Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Januarie 2026

3 Januarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag met goddelike wysheid deur jou dag beweeg! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Leef doelbewus deur mooi na te dink oor wat jy sê en doen, en weet wanneer om sekere dinge en mense te vermy.

Teks vir vandag: “Dink mooi oor die alledaagse lewe na. Dink wat jy op die regte oomblik moet sê en wat jy moet doen, wie en wat jy eerder moet vermy.” Spr. 3:1 (Die Boodskap)

  • Leef doelbewus – dink mooi na voordat jy praat of optree.
  • God gee jou wysheid en insig om te weet wat om te sê, wie om te vermy en wanneer om stil te bly.
  • Dus: Jy sal sommige situasies en mense vir jou eie beskerming moet vermy.
  • Vra God elke oggend om jou te lei in die klein, gemiddelde en groot besluite van die dag.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag wysheid om reg te praat, reg te handel en die dinge te vermy wat my kan seermaak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.