Skep asem vir vandag: 28 Desember 2025

28 Desember

Ek bid so dat jy sal verstaan dat jy met respek teen ander moet optree. Leer uit die Bybel vandag.

Tema: Tree met respek teen die Here op

Teks: “Eli se seuns… het geen respek vir die Here gehad nie.” (1 Sam. 2:12 – Die Boodskap)

  • Eli se seuns was ongelowig en het sonder respek teenoor die Here en ander mense opgetree.
  • God is die Almagtige – Hy verdien respek. Mense verdien menswaardigheid.
  • Wanneer jy optree, doen dit uit respek vir God.
  • Jou gedrag weerspieël jou respek vir die Here.

Gebed

Liewe Vader, gee my genade om U altyd te respekteer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.