5 Januarie
Liewe vriend
Mag God se wysheid vandag deur jou praat en jou besluite lei! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema : Leer uit ander mense se ervarings sodat jy reg kan leef en met insig kan praat
– jy hoef nie elke fout self te maak of foute te herhaal nie.
Teks vir vandag: “Leer uit my ervaring sodat jy reg kan leef en met insig kan praat.” Spr. 3:2 (Die Boodskap)
- Jy hoef nie elke fout self te maak nie – leer uit ander se ervarings.
- Soek mentors en raad by mense wat goddelike wysheid en insig het – hulle het alreeds die pad van die lewe gestap.
- Wat jy uit ervaring leer, help jou om reg te leef en wys te praat – deel dit met ander.
- Wees nederig en sagmoedig genoeg om van ander te leer.
Gebed
Liewe Vader, help my om nederig te wees en uit ander se wysheid te leer sodat ek reg kan leef en insiggewend kan praat.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


