Sondag 8 Maart 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 4:1-42.
- Die tema van die prediking is: Die mooiste liefdesverhaal ooit.
- Derde Lydensweek.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Persone met Gestremdhede (NCPD) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Leon Cronje.
Geopende Deure
Ons ontvang vandag besoek van ‘n verteenwoordiger van Geopende Deure.
Geopende Deure bedien Christene in lande waar hulle vervolg word. Meer as 380 miljoen Christene ervaar vervolging en diskriminasie weens hul geloof. Hulle volg Jesus, ongeag die koste. Christelike vervolging is enige vyandigheid wat vanaf die wêreld ervaar word as gevolg van ʼn mens se identifisering met Jesus Christus. Dit kan vyandige gevoelens, houdings, woorde en aksies insluit. Ongelukkig, maak baie Christene vandag die aanname dat vervolging deel is van die Kerk se verlede. Die waarheid is dat daar lede van die liggaam van Christus is wat tans erge vervolging en beperkings in die gesig staar as gevolg van hul geloof in Jesus Christus. Elke dag, van elke jaar, en op elke kontinent, staar mans en vroue vervolging in die gesig as gevolg van hul geloof in Jesus Christus. Hierdie Christene ervaar lyding ter wille van ONS geloof. En al wat hulle vra is dat ons vir hulle sal bid en nie van hulle sal vergeet nie. Ons gebede hou hulle staande.
Mosselbaai Ring Noodfonds
Baie dankie vir alle bydraes gemaak teenoor die noodfonds.
Dankie ook vir al die 5 liter waters wat u bygedra het, die water-insamelings-projek is nou afgesluit.
Woensdag 11 Maart 2026 :
- Die Blokbyeenkoms van Blok 9 (Agter-Polisiestasie) vind om 18:00 plaas by Elmari Olsen – Wiggettstraat 13. Carin van Ginkel – -Kontak Ons..
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – -Kontak Ons.. Alle belangstellendes welkom.
Sondag 15 Maart 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- Vierde Lydensweek.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Omgeebediening by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
- Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.

Ondersteuningsbediening :
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13 (AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers -Kontak Ons. / Riëtte Jansen van Rensburg – -Kontak Ons.
Eiendomsbediening :
Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 11 & 25 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode, naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters -Kontak Ons.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Maart 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 31, asook die antwoorde vir nommer 30 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Soedan
FEBA Soedan is ’n jong radiostasie met groot uitdagings. Hoewel baie mense bly is oor die nuwe stasie, is daar ook erge teenstand vanaf plaaslike afgodaanbidders wat die span wil saboteer. Ten spyte hiervan werk God reeds kragtig deur FEBA Soedan se uitsendings en FEBA Radio SA kon onlangs ’n besending radio’s stuur om in die omliggende dorpies versprei te word.
Ons gebed vir die week: Bid vir God se beskerming oor die personeel van FEBA Soedan se harte en denke, sowel as oor die stasie se infrastruktuur. Vra dat die nuwe besending radio’s sal help om Sy koninkryk in Soedan uit te brei.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
- Erediensbediening:
- Die skakel na die YouTube Erediens van 8 Maart 2026, deur Ds Leon Cronje, is beskikbaar.
- Getuienisbediening:
- Nuusflitse van Missie Japan is beskikbaar.
- Nuus van Michelle van Oekraïne wat oppad terug is.
- Die jongste nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
- Bybelstudiereekse:
- Lydenstyd se Visio Divinia reeks is op webtuiste beskikbaar.
- ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Betrokkenheid.”
- Gemeentenuus:
- ‘n Kort oorsig van Klub50 se ‘Piekniek onder George Piek’ met die Powervan trein.
- \Die weeklikse Afkondigings asook
- Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



