Afkondigings 12 – 19 Januarie 2025

Sondag 12 Januarie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Kol 3:7-17 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Trek reg aan!
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Januarie nie.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.

Rek en strek oefeninge vir seniors :

Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal.
Ons eerste sessie begin Dinsdag 14 Januarie 2025. Nuwe lede is baie welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman – 082 297 3476.

Woensdag 15 Januarie 2025 :

  • Skole open.

Sondag 19 Januarie 2025 :

  • Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Januarie nie.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Kategese :

Kategese begin weer vanaf 19 Januarie 2025 om 09:00. Ouers moet asseblief ’n registrasievorm kom voltooi by die kerksaal.

Indien dit op u hart gelê word om betrokke te raak as mentor by ons kategese kan u die kerkkantoor kontak vir meer besonderhede

Almanakke 2025

Die almanakke vir 2025 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan dit asseblief gedurende kantoorure kom afhaal.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Januarie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 19, asook die antwoorde vir nommer 17 & 18, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Sterftes 2025:

2 Januarie – Rina de Beer: Wyk 14
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

Bedieninge

Kategese :

Kategese begin weer vanaf 19 Januarie 2025om 09:00. Ouers moet asseblief ’n registrasievorm kom voltooi by die kerksaal.

Indien dit op u hart gelê word om betrokke te raak as mentor by ons kategese kan u die kerkkantoor kontak vir meer besonderhede.

Blokbyeenkomste :

Ons blokbyeenkomste begin weer vanaf Woensdag 29 Januarie 2025 om 18:00 (indien anders aangedui). Ons versoek graag die kerkraadslede/dienswerkers van die onderskeie blokke om die Woensdag voor die hul blok se byeenkoms, asseblief die kerkkantoor te laat weet by watter adres in hulle blok die byeenkoms sal plaasvind sodat dit betyds in die afkondigings geplaas kan word.

*Die blokbyeenkoms van 22 Januarie (soos aangedui op die kerkkalender) skuif na ’n latere datum wat later bekendgemaak sal word.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Bloedskenk-geleentheid :

DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!

Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 23 Januarie 2025 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Christo Smith – 083 447 9891.

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 15 & 29 Januarie, 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Japan

Toegang tot die Goeie Nuus is ‘n voorreg wat baie mense ontneem word. Ten spyte van godsdiensvryheid en vrye toegang tot inligting het miljoene Japannese die evangelie nog nie ‘n enkele keer gehoor nie. Tog is daar ‘n groot behoefte aan God se liefde en genade in Japan, waar meer en meer mense aan geestesteurings ly en baie hul uit die samelewing onttrek om alleen in ‘n kamer te bly.

Ons gebed vir die week:Bid dat God FEBA Japan die wysheid en krag sal gee om elke geleentheid vir evangelisasie te benut.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

12 Januarie 2025

  1. Erediensbediening:
  2. Skakel na die YouTube Erediens van 12 Januarie 2025.
  3. Getuienisbediening:
    Daar is ‘n nuusbrief van Timon Berrington (YWAM).
    Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
  4. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Vertoonvenster van God se Almag”.
  5. Gemeentenuus:
    a) Gebedsgids vir Januarie 2025 is beskikbaar.
    b) Bybelraai en woordsoek No.19 is beskikbaar.
  6. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:

FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314