26 Maart
Ek hoop en bid dat jy die vrymoedigheid het om jou vrese aan God bekend te maak. Hier ‘n Woord van God vir jou..
Tema: Soek net hulp by die Here.
Teks: “ Red my tog uit die mag van my broer Esau, ek is bang vir hom … (Gen 32:11)
- Selfs in moeilike tye is God daar om jou te red en te help
- Daar is geen keer aan al die goeie dinge wat God vir jou wil gee nie, al verdien jy dit nie (Joh. 1:16).
- Dit is belangrik dat jou planne afhang van die leiding wat die Here gee. J Volkome herstel is deel van God se plan vir jou.
Gebed
Liewe Vader. Baie dankie dat U my uit elke situasie wat sleg is sal lei. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

