10 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag wysheid hê in hoe jy antwoord! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Wees versigtig hoe jy praat en antwoord.
Teks vir vandag: “Dink mooi hoe jy iemand wat met God spot, moet antwoord. Hy kan jou begin haat, en jou groot skade aandoen.” Spr. 9:7 (Die Boodskap)
- Nie alle mense is gereed om God se waarheid te hoor nie – bid vir wysheid om te weet wanneer om te praat.
- Spotters is mense wat God se manier van leef en hoe Hy ons deur Jesus gered het, bespot en verwerp – hulle kan gevaarlik wees vir jou geestelike welstand.
- God gee jou onderskeidingsvermoë om te weet met wie jy God se dieper waarhede kan deel.
- Wees nederig genoeg om te erken dat jy nie almal kan oortuig nie – los ruimte vir die Heilige Gees om te werk.
- Antwoord ongelowige mense versigtig en met wysheid, sodat jy hulle vir Christus kan wen.
Gebed
Liewe Vader, gee my vandag wysheid om te weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly, en beskerm my teen mense wat my wil seermaak.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


