14 Februarie
Liewe Vriend
Mag jy vandag deur God se Gees gelei word! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Gelei deur God se Gees
Teks vir vandag: ‘n Kletskous praat maklik sy mond verby. Sy woorde bring hom tot ‘n val. ‘n Wyse is versigtig met sy woorde. Dit hou hom uit die moeilikheid.” Spr. 14:3 (Die Boodskap) – lees ook Spr. 12:18; 13:3; 15:1; Jan 3:2, 5-6
- Die Heilige Gees lei jou om God se wil te doen – jy sal min probleme ervaar (Ps. 143:10).
- God se Gees lei jou om die regte dinge op die regte tyd te sê, te dink en te doen.
- Wanneer jy gehoorsaam aan die Heilige Gees is, beskerm Hy jou teen onverstandige keuses.
- Luister vandag na die stem van God se Gees en volg Sy leiding in alles wat jy doen.
Gebed
Liewe Vader, laat U Gees my vandag lei in alles wat ek sê, dink en doen sodat ek uit die moeilikheid kan bly.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


