Stof tot nadenke: Goed en sleg

Maar vaste kos is vir volwassenes, vir hulle wat oor die aanvoeling beskik, deur gewoonte geoefen, om te kan onderskei tussen goed en kwaad.

Heb. 5: 1420

Hoe hanteer ons goed en sleg?

Almal van ons het al goed en sleg beleef. Sommiges het baie goeie dinge beleef en ander het ‘n oormaat slegte dinge beleef. Hoe hanteer ons hierdie dinge wat oor ons pad kom? Hoe leef ons saam met wat al met ons gebeur het, hetsy of dit goed, of sleg was? Hoeveel keer was elkeen van ons die rede vir goeie of slegte dinge wat met ander gebeur het? Wanneer dit met ons goed gaan dink ons dikwels dit is ons eie verdienste. Wanneer dit sleg gaan soek ons altyd iemand anders om te beskuldig, en so dikwels word die beskuldigde vinger na God gewys! Hoe dwaas kan ons as mens tog wees?

Wat gee ons insig oor goed en sleg?

Die Woord gee ons duidelike aanduidings. Wanneer ons God aanvaar as ons Leidsman en Vader, en die Verlossing deur Jesus Christus ons eie maak, dan leer die Heilige Gees ons wat reg en goed of wat sleg en kwaad is in hierdie lewe. Dis wanneer ons harte afwyk dat ons tot niet sal gaan en ons oorgee aan die kwaad.

Die aanhaling van Aleksander Solzjenitsin: ‘Geleidelik het dit tot my deurgedring dat die grense wat goed en kwaad van mekaar skei nie deur lande loop of deur klasse nie – ook nie deur politieke partye nie – maar regdeur die menslike hart; deur alle menseharte.’, beskryf dit goed. Dit is dus binne in ons, wat ons toelaat dat daar goed en sleg om ons plaasvind. Ons moet vas glo in die Drie-enige God, want dan sal ons nie beskaamd staan nie. Dan sal ons onderskeid kan maak tussen goed en kwaad soos in Hebreërs genoem word.

Teksverse:

Kyk, vandag hou ek aan jou die lewe en wat goed is, die dood en wat sleg is, voor. Wat ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, deur sy paaie te volg en sy gebooie, sy vaste voorskrifte en sy beslissings na te kom; dan sal jy leef en vermeerder, en sal die Here jou God jou seën in die land waarheen jy oppad is om dit in besit te neem. Maar as jou hart afwyk en jy nie luister nie, jou laat verlei en in aanbidding buig voor ander gode en hulle dien, dan maak ek vandag aan julle bekend dat julle beslis tot niet sal gaan.” (Deut. 30: 15-1820);
Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie. ” (Rom. 10: 1120)

Oorwinning

Laat ons die oorwinning behaal deur die goeie in dankbaarheid te aanvaar. Maar ons moet ook besef dat die slegte wat tot teleurstelling in alles om ons lei, ons kan sterk maak deurdat ons as Christene ‘n vaste fondament het, en ons vrede kan maak met dit wat vir ons teëspoed gebring het in hierdie lewe. Die aanhaling van John C Maxwell: ‘Sommige van die lewe se grootste deugde, soos geloof, geduld, volharding en hoop kom net met teleurstellings’ en die aanhaling van Seneca: ‘Geen teëspoed kan só erg wees dat die hart wat God ken, nie uiteindelik daarmee vrede kan maak nie.’ kan as aansporing dien om ons te laat besef dat ons nie alleen deur hierdie goeie en slegte omwentelinge stap nie.

Teksverse:

Elkeen wat na My toe kom en my woorde hoor en daarvolgens handel – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: Hy is soos ‘n man wat besig was om ‘n huis te bou. Hy het gespit en diep gegrawe, en die fondament op die rots gelê. Toe daar ‘n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit die huis nie laat ineenstort nie, omdat dit goed gebou was.” (Luk. 6: 47-4820)

Kragbron tydens goeie en slegte

Ons kan leef in die besef dat God ons kragbron is te alle tye, of dit nou goeie is of slegte ervarings. Laat ons nie vergeet waar ons krag vandaan kom nie, en laat ons geen struikelblok vir enigiemand anders wees nie, selfs nie ons vyande nie! Laat ons nie moeg word om goed te doen aan almal wat ons pad kruis nie! Laat ons aanhou om die wedloop te hardloop, sodat ons die oorwinning deur die genade van die Verlossing deur Jesus Christus as prys kan behaal.

Teksverse:

Laat hulle wat op U wag nie deur my toedoen beskaamd staan nie, HERE my Heer, Heerser oor alle magte. Laat hulle wat U soek nie deur my toedoen verneder word nie, o God van Israel.” (Ps. 69: 720);
Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan diegene wat julle haat.” (Luk. 6: 2720);
Julle het goed gehardloop. Wie het julle verhinder om aan die waarheid gehoorsaam te bly?” (Gal. 5: 720);
“Maar julle, broers, julle moenie moeg word om goed te doen nie.” (2 Thes. 3: 1320)

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Januarie 2026

Dagstukkies April

18 Januarie

Liewe …

Mag jy vandag tevrede wees met wat jy het! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Kies eerste vir vrede en geluk in jou lewe

Teks vir vandag: “Eerder met min klaarkom en gelukkig wees, as om oorvloed te hê en heeltyd te baklei.” Spr. 17:1 (Die Boodskap)

  • Ware rykdom word nie gemeet in wat jy het nie, maar in die vrede en liefde wat in jou huis en plek heers.
  • God maak ‘n huis en plek gelukkig waar daar eenheid en vrede is, – al is daar min materiële besittings.
  • Moenie deur jou gejaag na meer geld, status en aansien jou verhoudinge met mense, veral jou gesin en familie, laat skade kry nie.
  • Wees vandag dankbaar vir wat jy het. Werk daaraan om vrede in jou plek te bevorder.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag tevrede te wees met wat ek het en om vrede en harmonie in my huis en plek te koester.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 4+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

18 Januarie 2026: Ontvangs en Bevestiging 09:00 Ds. Leon Cronje
Dinsdag 20 Januarie 2026: Rek en strek oefEninge vir seniors
Woensdag 21 Januarie 2026 : Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 1
Sondag 25 Januarie 2026 : Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen
28 Januarie 2026: Kooroefening
28 Januarie 2026 Wolwedans Boodskap Sop en Brood

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 18-25 Januarie 2026

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Januarie 2026

Dagstukkies April

17 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag jou planne aan God toevertrou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Beplan in geloof

Teks vir vandag: ‘n Mens maak baie planne, maar die Here besluit of dit suksesvol sal wees of nie… Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.” Spr. 16:1, 9 (Die Boodskap) lees ook Spreuke 19:21; 21:1

  • Dit is reg om te beplan en jou beste doen, maar bly afhanklik van God vir die finale uitkoms.
  • Jou planne moet altyd onderworpe wees aan God se wil – Hy sien die groter prentjie.
  • Wanneer dinge nie loop soos jy beplan het nie, vertrou dat God besig is met iets beters. Wag dan eers.
  • Begin vandag deur jou planne in gebed aan God voor te lê en Sy leiding te vra. Stap agter Hom aan. Doen Sy wil.
  • Moet jou nie aan mense steur nie. God bepaal wat gebeur. Wees rustig, tevrede en gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, ek lê vandag al my planne in U hande en vertrou dat U sal besluit wat die beste vir my is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Januarie 2026

Dagstukkies April

16 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag selfbeheersing oefen! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Selfbeheersing getuig van innerlike krag

Teks vir vandag: ‘n Sagte antwoord laat die woede bedaar. Skerp woorde maak mense woedend. ‘n Gelowige se woorde getuig van kennis… Wie sy humeur kan beteuel, is sterker as die sterkste mens. Wie sy drange en emosies kan beheer, is magtiger as baie magtiges” Spr. 15:1; 16:32 (Die Boodskap)

  • Mense sal jou seermaak, ander kan jou by die werk onder druk plaas. Ja, spanning en konflik kan jou onwaardig laat optree.
  • Selfbeheersing is ‘n vrug van die Heilige Gees (Gal. 5:22) – vra Hom om jou vandag te help om kalm te bly.
  • ‘n Sagte antwoord het die krag om konflik te ontlont, vrede en rus te bring. Dit kan jou in beheer van die situasie plaas.
  • Beheer jou tong wanneer jy kwaad is, al is dit bitter moeilik om te doen (Jak 3:5-6).
  • Byt jou tong vas voordat jy praat as jy kwaad is. Dink eers en tel jou woorde.
  • Wees vandag doelbewus om rustig te reageer, al voel jy baie anders. Leef in vrede en wees gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag die krag om myself te beheer en met sagtheid te reageer, selfs wanneer ander my provokeer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 Januarie 2026

Dagstukkies April

15 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag wysheid gebruik om te bou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Behou jou goeie reputasie en integriteit

Teks vir vandag: ‘n Mooi lewe kan deur dom optrede vernietig word. Dit is soos Wysheid wat ‘n mooi huis met moeite bou. Dan kom dwaasheid en breek dit af.” Spr. 14:1 (Die Boodskap)

  • Moenie met jou toekoms speel nie!!!
  • Jou integriteit, reputasie, verhoudings en getuienis is kosbaar – dit kan deur een dom besluit en optrede op die spel geplaas word.
  • Dit neem lank om vertroue en ‘n goeie naam te bou, maar net sekondes om dit te vernietig.
  • Wees ekstra versigtig om niks te doen wat kan afbreek maak aan wat God besig is om in jou lewe te bou nie.
  • God wil hê jy moet ‘n goeie naam opbou wat vas bly staan – gebruik daarom Sy wysheid in elke besluit.
  • Bou jou toekoms op tot iets wat mooi, goed en positief is.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag wys te leef en te beskerm wat U in my lewe besig is om te bou.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 Januarie 2026

Dagstukkies April

14 Januarie

Liewe vriend

Mag jou woorde vandag ander opbou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Spreek lewe en wees positief

Teks vir vandag: ‘n Gelowige se woorde kan vir ander mense baie beteken. Hy trek self ook voordeel daaruit. Slegte mense kan nie genoeg van geweld kry nie.” Spr. 13:2 (Die Boodskap)

  • Jou woorde het die krag om lewe of dood te bring – kies vandag om met jou woorde lewe te skenk (Deut. 30:19).
  • Kies lewe deur jou woorde, dan sal jy en jou nageslag gelukkig wees en voluit leef (Deut. 30:19).
  • Wanneer jy ander bemoedig en opbou, ontvang jy self ook die geluk, vrede en vreugde van positiewe verhoudings.
  • Fokus vandag spesifiek op ten minste drie mense wat jy met jou woorde kan opbou en bemoedig.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag my woorde met wysheid te gebruik sodat dit ander kan opbou en U Naam kan verheerlik.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 13 Januarie 2026

Dagstukkies April

13 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag oop wees vir God se onderrig! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Wees leerbaar

Teks vir vandag: “Wie die lesse van die lewe ernstig opneem, is slim. Wie uit sy foute leer, leer die kuns van die lewe ken. Wie na geen raad luister nie, is dom.” Spr. 12:1 (Die Boodskap)

  • God gebruik jou lewenservaring (waarvan jou foute deel van is) om jou te leer en te vorm – leer daaruit.
  • Jy is leerbaar wanneer jy raad en advies ontvang en dit is ‘n teken van wysheid, nie van swakheid nie.
  • Mense wat dink hulle weet alles, is “halsstarrig” en bly vasgevang in hulle eie blindekolle en beperkinge.
  • Maak vandag ‘n keuse om oop te wees vir regstellings, advies en raad van ander wat wys is.
  • Dank God die Heilige Gees dat Hy die God van alle wysheid is. Ontvang Sy lesse en leef gelukkig!

Gebed

Liewe Vader, maak my vandag nederig genoeg om uit my foute te leer en oop genoeg om na goeie raad te luister.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus – Madagaskar” The week 4 January 2026

Madagaskar Jan 2026 NGK Groot-Brakrivier

There was a theme running through the various New Year’s messages which we had received. Philippians 3:13-14, where the Apostle Paul writes, “Brothers, I do not consider myself yet to have taken hold of it. But one thing I do: forgetting what is behind and straining toward what is ahead, I press on toward the goal to win the prize for which God has called me heavenward in Christ Jesus.” Dries and I agreed that we need to ‘take the new year by the horns’ so to speak and focus on what God wants to do this year. In other words, by God’s grace and guidance we are ready to take on this year’s challenges.

Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar” The week 4 January 2026″

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 12 Januarie 2026

Dagstukkies April

12 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag eerlik wees in al jou transaksies! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Eerlikheid is deel van God se besigheid

Teks vir vandag: “Dit walg die Here wanneer besigheidsmense oneerlik is, wanneer produkte swak en pryse buitensporig is. Eerlike transaksies maak Hom gelukkig.” Spr. 11:1 (Die Boodskap)

  • God is nie net betrokke by jou geestelike lewe nie – Hy gee ook om hoe jy in die sakewêreld optree.
  • Om kwaliteit produkte teen regverdige pryse te verkoop is ‘n vorm van aanbidding aan God.
  • Jou integriteit in besigheid is ‘n getuienis vir ander van God se karakter.
  • Wees vandag ekstra versigtig om in elke transaksie volkome eerlik en deursigtig te wees.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag in al my besigheidstransaksies eerlik te wees sodat my integriteit vir U ‘n bron van vreugde sal wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 Januarie 2026

Dagstukkies April

11 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag integriteit in al jou sake beoefen! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Hanteer jou geld eerlik en verantwoordelik

Teks vir vandag: “Geld wat oneerlik verkry is, bring net verdriet. Eerlike optrede maak mens gelukkig.” Spr. 10:2 (Die Boodskap)

  • Oneerlike wins kom met ‘n prys – jou gemoedsrus, jou getuienis en uiteindelik jou vreugde gaan verlore.
  • God sien alles wat jy doen en Hy seën eerlikheid, nie kortpaaie of slim planne nie.
  • Eerlike geld maak jou huis en huismense gelukkig. Dit gee en vrede en rustigheid in jou hart.
  • Kies vandag vir integriteit, al lyk dit asof jy ‘n kans misloop – God se seën is meer werd as enige oneerlike wins.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag in al my sake eerlik en opreg te wees sodat U seën en vrede op my lewe kan rus.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Lief en Leed Week 3 van 2026

Lief en Leed

Dit met leedwese dat ons kennis neem van die afster van:
Sterftes 2025/2026:

23 Desember 2025 – Piérre Theron – Blok 17 (Pienaarstrand)

1 Januarie 2026 – Sanita van Rensburg – Blok 08 (Groenkloof)

1 Januarie 2026 – Niclas Potgieter – Blok 09 (Agter Polisiestasie)

4 Januarie 2026 – Pierre Jordaan – Blok 23 (Groenkloof Reebok)

Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende. Ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 2 van 2026 NGK Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 2 van 2026 NGK Groot-Brakrivier

Afkondigings 11-18 Januarie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 11 Januarie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 1:23 & 28:16-20.
  • Die tema van die prediking is: Die Nuwejaars-waarborg.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.

Woensdag 14 Januarie 2026 :

Lees meer “Afkondigings 11-18 Januarie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 Januarie 2026

Dagstukkies April

10 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag wysheid hê in hoe jy antwoord! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Wees versigtig hoe jy praat en antwoord.

Teks vir vandag: “Dink mooi hoe jy iemand wat met God spot, moet antwoord.  Hy kan jou begin haat, en jou groot skade aandoen.” Spr. 9:7 (Die Boodskap)

  • Nie alle mense is gereed om God se waarheid te hoor nie – bid vir wysheid om te weet wanneer om te praat.
  • Spotters is mense wat God se manier van leef en hoe Hy ons deur Jesus gered het, bespot en verwerp – hulle kan gevaarlik wees vir jou geestelike welstand.
  • God gee jou onderskeidingsvermoë om te weet met wie jy God se dieper waarhede kan deel.
  • Wees nederig genoeg om te erken dat jy nie almal kan oortuig nie – los ruimte vir die Heilige Gees om te werk.
  • Antwoord ongelowige mense versigtig en met wysheid, sodat jy hulle vir Christus kan wen.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag wysheid om te weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly, en beskerm my teen mense wat my wil seermaak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 Januarie 2026

Dagstukkies April

9 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag vir ander ‘n getuienis van God se goedheid wees! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Word ‘n sigbare getuie van genade

Teks vir vandag: “Iemand wat reg leef, is ‘n getuienis. Om reg te leef is soos ‘n goeie vrou. Waar sy gaan, sien mense hoe goed en mooi sy is.” Spr. 8:1 (Die Boodskap)

  • Jou lewensstyl is die sterkste en kragtigste preek wat jy ooit kan gee – mense kyk na hoe jy leef.
  • Om reg te leef beteken om God se karakter in jou daaglikse besluite en optrede uit te leef.
  • Jou integriteit en eerlikheid trek ander mense na God toe.
  • Wees vandag bewus daarvan dat jy vir ander ‘n voorbeeld is van hoe ‘n kind van God leef.

Gebed

Liewe Vader, maak my vandag ‘n getuienis van U goedheid sodat ander mense deur my lewe na U toe getrek sal word.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.