Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 Maart 2026

9 Maart

Liewe Vriend

Vandag bid ek vir jou. Ek bid dat jy die tweede, derde en vierde kanse wat die Here vir jou gee sal raaksien en aangryp. Hier is spesiale boodskap aan jou.

Tema: ‘n Tweede kans.

Teks: “Ek is lam van moedeloosheid. Wat gaan U doen, Here? Hoe lank gaan dit nog so aanhou? Help my, Here! Red my…!” (Ps. 6:4-5a – Die Boodskap)

  • Het jy al gevoel dat dit te laat is om oor te begin, dat jy te veel foute gemaak het? God gee tweede kanse!
  • Die Here sien jy is moedeloos – Hy is nie moeg vir jou nie. Hy gee nie op met jou nie.
  • Elke nuwe dag is ‘n tweede, ‘n derde of selfs ‘n vierde kans wat God gee om anders te kies en nuut te begin.
  • Gryp vandag die geleentheid wat God vir jou gee aan.
  • Dit is nooit te laat om te weer oor en nuut te begin nie – Jou nuwe lewe begin nou!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my elke keer weer ‘n nuwe kans gee. Help my om dit raak te sien en met dankbaarheid aan te gryp.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.