Nuwe intrekkers

Nuwe Intrekkers

Nuwe lidmate in ons gemeente

Hartlik welkom en ons wil u uitnooi om deel te word van ons gemeente. Ons nooi u uit om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet.  In die voorportaal en hier onder, is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.  U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:30 & 12:30.