1 Januarie
Liewe vriend
Welkom by ‘n nuwe jaar vol van God se beloftes! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Maak sy Woord jou eie
God wil hê jy moet hierdie jaar wys leef deur Sy Woord jou eie te maak. Hy wil hê dat jy iemand van insig sal wees – dit gaan jou help hoe om reg te leef en werklik gelukkig te wees.
Teks vir vandag:“Al die Spreuke moet jy jou eie maak. Dit is bedoel om mense wys en gelukkig te maak… dit wil jou die kuns van die lewe aanleer…” Spr. 1:2-3 (Die Boodskap)
- Maak God se Woord elke dag jou eie deur dit te lees en daaroor te dink
- Wysheid is meer as net kennis – dit is ook praktiese insig in hoe en wat jy in sekere situasies moet doen.
- Dit leer jou hoe om prakties reg te leef
- God se wysheid bring werklike geluk en vrede in jou lewe
- Die “kuns van die lewe” is om elke dag volgens God se beginsels te leef
Gebed
Liewe Vader, help my om hierdie jaar U Woord my eie te maak sodat ek wys kan leef en werklik gelukkig kan wees in alles wat ek doen.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


