Kerssangdiens – 23 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

2025-11-23 Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier

Kerssangdiens 2025

Onder leiding van Marida Bridges

Datum: 23 November 2025

Die Kerssangdiens was sielsverrykend vir elkeen wat dit bygewoon het. Die hele program was uitstekend beplan, en het goed opgevolg, om die verhaal van Christus se koms aan te kondig.

Die sang en musiek was uit die boonste rakke en ons kan met dankbaarheid onthou. Vir Marida en die span kan die hele gemeente net dankie sê vir onvergeetlike koor en solo musiek; asook’ n heerlike saam sing geleentheid vir almal.

Lees meer “Kerssangdiens – 23 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier”

Kerssangdiens: 2024

Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier

Die Kerssangdiens van 24 November was ‘n wonderlike aanddiens. Die sang, musiek, voorlesings, voordrag en toneelspel stukkies in die lig-belaaide kerk het ons in die regte stemming gebring. Ons is teruggevoer na waarom ons jaarliks die geleentheid vier, en wat die belangrikste Kersgeskenk van alle tye is. Jesus Christus se koms na hierdie aarde, as mens, sodat ons verlos kan word. Ons moet dit nooit uit die oog verloor nie.