Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Januarie 2026

4 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag honger wees na God se wysheid! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Doen elke dag jou bes om meer wysheid en insig te kry.

 Wees lief daarvoor – dan sal jy reg leef en God se seën ervaar. Dan sal jy weet wat ‘n gelukkige lewe is.

Teks vir vandag: “Doen jou bes om elke dag meer wysheid en insig te kry. … Wees lief daarvoor soos ‘n goeie man sy vrou liefhet. Dan sal jy reg leef.” Spr. 4:5-6 (Die Boodskap)

  • Groei in wysheid en insig is ‘n daaglikse keuse – jy moet jou bes doen.
  • Wees passievol oor God se wysheid en insig – maak dit ‘n prioriteit in jou lewe.
  • Ware liefde vir wysheid en insig lei tot ‘n lewe wat reg is voor God.
  • Ware liefde vir wysheid en insig lei tot ‘n lewe wat geluk bring en respek tussen mense afdwing.
  • Wysheid beskerm jou en lei jou tot die beste uitkomste.

Gebed

Liewe Vader, skep in my ‘n passie vir U wysheid sodat ek elke dag meer kan groei en reg kan leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.