11 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag integriteit in al jou sake beoefen! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Hanteer jou geld eerlik en verantwoordelik
Teks vir vandag: “Geld wat oneerlik verkry is, bring net verdriet. Eerlike optrede maak mens gelukkig.” Spr. 10:2 (Die Boodskap)
- Oneerlike wins kom met ‘n prys – jou gemoedsrus, jou getuienis en uiteindelik jou vreugde gaan verlore.
- God sien alles wat jy doen en Hy seën eerlikheid, nie kortpaaie of slim planne nie.
- Eerlike geld maak jou huis en huismense gelukkig. Dit gee en vrede en rustigheid in jou hart.
- Kies vandag vir integriteit, al lyk dit asof jy ‘n kans misloop – God se seën is meer werd as enige oneerlike wins.
Gebed
Liewe Vader, help my om vandag in al my sake eerlik en opreg te wees sodat U seën en vrede op my lewe kan rus.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


