Skep asem vir vandag: 24 Maart 2025

24 Maart

Ek wens dat jy die volwassenheid sal aanleer om jou woorde te tel voordat jy praat wanneer jy kwaad is. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Tel jou woorde, God sal voorsien

Teks: Dié nag het God in ‘n droom na Laban die Arameër toe gekom en vir hom gesê: “Wees versigtig met wat jy vir Jakob sê!” ” (Gen 31:24)

  • Waar mense is, is daar ook dikwels konflik.
  • Byt jou tong vas voordat jy praat. Druk jou “pause-knoppie”. Wag ‘n bietjie voor jy praat.
  • ‘n Verkeerde woord kan jy nie terug trek nie, al is jy daaroor jammer.
  • ’n Sagte antwoord sal die woede en konflik tussen julle laat afkoel en bedaar (Spr. 15:1).
  • ‘n Christengelowige se woorde getuig van insig, wysheid en kennis. (Spr. 15:2)

Gebed

Liewe Vader, laat U liefde deur my lewe vloei. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.