FEBA Radio – E-Gebedsgids Maart 2023

Maart 2023

“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”
– HEBREËRS 4:16 –

 
Woensdag 1 Maart: Drie jaar na die aanvang van die COVID-19 pandemie het Hongkong hul reisbeperkings gelig wat FEBA se werk baie vergemaklik. Bid dat mense se harte ontvanklik sal wees.

Donderdag 2 Maart: Bid asseblief dat FEBA Hongkong se personeel veilig sal reis en dat hul besoeke tot God se koninkrykswerk sal bydra.

Vrydag 3 Maart: Bid asseblief dat God sal aanhou om FEBA Hongkong se personeel te seën en dat elke uitsending duisende sal help om hul lewens aan die Here oor te gee.

Saterdag en Sondag 4-5 Maart: Twee jaar het verloop sedert China beheer geneem het oor Hongkong. In dié tyd is talle kerkleiers en -werkers in hegtenis geneem. Ons bid dat die Chinese regering hul vervolging sal staak.  Maandag 6 Maart: Bid asseblief vir elke program wat deur FEBA Indië uitgesaai word op sosiale media, veral vir die lewendige uitsendings op Instagram en YouTube.

Dinsdag 7 Maart: Bid asseblief dat daar herlewing in Indië sal kom en dat God die FEBA Indië personeel sal toerus om die gemeenskap te ondersteun in hul geestelike behoeftes.

Woensdag 8 Maart: Ons prys die Here vir elke geleentheid wat Hy voorsien vir FEBA Indië om die evangelie van Jesus Christus te deel.

Donderdag 9 Maart: Bid asseblief vir elke luisteraar van FEBA Indië, en dat hulleself die evangelie verder sal versprei. 

Vrydag 10 Maart: Bid asseblief dat God sal aanhou om die FEBA Indië span te inspireer met nuwe en innoverende idees om die evangelie te versprei.

Saterdag en Sondag 11-12 Maart: Kwaai kouefronte hang nog oor Noord-Indië. Bid asseblief dat God die haweloses, uitgeworpenes, en armes sal bewaar. Ons FEBA Indië span help waar hulle kan met die hulpbronne wat hulle tot hul beskikking het.  Maandag 13 Maart: FEBA Indonesië het ‘n vakante pos vir musiekregisseur. Bid asseblief dat die Here die regte persoon sal stuur, een met ‘n hart vir lofprysing en aanbidding.

Dinsdag 14 Maart: FEBA Indonesië se inhoud gaan op meer platforms beskikbaar gemaak word. Bid dat meer siele hierdeur vir die Koninkryk gewen sal word.

Woensdag 15 Maart: Ons prys God vir FEBA Indonesië se nuwe nasionale direkteur, Yoke Pribadi.

Donderdag 16 Maart: Bid asseblief vir God se seën en wysheid op FEBA Indonesië se nuwe nasionale direkteur, sodat hy die span suksesvol kan lei.

Vrydag 17 Maart: Bid asseblief vir die mense wat TikTok video’s vir FEBA Indonesië vervaardig, dat God hul kreatiwiteit en idees sal vermeerder.

Saterdag en Sondag 18-19 Maart: Bid asseblief dat God nuwe vennote sal stuur om te help met die befondsing van FEBA Indonesië se wonderlike werk.  Maandag 20 Maart: Pakistan lei onder erge ekonomiese en politieke onrus. Bid asseblief dat God vir Sy mense sal sorg in hierdie tyd, sodat die stygende inflasie min uitwerking op hulle sal hê.

Dinsdag 21 Maart: Bid asseblief dat die Here vrede sal bring in Pakistan en die land se onstabiele politieke klimaat sal kalmeer.

Woensdag 22 Maart: Ons prys God vir al die doelwitte wat in die afgelope jaar bereik is deur Sy leiding en FEBA Pakistan se uitstekende span.

Donderdag 23 Maart: Bid asseblief dat die Heilige Gees elke individuele luisteraar sal help om meer mense te bereik en om hul eie luisteraarklubs te stig sodat God se koninkryk verder uitbrei.

Vrydag 24 Maart: Hou aan bid vir die beskerming en leiding van FEBA Pakistan se personeel waar hulle regdeur die land reis, beraad en bedien.

Saterdag en Sondag 25-26 Maart: Bid asseblief vir die vierde en nuutste FEBA Pakistan FM-stasie, wat aan nuwe streke in die noorde van Pakistan gaan uitsaai. Mag elke uitsending tot seën wees vir dié wat dit hoor en mag dit ‘n menigte luisteraars na Christus toe lei.  Maandag 27 Maart: In dié onseker tye vra ons dat u bid vir elke stasie en sy personeel, regoor die wêreld, dat God hulle sal steun en versterk waar hulle die Goeie Nuus ten spyte van toenemende vervolging versprei.

Dinsdag 28 Maart: Bid asseblief vir die mense in Turkye en Sirië wat rou oor geliefdes wat dood is, en wat nou moet herbou na Februarie se verwoestende aardbewing.

Woensdag 29 Maart: Ons prys God vir die voortdurende uitbreiding van die bediening en dat Hy altyd getrou die regte mense stuur om die bediening nog meer vrugbaar te maak.
Donderdag 30 Maart: Bid asseblief vir Suid-Afrika wat lang tye van kragonderbrekings in die gesig staar. Dit het ‘n negatiewe effek op mense en hul bestaan. Baie besighede moes reeds toemaak en daar was al lewensverlies weens gebrek aan elektrisiteit.

Vrydag 31 Maart: Bid asseblief vir elke nuwe leier wat God binne FEBA en FEBC oprig. Bid dat God hul wysheid en leierskapvaardighede sal vermeerder. Mag hulle ‘n groot impak hê en help om herlewing te bring!    Maak ‘n donasie op ons webwerf