5, 10-15;
1Ná die dood van Moses, die dienskneg van die Here, het die Here vir Josua, seun van Nun, Moses se helper, gesê: 2“Moses, my dienskneg, is dood. Daarom, maak nou gereed om hierdie Jordaan oor te steek, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die Israeliete, gaan gee. 3Elke plek waarop julle voete trap – aan julle gee Ek dit soos Ek aan Moses beloof het. 4Van die woestyn en die Libanon af tot by die groot rivier, die Eufraat, die hele land van die Hetiete tot by die Groot See in die weste, sal julle gebied wees. 5Solank jy leef, sal niemand voor jou kan standhou nie. Soos Ek by Moses was, sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.
10Josua het toe die opsieners van die volk opdrag gegee: 11“Gaan deur die kamp en gee opdrag aan die volk, ‘Maak vir julle padkos gereed, want oor drie dae gaan julle hierdie Jordaan oorsteek om die land binne te gaan, om in besit te neem wat die Here julle God aan julle gaan gee om in besit te neem.’ ”
12Vir die stamme van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse het Josua gesê: 13“Onthou die saak waaroor Moses, die dienskneg van die Here, julle opdrag gegee het, ‘Die Here julle God gaan vir julle rus gee en hierdie land aan julle gee. 14Julle vroue, die swakkes onder julle en julle vee kan bly in die gebied oorkant die Jordaan wat Moses aan julle gegee het. Maar julle moet in slagorde voor julle broers oortrek, al die dapper krygers, en hulle bystaan 15totdat die Here vir julle broers rus gegee het soos vir julle, en hulle ook die land wat die Here julle God vir hulle gee, in besit geneem het. Dan mag julle terugkeer na die land wat julle eiendom is en dit in besit neem – die land wat Moses, die dienskneg van die Here, vir julle gegee het oorkant die Jordaan, aan die oostekant.’ ”
Jos 2:1-2, 22-24;
1Toe het Josua, seun van Nun, in die geheim twee manne as verkenners uit Sittim gestuur en gesê: “Gaan kyk na die land en Jerigo.” Hulle het gegaan en by die huis van ‘n prostituut met die naam Ragab aangekom en daar oornag. 2Aan die koning van Jerigo is gesê: “Kyk, manne van die Israeliete het in die nag hierheen gekom om die land te verken.”
22Hulle het gegaan en in die bergland aangekom. Daar het hulle drie dae gebly, totdat die agtervolgers teruggekeer het. Die agtervolgers het langs die hele pad gesoek, maar hulle nie gekry nie. 23Die twee manne het teruggekeer. Hulle het van die berg afgekom, die rivier oorgesteek en by Josua, seun van Nun, aangekom. Hulle het vir hom alles vertel wat met hulle gebeur het. 24Hulle het vir Josua gesê: “Die Here het inderdaad die hele land in ons hand gegee. Meer nog, al die inwoners van die land sidder oor ons.”
Jos 3:1-4; 6:1-7
1Josua het vroeg die môre opgestaan. Hulle het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom, hy en al die Israeliete. Hulle het daar oornag voordat hulle oorgetrek het. 2Ná verloop van drie dae het die opsieners deur die kamp gegaan 3en aan die volk opdragte gegee: “Wanneer julle die verbondsark van die Here julle God sien, en die priesters, die Leviete wat dit dra, moet julle van julle staanplekke af verder trek. Volg die ark, 4maar daar moet ‘n afstand van ongeveer tweeduisend el tussen julle en die ark wees. Moenie naby aan die ark kom nie, sodat julle die pad waarop julle moet gaan, kan leer ken, want julle het nie voorheen met dié pad langs getrek nie.”
61Jerigo se poorte was egter dig gesluit vanweë die Israeliete; niemand het daar uitgegaan of ingegaan nie. 2Die Here sê toe vir Josua: “Kyk, Ek gee Jerigo, sy koning en sy dapper krygers in jou hand. 3Julle moet om die stad trek, al die krygsmanne. Jy moet een keer om die stad gaan. Ses dae lank moet jy só maak: 4Sewe priesters moet sewe •ramshorings voor die ark dra. Op die sewende dag moet julle sewe keer om die stad trek, terwyl die priesters op die horings blaas. 5En wanneer daar lank op die horing van die ram geblaas word, moet al die manskappe, sodra julle die geluid van die ramshorings hoor, ‘n baie harde oorlogskreet aanhef. Die stadsmuur sal dan ineenstort, en die manskappe moet bo-oor klim, elke man reg voor hom uit.”
6Josua, seun van Nun, het toe die priesters ontbied en vir hulle gesê: “Dra die verbondsark. Sewe priesters moet die horings van sewe ramme voor die ark van die Here dra.” 7Hy sê toe vir die manskappe: “Trek op en gaan om die stad; die gewapende manne moet voor die ark van die Here optrek.”