Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Januarie 2026

7 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag bedagsaam wees met elke ooreenkoms! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Moenie te vinnig wees met jou handtekening nie

 – neem tyd om elke ooreenkoms behoorlik te verstaan voordat jy dit onderteken of tot iets instem.

Teks vir vandag: “As jy ‘n ooreenkoms te maklik gemaak het, jou handtekening te vinnig op papier geplaas het, is jy dom.” Spr. 6:2 (Die Boodskap)

  • Mense is geneig om net aan hulle eie belange te dink – nie aan ander sin nie.
  • Neem tyd om elke ooreenkoms behoorlik deur te lees, te deurdink en te verstaan.
  • Moenie onder druk onderteken nie – ‘n goeie ooreenkoms sal môre nog daar wees.
  • Vra raad by mense met insig, wysheid en onderskeidingsvermoë voordat jy iets onderteken.
  • Geduld met kontrakte en ooreenkomste kan jou van jare se probleme spaar

Gebed

Liewe Vader, gee my geduld en wysheid om nooit te vinnig ooreenkomste te sluit nie, maar om elke besluit bedagsaam te neem.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.