31 Maart
Ek bid dat jy sal sien hoeveel goedheid en guns die Here vir jou gee. Hier is vandag se boodskap aan jou.
Tema: Sien die werk van God raak
Teks: “Dit is die kinders wat God in sy liefde aan my gegee het.” (Gen 33:5)
- Soms is die lewe hard, maar die Here tree tot alle vlakke van die lewe toe.
- Wanneer God betrokke is, stop alles wat verkeerd gaan.
- Die Here beskerm jou in alle omstandighede – jou hele lewe: gesondheid, familie, vriende, werk, finansies, gemeente sowel selfs ook die land en wêreld se politiek.
- Sy beskermende hand oor jou, maak jou gelukkig, dit gee vir jou vrede en sekuriteit.
Gebed
Liewe Vader. Baie dankie dat U in alles vir my genoeg gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

