Mari-Alena Potgieter is Dinsdagaand (23 September) kom haal

Mari-Alena Potgieter 24

Die 24-jarige Mari-Alena Potgieter is Dinsdagaand (23 September) oorlede nadat sy ’n moedige stryd teen ’n aggresiewe maagkanker die afgelope 10 maande geveg het.

Mari-Alena se ma, die bekende Oekraïense sendeling Michele Potgieter (53) is hartgebroke na die afsterwe van haar enigste dogter en “beste vriendin”. Maar getuig dat God haar ook hierdeur sal dra. Mari-Alena se pa Ockert is ook in 2021 ná komplikasies van Covid-19 oorlede.

“Die Here het Mari-Alena…
Lees die volledige berig in Lig Tydskrif

U kan ook meer lees op Facebook

https://web.facebook.com/michele.potgieter

https://web.facebook.com/share/v/14TBSzSRqh8

Sendingnuus Oekraïne Augustus 2025

Mari-Alena Potgieter 24

Liewe vriende en familie

Baie dankie dat julle bid. Dankie vir elke boodskap en dankie vir julle ondersteuning en liefde. 

Prys die Here vir Sy goedheid, liefde en vir Sy guns. Hy is altyd goed en getrou. 

Mari-Alena was verlede week vir ‘n PET scan, biopsie en gastroskopie. Die uitslae het gekom en die dokter se woorde was, dat hy so jammer is, maar die kanker is steeds aktief en het ook in die maagwand in gevreet. Hulle het reeds alles gedoen wat hulle kon. Die CAR-T sell terapie in Israel het nie die verwagte uitkoms gegee nie. Ons het weer gevoel asof ons in ‘n doodloop straat is. Ons hou net aan die Here vas. Hy is ons hoop! 

Ons het ‘n afspraak gehad by Haemolife, ‘n hospitaal wat spesialiseer in hematologie wat ons ‘n paar maande gelede gemaak het. Hulle is baie vol. Ons het die dokter gister gesien. Hy het reeds al Mari-Alena se verslae gehad en ook met die dokters in Israel gepraat. Hulle kan die volgende ondersteunende behandeling gee wat die week eers in Suid-Afrka bekend gestel word!! Prys die Here! Sy gaan Glofitamab en Polatuzumab behandeling ontvang. 

Glofitamab en Polatuzumab werk saam om Mari-Alena se immuunstelsel te help om die kanker aan te val en die kankerselle direk dood te maak.

  • Glofitamab trek haar eie T-selle (immuniteit) reg teen die limfoom-selle vas sodat die T-selle dit kan vernietig.
  • Polatuzumab heg aan die kankerselle en lewer ’n sterk dosis chemoterapie direk binne-in die sel om dit van binne af dood te maak.

Saam gee dit ’n dubbele aanval – die immuunstelsel én ’n teiken-gebaseerde chemo werk tegelyk.

Mari-Alena is vandag in die hospitaal opgeneem en is op die oomblik besig met behandeling. Prys die Here! Bid asseblief saam vir verdere behandeling. Sy gaan 6 rondtes van behandeling nodig hê, wat menslik onmoontlik is vir ons om te bekostig, maar die Here was nog altyd getrou. Ons loop op die water en hou ons oë op Jesus. Bid asseblief saam met ons. Alles is in Sy hande! Hoe ver sal mens gaan vir jou kind se lewe? Ek voel soos die weduwee wat die Koning aanhou vra en vra en nie kan opgee nie. Wanneer haar maag weer swel en sy weer in soveel pyn is, doen mens alles wat jy kan. Haar mediese fonds tree eers in Desember in werking. Nadat al vier haar broers getoets is vir moontlike beenmurg donateurs, het die toetse gewys dat Benjamin ‘n perfekte kandidaat is! Hy sal moontlik van Amerika moet kom, om die skenking te doen. 

In Oekraïne gaan dit goed en elke bediening steeds voort en die leiers volhard in hul bediening. Ek prys die Here vir die span wat Hy deur die jare opgerig het. 

Soveel nuwe jongmense het begin om die jeug aande by te woon na Masada kamp. Raduga kleuterskool het ‘n nuwe laag verf gekry vir die nuwe skooljaar wat 1 September begin. 

Ons gemeente het gehelp om drie vragmotors humanitêre hulp oor die grens te bring vir die dorp, die hospitaal en skole. Ons het dit onvang en was verantwoordelik om dit uit te deel.  Die hulp het van ons vriende uit Nederland gekom. Ons leiers en die  burgemeester het dae lank by die grens deurgebring om die vragmotors deur doane te kry, maar ons is baie dankbaar al drie het dit gamaak! Ons sentrum Gateway to Life wat hulp vir swanger mammas gee, en teen aborsie veg, het baie babaklere, doeke en baba waentjies gekry om weg te gee! Selfs Raduga het meubels gekry! Ons is so dankbaar! 

Die bouwerk aan die Nuwe Ark, ons hawe vir weeskindertjies en kinders wat geen heenkome het nie, gaan voort. Die vorige gebou is verkoop en ons het ‘n ander huis, nader aan Raduga aangekoop teen dieselfde prys. Die huis het gas, vir verhitting in die winter maande! Ons is besig om die kombuis en badkamer oor te bou. Soos die meeste ou huise is die binne mure met klei en hooi gebou. Daar is heelwat werk aan die huis, maar die bouspan het reeds begin werk. 

Bid asseblief steeds dat die oorlog sal eindig. Al sien ons dit nie meer op die nuus nie, sterf daar elke dag mense in woonstelblokke. Gewone mense soos ek en jy. 

Ons waardeer julle so baie. Dankie dat julle die pad saam met ons stap.

Groete en liefde

Michele Potgieter

Projekte rekening:

Standardbank,

Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),

rekeningnommer 014330067 

in die naam Nuwe Dag

Vir persoonlike bydraes:

Capitec

MRS M POTGIETER

Savings Account Number: 1554335599

Branch: 470010

 SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)

 International Sort/Routing/Clearing Code: 470010

Account number/IBAN: 1554335599

Mari-Alena:

Account Name: Marialena Behandeling en Nasorg

Account Number: 2333274073

Bank: Capitec (Savings)