Mildelik vir die Gideons

Op 8 Oktober het ons insameling by die gemeente se deure vir die Gideons. Hulle voorsien Nuwe Testamente aan mense wat daagliks hul pad kruis, asook aan jongmense. Menige van ons, wat bevoorreg was om te reis in Suid Afrika, het ook op verskeie plekke ‘n Gideons bybeltjie raakgeloop.

Die Gideons versprei Bybels en Nuwe Testamente aan Graad 8 leerders, studente by universiteite en kolleges, polisielede, lede van die gewapende magte, gevangenisse, hotelle, gastehuise, spreekkamers en prokureurs-kantore, swangerskap-sentrums, klinieke, sowel as ouetehuise met ʼn kliniek. Daar is meer as 44 miljoen Bybels en Nuwe Testamente sedert die totstandkoming van Die Gideons Internasionaal in Suid Afrika in 1950 uitgeplaas.

Laat ons hulle net so mildelik ondersteun, as wat hulle mildelik die Woord van God versprei.

Word ‘n Gideon: https://gideons.co.za/afr/become-a-gideon/