20 November
My wens en gebed is dat jy vandag nie skaam sal wees om te sê wat God in Sy Woord leer nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Luister na dit wat God sê
Teks:“Hy het vir die volk kom sê wat die Here hom beveel het” (Deut. 34:10b – Die Boodskap)
- Moses se getuigskrif was dat hy geluister het na wat die Here gesê het en dit oorgedra het.
- Dit moet ook op jou getuigskrif staan – jy het onwrikbaar die wil van die Here vertel en geglo.
- Moenie skaam of bang wees om te vertel wat God in Sy Woord vir jou sê nie.
- Begin vandag om dit te doen soos Moses dit gedoen het – wees ‘n boodskapper van God se waarheid.
Gebed
Liewe Vader, gee my moed om U waarheid met ander te deel.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


