Margaret Rizza – “Take my hand.”

Margaret Rizza -Take My Life, Lord NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 25 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die komponis, Margaret Rizza – ‘n merkwaardige vrou. Sy is gebore in 1929, en het eers in 1997 begin komponeer en vandaar een van die bekendste komponiste van kerkmusiek geword. Vandag luister ons na haar komposisie, “Take my hand.” Ek plaas die volledige lirieke vir jou om te volg:

Lirieke / Lyrics

Take my hands, Lord, to share in Your labours
Take my eyes, Lord, to see Your needs
Let me hear the voice of lonely people
Let my love, Lord bring riches to the poor
Take my hands, Lord, to share in Your labours
Take my eyes, Lord, to see Your needs
Let me hear the voice of lonely people
Let my love, Lord bring riches to the poor
Give me someone to feed when I’m hungry
When I’m thirsty give water for their thirst
When I stand in need of tenderness
Give me someone to hold who longs for love
Give me someone to feed when I’m hungry
When I’m thirsty give water for their thirst
When I stand in need of tenderness
Give me someone to hold who longs for love
Keep my heart ever open to others
May my time, Lord, be spent with those in need
May I tend to those who need Your care
Take my life, Lord, and make it truly Yours
Keep my heart ever open to others
May my time, Lord, be spent with those in need
May I tend to those who need Your care
Take my life, Lord, and make it truly Yours

Pelgrimsgebed · Amanda Strydom · Janine Neethling

Amanda Strydom Janine Neethling - Pelgrimsgebed NG Kerk Groot-Brakrivier

Kerse Teen Die Donker ℗ 2024
Amanda Strydom under exclusive license to Next Music

Released on: 2008-01-01

Mastering Engineer: Marius Brouwer
Music Publisher: SAMRO

Josh Groban : “Thankful”

Josh Groban - Thankful Official HD Audio NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 24 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons ‘n pragtige koorverwerking van ‘n lied wat oorspronklik deur Josh Groban gesing is: “Thankful”.

Thankful – Josh Groban

Lirieke

Connect with Josh:
Facebook:   / joshgroban  
Twitter:   / joshgroban  
Website: http://www.joshgroban.com
Instagram:   / joshgroban  

“Thankful” Lyrics:

(Dean Pitchford, Richard Page, Tom Snow)

Here we are again;
I guess it must be fate
We’ve tried it on our own
But deep inside we’ve known
We’d be back to set things straight

I still remember when
Your kiss was so brand new
Every memory repeats
Every step I take retreats
Every Christmas always brings me back to you

So for tonight we pray for
What we know can be
And on this day we hope for
What we still can’t see
It’s up to us, to be the change
And even though we all can still do more
There’s so much to be thankful for

When love is truly right
It lives from year to year
It changes as it goes
And on the way it fears
Each of us most find our truth
It’s so long overdue

So for tonight we pray for
What we know can be
And everyday, we hope for
What we still can’t see
It’s up to us, to be the change
And even though we all can still do more
There’s so much to be thankful for

Even with our differences
There is a place we’re all connected
Each of us can find each other’s light

So for tonight, we pray for
What we know can be
And on this day, we hope for
What we still can’t see
It’s up to us, to be the change
And even though this world needs so much more
There’s so much to be thankful for

“Prophet” – “Huil maar nou”.

Huil Maar Nou Musiekvideo deur PROPHET

Op Dag 23 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die musiekduo, “Prophet” se eie komposisie, “Huil maar nou”.

Uit die lirieke,

“Hy sal jou in trane was.
Huil jou maar nou tot teen God vas.
Die rou, die seer, maak heling sag,
terwyl jy stukkend op Hom wag.”

Du bist gesegnet, ein Segen bist du” (Jy is geseën, ‘n seëning is jy) deur Helge Burggrabe

Du bist gesegnet, ein Segen bist du (You are blessed, a blessing you are) Music: Helge Burggrabe

Op Dag 22 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons “Du bist gesegnet, ein Segen bist du” (Jy is geseën, ‘n seëning is jy) deur Helge Burggrabe. Dit is so maklik om saam te sing, omdat dit ‘n enkelfrase lied is.

Melissa Dittrich David: Psalm 91

El Shaddai Melissa Dittich David NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 21 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die Kanadees, Melissa Dittrich David, se weergawe van Psalm 91.

Lirieke

“El Shaddai” from the album “Draw Me Close”
Purchase on iTunes
https://itunes.apple.com/us/album/dra…
or http://www.healingmelodies.com/shop

(c) 2017 Melissa Dittrich David, SOCAN/ASCAP

Lyrics:

He who dwells in the shelter of the Most High
Will rest in the shadow of the Almighty
He who dwells in the shelter of the Most High
Will rest in the shadow of El Shaddai

You will not fear the terror of night
Nor the arrow that flies by day
Nor the pestilence stalking in darkness
A thousand may fall at your side
Ten thousand at your right hand
But it will not come near you

If you make the Most High your dwelling
Even Adonai my refuge
No harm will befall your tent
He will command His angels
To guard you in all your ways
In their hands they will lift you up

You will tread on the lion
And trample the head of the serpent
You will not strike your foot on a stone
Because he loves me says Adonai
I will come to his rescue
He will call and I will save him

Take My Hand, Precious Lord – John Thomas.

Precious Lord Take my hand - New Century Hymnal 472 John Thomas NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 19 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n ou bekende Spiritual – “Take My Hand, Precious Lord” – soos uitgevoer deur die bariton, John Thomas.

Uit die lirieke:

When my way groweth drear
Precious Lord, linger near
When my light is almost gone
Hear my cry, hear my call
Hold my hand lest I fall
Take my hand, precious Lord
Lead me on

Oase Gemeente – Drie Eenheid

Oase Gemeente - Drie Eenheid NG Kerk Groot-Brakrivier

Op die derde Sondag van ons Reeks Visioe-Divina luister ons na Oase Gemeente – Drie-Eenheid.

Drie-Eenheid is ’n liedjie van die Ons Vader 3 album.

Jy kan die liedjie hier aflaai.

Apple Music & iTunes: http://tiny.cc/y9t8rz
Spotify: http://tiny.cc/vau8rz
Google Playstore: http://tiny.cc/vbu8rz
Youtube Music: http://tiny.cc/fdu8rz

Bly op hoogte van die nuutste Oase-musiek

Facebook:   / oasegemeente  
Instagram:   / oasegemeente  
Twitter:   / oasegemeente  
Webtuiste: https://oasegemeente.co.za

Drie-eenheid Woorde en musiek deur die Oase kreatiewespan

©️ 2017 Oase Gemeente

Video deur Thys Bruwer

Alle beeldmateriaal onderhewe aan die Creative Commons lisensie.

Sinfoglesia: “Gratia” (die Latynse woord vir genade)

Sinfoglesia: “Gratia” (die Latynse woord vir genade)

Op Dag 18 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n Duitse groep, “Sinfoglesia” se nuwe lied, “Gratia” (die Latynse woord vir genade)

“Nederland Zingt” “Genade, zo oneindig groot”

Nederland Zingt - Genade zo oneindig groot NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 17 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n “Nederland Zingt”-opname in Doesburg waar die gemeente “Genade, zo oneindig groot” sing.

Charles Popper, “We are not alone.” Die solis is Sandy McAuley

Charles Popper “We are not alone” Die solis is Sandy McAuley NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 16 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die pragtige lied van Charles Popper, “We are not alone.” Die solis is Sandy McAuley

U is die Lig wat in die donker skyn – Kaapse Filharmoniese orkes, o.l.v. Chad Hendriks.

Lied: U is die lig wat deur die donker skyn - Kaapse Filharmoniese orkes - Bybel Media

Op Dag 15 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na “U is die Lig wat in die donker skyn”; soos uitgevoer deur die massakoor en Kaapse Filharmoniese orkes, o.l.v. Chad Hendriks.

Marta en Maria:“Solo Committee”.

Peace be Still The Solo Committee NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 14 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n musikale verwerking van die verhaal van hierdie twee susters, Marta en Maria, soos gesing deur die groep “Solo Committee

Be still my soul, Isobel Cooper, “Izzy.”

BE STILL MY SOUL (SATB w_divisi A Cappella) - arr. Alan Troy Davis NG Kerk Groot-Brakrivier

As jy vandag dalk deur ‘n moeilike tyd gaan, dra ek hierdie musiek van Dag 13 in #VisioDivina aan jou op: “Be still my soul,” soos uitgevoer deur die Britse sopraan, Isobel Cooper, of beter bekend as “Izzy.”

Rina Hugo en “Hi-5”, “Wat ‘n vriend het ons in Jesus”

Rina Hugo en Hi-5 Wat ‘n vriend het ons in Jesus NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Sondag 2 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina, luister ons na die soet stem van Rina Hugo waar sy saam met die mannegroep, “Hi-5”, die bekende, “Wat ‘n vriend het ons in Jesus” sing.

“Celtic Worship” : “In Christ Alone.”

In Christ Alone Celtic Worship ft. Steph Macleod NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 11 van ons Lydenstydreeks ”VisioDivina” luister ons na die groep, “Celtic Worship” se weergawe van “In Christ Alone.”

Uit die lirieke:

In Christ alone my hope is found,
He is my light, my strength, my song;
This Cornerstone, this solid Ground,
Firm through the fiercest drought and storm.
What heights of love, what depths of peace,
When fears are stilled, when strivings cease!
My Comforter, my All in All,
Here in the love of Christ I stand.

Anastasia Gladilina : Kyrie Eleison (Here, vergewe) Анастасия Гладилина //Хор Сретенского Монастыря

Kyrie Eleison Анастасия Гладилина Хор Сретенского Монастыря NG Kerk Groot-Brakrivier

Op Dag 8 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die wonderskone stem van die 14-jarige Anastasia Gladilina. Sy was een van die finaliste in die Russiese weergawe van “The Voice Kids.” Hier sing sy saam met die “Sretensky Kloosterkoor” (wat reeds in 1397 gestig is) ‘n weergawe van die Kyrie Eleison (Here, vergewe).

Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 46

VISIO DIVINA #46

Deel 1

Gepas word hierdie ikoon die “Klaaglied” genoem. Theodosia Poulopos, ‘n tapiserieborduurder, het in 1599 op die bloedrooi lap die toneel met goue gare borduur. Dit beeld die begrafnisritueel uit van die vroue wat Jesus se liggaam vir die graf voorberei en salf. Volgens Lukas en Matteus was dit Josef van Arimatea wat voor die aanbreek van die Sabbat Sy liggaam van die kruis kon afhaal. Joh 19:31-34 vertel dat dit die gebruik was om die liggaam se bene te breek as die gekruisigde nog nie dood was nie, maar Jesus was toe reeds dood.

Hierdie is almal se klaaglied. Vir Maria was gesê dat ‘n swaard deur haar siel gesteek sal word (Luk 2:35) en met haar seun se kop op haar skoot weet sy dit. Petrus, die een wat gesê het, “ek ken Hom nie”, is die een wat by sy bene staan, gereed om die doek om Jesus te draai.

Deel 2

TEKSVERS:

En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting …” (Rom 8:23, 1953-vertaling).

Hoe ouer ek word, hoe meer worstel ek met pyn. Nie fisieke pyn nie. Dit ken ons almal baie goed! Maar dit is die emosionele pyn van die mensdom; die brutaliteit waarmee ons leef; die onnodige ellende waarin die mensdom gedompel word (of dit selfgemaak is deur oorloë, of deur natuurrampe of wat ook al) wat my so onrustig maak. Ek verlang na ‘n ander lewe! Ek sug! Ek sug!

Stil Saterdag is die dag van sug! Jy kan nie anders as jy om jou kyk nie. Die pyn is sigbaar, reg om jou; ook binne jou eie lewe. Dit is wat Visio Divina doen – nie net om die mooi raak te sien nie; maar ook die toestand van die wêreld waarvan ons deel is. Visio Divina dwing jou om eerlik te word, want eers as jy eerlik is oor jou eie aandeel in die gebroke wêreld moet jy, soos ‘n Maria en ‘n Petrus, daardie klaaglied uit jou lyf uit sug. Dit is as gevolg van dáárdie gebrokenheid dat die Man daar gehang het. Dit is hoe hooploos voel! Jy moet dit raaksien.

Maar Sondag breek aan. Aan hooploosheid kom ‘n einde. Waarom? Die son kom op. Die duisternis kon nie die Lig verdryf nie. Daarvan is ons getuies!

GEBED:

Heilige Lig wat die duisternis uitdryf; dryf dit ook uit my om U lig te kan reflekteer.


Audrey Assad – “Abide with me” –

Op Dag 46 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na Audrey Assad se weergawe van die bekende “Abide with me” –

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun

Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 45

VISIO DIVINA #45

Deel 1

Kenners bevestig, daar is geen ander toneel wat meer deur kunstenaars uitgebeeld is as die kruisiging van Jesus nie. Om een te kies vir #VisioDivina is soos om ‘n enkele ster aan die hemelruim te kies en dan te motiveer waarom dit jou keuse is. My soektog het tot stilstand gekom by die 1922-penskets (en waterverf) van David Jones. Ek kon nie ophou kyk nie.

Ek weet dat daar baie indrukwekkender kunswerke oor hierdie toneel is. Maar sonder ‘n woord bring hierdie visuele beeld met sy enkele lyne, so eenvoudig en gestroop, ‘n roering in jou hart. “Heilige kyk” word “heilige hoor”.

Neem jou tyd en kyk net biddend na hierdie skets. Die uitgestrekte arms word ‘n weegskaal waarin die wêreld rus. Riviertjies bloed sypel afwaarts. Waarom teken die kunstenaar die oë so groot? Om wat te sien?

Deel 2

TEKSVERS:

Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here” (Rom 7:24-25).

Die Latyn weerskante van die Jesus-figuur van David Jones kom uit Jes 53:2, “Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.” Alles aan Jesus was onindrukwekkend: gebore in ‘n stal, ‘n ongeletterde seun van ‘n timmerman. Lukas 23 bevestig dit: Pilatus wil redeneer – Jesus reageer nie. Herodus wil ‘n wonderwerk sien – Jesus staan net. Die soldate kasty hom – Jesus ruk nie los nie. Dit is presies wat Jesaja voorspel: “Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie” (Jes 53:7). Die volk wou die Leeu van Juda hê! Daarom skreeu almal, “Kruisig Hom!”

Wees net eerlik – ons hou maar almal van indrukwekkende mense. Sukses beïndruk ons. Sterk leiers laat ons veilig voel. Wat sou óns skreeu as ons tussen die skare was? Hoe durf hierdie man beweer Hy is die Seun van God is. Die regte Messias sou nooit ‘n doringkroon dra nie! Die regte Messias moet die volk red! En hier hang hy aan ‘n kruis…

En terwyl ek aanhou kyk na die Latynse woorde van die kunswerk kom Paulus se woorde skielik by my op: “Ek ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos…

Dan verander die sogenaamde “man van geen aansien” aan daardie kruis in die “Skoonheid van God”: die bloed word wyn; die liggaam word brood.

GEBED:

Jesus Christus, ek kyk na U aan die kruis, en ek roep saam met Paulus uit, “Ek ellendige mens, wie sal my red?” Daar is net Een – U!


“Kyrie Eleison” deur “Chant of the Mystics”

Op Dag 45 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na ‘n buitengewone weergawe van die “Kyrie Eleison” deur “Chant of the Mystics”. Dit is musiek wat uiters gepas is om stil te sit en te onthou dat Jesus bid: “Vader, vergewe hulle.”

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

Kopiereg: Dr. R.M. Bezuidenhoudt
Hierdie reeks ‘Visio Divina‘ word deur Kopiereg beskerm.
Geen gedeelte van hierdie reeks mag gedupliseer of herversprei word sonder die eksplisiete goedkeuring van die outeur: Dr. R M Bezuidenhout nie.

Indien hierdie reeks u geïnspireer het kan u haar bediening finansieel ondersteun deur die volgende skakel te volg:
https://ronellbezuidenhout.co.za/steun