23 Desember
My wens en gebed is dat jy vandag vervul sal word met die blydskap wat alleen Jesus kan gee. Hier is Sy Woord vir vandag.
Tema: Wees ‘n draer van vreugde en blydskap
Teks: “Toe sê die engel vir hulle: ‘Moenie bang wees nie, want ek verkondig vir julle ‘n groot blydskap wat vir die hele volk sal wees.” (Lukas 2:10)
- Die engele het die beste nuus ooit gebring – ‘n Verlosser is gebore!
- Hierdie blydskap hang nie af van jou omstandighede nie, dit kom van Jesus, ons Verlosser.
- Al was die jaar moeilik, daar is rede vir blydskap.
- Deel vandag hierdie blydskap met iemand wat moedeloos is – wees ‘n engel van goeie nuus.
Gebed
Liewe Vader, maak my ‘n boodskapper van hierdie groot vreugde van hoop.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


