Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 11

VISIO DIVINA #11

Deel 1

Die een kunswerk (links) ken ons goed – dit is Salvador Dali se “Die Christus van Johannes van die Kruis”. Johannes van die Kruis was ‘n priester wat in die 16de eeu geleef het. Die skets aan die regterkant (van Jesus – wat reeds gesterf het) is juis deur Johannes van die Kruis gemaak.

Geen mens kon Jesus se sterwensoomblik “van bo-af” aanskou nie. Sleg God kon. Sien jy ook die reuse spykers in Jesus se hande ingeslaan op die regter skets en die oopgesperde hande van Jesus. Asof Hy biddend pleit! Wat het deur die Hemelvader se hart gegaan toe Jesus uitroep, “My God, my God, waarom het U my verlaat” (Matt 26:46)?

Deel 2

TEKSVERS:

Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra. Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie” (Psalm 19:2-3).

Kyk net eers weer na die foto: Dit was Johannes van die Kruis wat Salvador Dali geïnspireer het om sy eie weergawe te skilder. Sou ‘n mens ‘n lyn van elke kruisbalk na Jesus se voete trek sou dit ‘n perfekte driehoek vorm. Die driehoek is simbolies van die drie-enige God. Asof Dali wil sê, beide die Vader en die Gees is saam by Jesus aan die kruis.

Dali se fokus val ook op Jesus, maar Jesus is opgelig, ver bokant die wolke. En daar, ver onder, is die visserskuite. Die bootjie is juis ook die simbool vir die Kerk. (Sien #10).

Hierdie twee kunswerke laat my wonder, wat sou God vandag raaksien? Psalm 19 herinner ons so duidelik aan wie en hoe ons is. Tog herinner beide Johannes van die Kruis en Salvador Dali dat God nie na ons kan kyk, sonder om nie eers vir Christus raak te sien nie. Jesus Christus raak die filter waardeur God kyk. Soos onns Jesus nodig het om God te kan raaksien, so word Christus weer die bril waardeur God na ons kyk. Omdat ons nou “in Christus” leef (Gal 2:19-20) is dit hoe God na ons kyk: IN Christus. Dit is genade.

GEBED:

Drie-Enige God, dankie dat U my “in Christus” sien en nie soos ek is nie.


Celtic Worship” : “In Christ Alone.”

Op Dag 11 van ons Lydenstydreeks ”VisioDivina” luister ons na die groep, “Celtic Worship” se weergawe van “In Christ Alone.”

Uit die lirieke:

In Christ alone my hope is found,
He is my light, my strength, my song;
This Cornerstone, this solid Ground,
Firm through the fiercest drought and storm.
What heights of love, what depths of peace,
When fears are stilled, when strivings cease!
My Comforter, my All in All,
Here in the love of Christ I stand.

Bannier-van-NG-Weltevreden1

Ontwerp en saamgestel vir NG Kerk Weltevreden

As hierdie reeks jou bemoedig (én jy kan dit bekostig), wil jy nie oorweeg om my finansieel te ondersteun nie? 
STANDARD BANK
Takkode:  051001
Rek No:  080042805
RM BEZUIDENHOUT
Kampstraat 13, Eurekapark, 
Groot-Brakrivier, 6525.