Konnichiwa Nuusbrief Liewe ondersteuner,
Met die toename van Covid-19 in Suid-Afrika, dink en bid ons voortdurend vir u. Ons hoor van meer en meer mense waarvan ons weet wat weens Covid-19 siek geword het. Dit is kommerwekkend dat die daaglikse hoeveelheid infeksiestelling teen so ‘n tempo styg. Ons is bewus daarvan dat Suid-Afrika na vlak 4 geskuif is en besef dit hou verskeie uitdagings in.
MISSIE JAPAN
Liewe medewerkers
29 MAART 2019 – “D-DAY”
Dit is met ‘n blye hart dat ons vandag met jou enkele verwikkelinge rondom Elmar en Nadine se vertrek na Japan wil deel.
In Desember 2018 het die kerk in Japan namens Elmar en Nadine, aansoek gedoen vir hulle verblyfpermit.

