2 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag God se hart vir jou duideliker sien! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Hoe meer jy aktief na God se wysheid soek, hoe beter verstaan jy hoe lief Hy regtig vir jou is.
Tema: Verstaan hoe lief Hy regtig vir jou is
Teks vir vandag:“… indien jy heeltyd na (hierdie wysheid) soek… sal jy die liefde van die Here begin verstaan.” Spr. 2:4 (Die Boodskap)
- Soek aktief na God se wysheid – dit kom nie toevallig of per geluk nie
- Hoe meer jy God se Woord leer ken, hoe beter verstaan jy Sy liefde vir jou
- Hoe meer jy God die Heilige Gees se stem ken, hoe beter verstaan jy Sy rigting vir jou
- God se wysheid en insig onthul Sy karakter en Sy goeie bedoelinge met jou lewe
- Maak tyd om vandag iets van God se hart te leer ken.
Gebed
Liewe Vader, leer my om elke dag na U wysheid en insig te soek sodat ek kan verstaan hoe lief U vir my is.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


