Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 Januarie 2026

8 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag God se voorskrifte vir die lewe onthou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: God se riglyne is vir jou goed – wees leerbaar.

Teks vir vandag: “… onthou wat ek jou oor die lewe geleer het. Bêre my voorskrifte in jou gemoed. Leef daarvolgens en jy sal gelukkig wees.” Spr. 7:1 (Die Boodskap)

  • Jy moet bereid wees om die wysheid van God aan te leer – wees leerbaar!
  • God se voorskrifte is nie ‘n las nie, maar eerder beskerming wat jou van swaarkry bewaar.
  • Om God se wysheid in jou hart te bêre beteken om dit so goed te ken dat dit outomaties deel van jou denke word.
  • Wanneer jy volgens God se beginsels leef, ervaar jy vrede en geluk wat die wêreld nie kan gee nie.
  • Maak vandag ‘n doelbewuste keuse om een voorskrif van God uit te leef.

Gebed

Liewe Vader, help my om U Woord in my hart te bêre en daarvolgens te leef sodat ek die ware geluk kan ervaar wat U belowe het.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.