Sondag 8 Februarie 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 2.
- Die tema van die prediking is:Ons hét die gees.
- Biddag vir Opvoeding & Onderwys.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal.

Dinsdag 10 Februarie 2026 :
- Die Bedieningsraad vergader om 18:00 in die kerksaal onder voorsitterskap van ds Charné Viljoen. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 11 Februarie 2026 :
- Die Blokbyeenkoms van Blok 5 (Kiewietlaan) vind om 18:00 plaas by Sarel en Marina Venter – Arendstraat 20. Sarel Venter – Kontak ons vorm.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak ons vorm. Alle belangstellendes welkom.
Sondag 15 Februarie 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- Verheerlikingsondag.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Charné Viljoen.
- Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal.

NUWE BLOK INDELINGS
Soos waarskynlik aan u bekend het ons blokindelings verander en daarmee saam ook die meeste blokgrense.
Ons gaan dus veranderinge maak aan u huidige WhatsApp groep en in sommige gevalle van julle se nommer moet afhaal en u dan by ‘n “nuwe” blok weer toevoeg. Dit is ‘n omvattende taak en sal so gou moontlik aandag geniet.
Intussen neem asseblief kennis van u nuwe bloknommer hieronder sodat u op die almanak kan seker maak van die datum waarop u blokbyeenkoms plaasvind.
1 Plaaasgedeeltes
2 Voorbrug
3 Mossienes tot Stasieweg
4 Langstraat-Bo & Pine Creek
5 Kiewietlaan
6 Avonddans
7 Onder-Bergsig
8 Groenkloof Groot-Brakrivier
9 Agter Polisiestasie
10 Bergsig – Bo
11 Sandhoogtepad
12 Eurekapark
13 Suiderkruis
14 Die Eiland
15 Dolphin Creek
16 Hersham
17 Pienaarstrand & Dwarswegstrand
18 Outeniquastrand-Onder
19 Outeniquastrand-Bo
20 Glentana tot George
21 St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate
22 Seester Tergniet
23 Groenkloof Reebok
24 Reebok Village
25 Seegenot tot Tergniethoogte
26 Tergniet-Oos
27 Tergniet-Wes
28 Rheebok Kusweg
29 Reebok-Oos
30 Reebok-Wes & Kleinbrak tot Danabaai
Bedieninge
5 Liters water vir droogtegeteisderde plase
Daar is ‘n behoefte aan drinkbare water op baie plase in ons omgewing weens die feit dat die boorgate opdroog. Ons nooi graag enige persoon wie ‘n 5L water wil/kan skenk om dit hier by die kerk te kom aflewer. Indien u nie in kantoor ure dit kan kom afgee nie, is u welkom om dit by die Total De Dekke vulstasie te gaan afgee, waar ons dit weer sal gaan oplaai en verder sal versprei.
Nooi asseblief u vriende en familie om ons gemeenskap te ondersteun.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 11 & 25 Februarie en 11 & 25 Maart.
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
- Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
- Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak ons vorm
Ondersteuningsbediening :
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames. Want dit is God se hart vir die wees en die weerloses. En as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Kontak ons vorm / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak ons vorm.
Sterftes 2026:
2 Februarie 2026 – Debbie Nel
Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate.
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Februarie 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 30 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
“Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed. Ek onthou wat U gesê het: ‘Julle moet My kom dien!’ Ek is hier om U te dien, Here” (Ps. 27:7-8 Afr83).
Busfonds vir Graad 10 Leerder

Verhoudingsleier: Westelike Streek
Hoofkantoor – Wes-Kaap (Bellville)

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is ʼn maatskappy sonder winsoogmerk wat sedert 1820 die Bybel vertaal, publiseer en versprei in Suid-Afrika. Die missie van die BSA is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
Die bogenoemde voltydse loopbaangeleentheid is tans beskikbaar by die BSA. Die Verhoudingsleier is verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek. Die posbekleër sal in samewerking met alle kerkgenootskappe Bybelverspreiding in die streek fasiliteer. Daar word van die posbekleër verwag om innoverende fondsinsamelingsinisiatiewe te ontwikkel en daarby betrokke te wees, sodat die BSA effektief bemark word om ondersteuning en befondsing van sleuteldonateurs te verkry om die Bybel beskikbaar te stel. Die posbekleër sal ook verantwoordelik wees vir die bestuur en evaluering van die streek se personeel, asook vir die bestuur van streekkomitees. Die monitering en uitbreiding van die donateursbasis vorm ook deel van hierdie rol.
Vereistes:
Relevante teologiese kwalifikasie (verkieslik ʼn gelegitimeerde predikant van die NG Kerk)
Handhawing van die belydenis dat die Bybel die Woord van God is.
Ervaring Is besigheid sal voordelig wees
Begrip en kennis van kerklike omgewing en gemeenskap
Kennis en ervaring van fondsinsameling en bemarkingsmetodes
Bevoegdhede:
Sakevernuf
Ekumeniese ingesteldheid
Samewerkingsvaardighede
Verhoudingsbou
Sterk kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
Leierskap
Vermoë om met mense van verskillende agtergronde te werk
Kommersiële bewustheid
Hoë aanpasbaarheid
Vermoë om ander te motiveer
Vaardighede:
Fondsinsamelingsvaardighede
Openbare redevoering
Bemarkings- en verkoopsvaardighede
Interpersoonlike vaardighede
Onderhandelingsvaardighede
Beplannings- en organiseringsvaardighede
Aanbiedingsvaardighede
Vrywaring:
Deur vir hierdie posisie aansoek te doen en jou CV in te dien, bevestig jy dat jy jou persoonlike inligting vrywillig verskaf het en dat die inligting volledig, akkuraat en op datum is, in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (POPIA).
Jy gee hiermee die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) toestemming om jou persoonlike inligting te verwerk vir die doel van werwing en keuring. Jy gee verder toestemming dat die BSA jou persoonlike inligting mag behou op sy databasis vir oorweging van toekomstige werksgeleenthede.
Aansoeke sluit op 9 Maart 2026
Indien jy teen 17 Maart 2026 niks van ons gehoor het nie, beskou asseblief jou aansoek as onsuksesvol.
Stuur aan hr.bssa@biblesociety.co.za
FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA in Thailand en Kambodja
Die 800 km lange grens tussen Thailand en Kambodja is al lank ’n bron van konflik. In die afgelope jaar het die spanning van tyd tot tyd oorgegaan in gewapende konflik. FEBA saai in albei lande uit en in 2025 het die FEBA Kambodja-span spesiaal ’n reis onderneem om radio’s aan die soldate op die grens uit te deel.
Ons gebed vir die week: Bid vir vrede tussen Thailand en Kambodja. Vra dat FEBA se programme soldate in albei lande sal inspireer om hul harte vir Christus te gee.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 8 Februarie 2026
- Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 8 Februarie 2026, deur
Ds Leon Cronje, is beskikbaar. - Getuienisbediening:
a) Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar is beskikbaar.
b) Sendingnuus vanaf Missie Japan – Kyoto Kuns Onnie word Pastoor. - Bybelstudiereekse:
a) ‘Verheerlikingsondag’, die afsluiting van Epifanie.
b) Februarie se ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
c) Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Versoeking: Die voorbeeld van
Christus” - Gemeentenuus:
Inligting van die Alternatiewe Eredienste wat op 8 Februarie begin. - Die weeklikse Afkondigings en Lief & Leed is op die webtuiste indien u wil seker
maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



