Nadia Marais: Geseënd is die geborenes

Nadia Marais_ Geseënd is die geborenes - Kerkbode

Dit was Vrouedag en dit is Vrouemaand. Soms wonder ek waarom ons vrouens gelukwens daarmee – veral gegewe dat hierdie publieke vakansiedag ’n herdenking is van die 1956-vroueprotes teen apartheidswetgewing, en daarmee vanuit ’n baie spesifieke geskiedenis gebore is. Is gelukwensing ’n herinnering daaraan dat vrouens waardeer (moet) word? Is dit ’n uitnodiging om opnuut na te dink oor wat dit beteken om ’n vrou te wees vandag? Is dit nodig om vrouens spesiaal of gekoester of belangrik te laat voel?

Lees die volledige berig hieronder in die Kerkbode

https://kerkbode.christians.co.za/2025/08/21/nadia-marais-geseend-is-die-geborenes

Lees die Volledige kerkbode hier:

KerkBode 29 Augustus 2025

Dr. Nadia Marais – ’n Bonhoeffer-oomblik?

Dr. Nadia Marais Bonhoeffer

Die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer (1906-1945), bekend vir sy verset teen die Nazi-regime van sy tyd, sou byna presies 80 jaar gelede – op 9 April 1945 – in Flössenburg gehang word vir sy rol in ’n komplot teen Adolf Hitler se lewe in 1944. Bonhoeffer se lewe, dood en teologie sou natuurlik ’n belangrike rol speel in Suid-Afrika, sowel voor as na 1994: binne die kerklike stryd teen apartheid voor 1994 en ook in gesprekke oor versoening na 1994.

Maar hóé behoort ons ons vandag op Bonhoeffer te beroep? Hoe gedenk ons sy dood – en lewe? Watter aansprake op Bonhoeffer sou legitiem wees – en watter bloot opportunisties, met geen ware belangstelling in sy teologiese en etiese bydraes nie? Aan wie behoort Bonhoeffer?

Lees meer “Dr. Nadia Marais – ’n Bonhoeffer-oomblik?”