15 Februarie
Mag jou woorde vandag genesing bring! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Woorde wat genees
Teks vir vandag: “Iemand wat kalm oor woorde praat, se woorde maak heel. Vlymskerp woorde breek af.” Spr. 15:4 (Die Boodskap)
- Die dinge wat jy se, m.a.w. jou woorde moet die Here tevrede stel – Hy moet daarvan hou (Ps. 19:15).
- Jou woorde het die krag om mense emosioneel siek te maak, emosioneel gesond te maak, op te bou of af te breek.
- Sagmoedige, liefdevolle woorde kan stukkende en seer harte gesond maak en verhoudings herstel.
- Kies vandag om met jou woorde lewe, hoop en heling te bring, nie pyn, verlies of verdeeldheid nie.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag met my woorde ander te genees en op te bou, nie af te breek nie. In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


