Sondag 19 Januarie 2025 :
• Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 1:43-51.
Die tema van die prediking is: Verskuilde waarhede?
• Kategese Opening – Ouers moet asseblief ’n registrasievorm kom voltooi by die kerksaal.
• Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na die erediens vir die maand van Januarie nie.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Dinsdag 21 Januarie 2025 :
• Bybelstudieleiers vergader in die konsistorie om 10:00.
Woensdag 22 Januarie 2025 :
• Die blokbyeenkoms van 22 Januarie (soos aangedui op die kerkkalender) skuif na ’n latere datum wat nog bekendgemaak sal word.
Donderdag 23 Januarie 2025 :
Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 23 Januarie 2025
vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Christo Smith – 083 447 9891.
Sondag 26 Januarie 2025 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Gerrie van Deventer.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na die erediens vir die maand van Januarie nie.
• Groenkloof preek om 10:00 - Digitaal.
Kategese :
Indien dit op u hart gelê word om betrokke te raak as mentor by ons kategese kan u die kerkkantoor kontak vir meer besonderhede.

Almanakke 2025
Die almanakke vir 2025 is beskikbaar. Lidmate wat nog nie ‘n kalender ontvang het nie kan dit gerus gedurende kantoorure kom afhaal.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Januarie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Blokbyeenkomste :
Ons blokbyeenkomste begin weer vanaf Woensdag 29 Januarie 2025 om 18:00 (teensy anders aangedui).
Ons versoek graag die kerkraadslede/dienswerkers van die onderskeie blokke om die Woensdag voor die hul blok se byeenkoms, asseblief die kerkkantoor te laat weet by watter adres in hulle blok die byeenkoms sal plaasvind sodat dit betyds in die afkondigings geplaas kan word.
Rek en strek oefEninge vir seniors :
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal.
Ons eerste sessie het Dinsdag 14 Januarie 2025 begin.
Nuwe lede is baie welkom.
Kontakpersoon:
Piet Snyman – 082 297 3476.
Ds Charné Viljoen is vanaf 18 Januarie 2025 vir 4 maande met kraamverlof. Ons bid vir haar, Ruan en Emma baie seën en vreugde toe met die koms van hul babaseun, Sion.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 19, asook die antwoorde vir nommer 17 & 18, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Bedieninge
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
◦ Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 15 & 29 Januarie, 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
• Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
• Hulp met inkopies.
• Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
• Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Kazakstan
In Kazakstan is dit onwettig om die Goeie Nuus openlik te verkondig. Dit is waarom FEBA Kazakstan versigtig moet wees om Jesus nie by name te noem in hul aanlynuitsendings of op sosiale media nie. Ten spyte van hierdie beperking bereik FEBA Kazakstan duisende mense deur moeite te doen wanneer iemand hulle privaat kontak. Op hierdie manier het sommige van hul kwaaiste teenstanders al in hul vurigste ondersteuners en mede-sendelinge verander!
Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA Kazakstan sal lei in hul hantering van amptelike en kulturele teenstand teen die evangelie.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
19 Januarie 2025
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 19 Januarie 2025.
2. Getuienisbediening:
a) Die weeklikse Sendingnuus van Lynette uit Madagaskar met die tema:
Dikeledi – ‘Tears’ is beskikbaar.
b) Voorbidding word gevra vir Michelle se dogter Mari-Alena.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wanneer om te luister?”.
4. Gemeentenuus:
a) Gebedsgids vir Januarie 2025 is beskikbaar.
b) Die Jaarprogram/Kalender is op die webtuiste.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



