RAMOT VERSTAAN DIE BELANGRIKHEID VAN REHABILITASIE EN DIE IMPAK OP INDIVIDUE, GESINNE EN GEMEENSKAPPE, VERAL GEDURENDE DIE TYD VAN ONSTABILITEIT EN EMOSIONELE NOOD.
Ramot is ‘n holistiese behandelingsfasiliteit vir alkohol-, pil- en dwelmverslawing. Hul doel is om meer te doen as om net die siklus van verslawing te breek; hul benadering tot dwelm- en alkoholrehabilitasie maak fisiese, sielkundige en geestelike genesing moontlik. Hulle unieke benadering, wat intensiewe, individuele aandag insluit, verseker dat hul pasiënte die rehabilitasiesentrum verlaat met die selfvertroue en vaardighede om hul lewens tot hul volle potensiaal te leef.
As ‘n baken van hoop, lewer RAMOT voortdurend ‘n boodskap van optimisme deur hul uitreike na gemeenskappe regoor die Wes-Kaap, wat mense herinner aan hul onwrikbare slagspreuk: “’n Nuwe lewe, ‘n Nuwe begin”.
Die span is daartoe verbind om uitstekende behandeling en diens aan pasiënte en hul gesinne te lewer. RAMOT bied virtuele nasorgsessies wat baie positief deur pasiënte en uitgebreide familie ondersteun word. Daarbenewens het ons ons samewerking met die media verbreed om die publiek op hoogte te hou en ‘n tasbare oplossing te bied aan diegene wat met substansafhanklikheid worstel.
RAMOT dien as ‘n veilige omgewing van hoop, sodat pasiënte hul oë vorentoe gevestig hou – om nie te fokus op die nederlae nie, maar om hul “rock-bottom” die vaste fondament vir ‘n nuwe toekoms te laat word.
Die lirieke van Koos du Plessis se bekende lied, Gebed is as volg: “Wat ek is, is net genade, wat ek het, is net geleen,” RAMOT ontvang eindelose genade van ons Hemelse Vader.
U kan meer lees oor RAMOT hier.
Webtuiste: https://www.ramot.org.za/

