Skep asem vir vandag: 20 Desember 2025

20 Desember

My wens en gebed is dat jy vandag sal verstaan hoe God jou uitkies vir Sy onmoontlike en buitengewone planne. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: God se buitengewone planne

Teks:“Die engel het vir haar gesê: ‘Moenie bang wees nie, Maria, want God het jou uitverkies.'” (Lukas 1:30 )

  • Maria was ‘n jong vrou uit Nasaret – nie ‘n belangrike plek nie – maar God het haar uitverkies om die Verlosser se ma te wees.
  • Die Almagtige Here kies gewone mense vir buitengewone planne.
  • Wanneer God jou uitkies vir iets wat buitengewoon en onmoontlik lyk, vertrou Hom.
  • Sy planne is altyd groter as wat ons kan verstaan.
  • Leef gehoorsaam! Hy kan die onmoontlike moontlik maak! Eer Hom.

Gebed:

 Liewe Vader, ek wil ook beskikbaar wees, soos Maria beskikbaar was.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.