Afkondigings 26 Februarie tot 5 Maart 2023

Vandag – Sondag 26 Februarie 2023 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Fanie Bergh wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom. 8 vers 31 – 39. Die tema van die prediking is : God is vir ons, want…
  • Tweede Lydensweek.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Hartenbos Versorgingsoord by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

JEUG :

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.

Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Nuwe lidmate in ons gemeente :

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Maart 2023 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Woensdag 1 Maart 2023 :

  • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 5A (Mossienes tot Stasieweg)en 5B (Eiland tot Dolphins Creek) by Michelle Roon, Dolphins Creek 87 (064 674 9756).

Sondag 5 Maart 2023 :

  • Prediker: ds. Danie Goosen.
  • Kategese.
  • Sinodale Offer Hospitaalbearbeiding.

Omgeebediening : 

  • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Ons ondervind tans ‘n groot tekort aan groot inkopiedrasakke asook bydraes vir die kruideniers-pakkies soos blikkieskos, suiker, koffie, tee, pasta, skoonmaakmiddels soos gesigseep, tandepasta, skottelgoedseep, wasgoedseep, toiletpapier, ens.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527).

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.

Getuienisbediening :

Ons uitreikdatums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:

8 en 22 Maart.

Baie dankie aan al die gemeentelede wat hierdie week so positief gereageer het met sop bydraes vir ons vrieskaste wat so leeg was.

Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte :

  • Daar is ’n dringende behoefte vir krukke en ’n rolstoel vir verskeie volwassenes, asook ou selfone vir ons dienswerkers van die getuienisbediening. Indien iemand kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkanoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel vir Aletia (084 783 1308).
  • Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)

26 Februarie 2023

1. Skakel na die YouTube Preek van 26 Februarie 2023.

2. Weeklikse nuus vanaf ons Sendingaksie in Madagaskar.

3. Ons weeklikse bydrae – Stof tot nadenke: God se kudde.

4. Ons begin ‘n nuwe Lydenstyd reeks: Visio Divina.
Hierdie is ‘n reeks wat deur Dr. Ronell Bezuidenhout ontwikkel is. Elke dag vir die volgende 40 dae verskyn ‘n nuwe episode op die webtuiste, in ons reis deur die Lydenstyd. U word hartlik uitgenooi om hierdie ikoniese reis saam met ons te onderneem.

FEBA RADIO SA (FEBA):  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA MALAWI

Die FEBA Malawi moet talle uitdagings daagliks oorkom. Swaar reënval het die week verskeie hoof roetes verwoes wat dit vir die span in Malawi moeilik maak om na kleiner dorpies te reis om die Evangelie te versprei. Die FEBA Malawi span deel ook basiese benodigdhede en kos uit aan diegene en hul gesinne wat dit nodig het, veral in die swak ekonomiese klimaat wat tans die Malawiërs se lewenskwaliteit negatief affekteer.

Ons gebed vir die week: Die ekonomiese krisis in Malawi raak erger en so verswak Malawiërs se lewenskwaliteit. Bid asseblief dat die Heilige Gees tot troos sal wees vir God se mense en aan hul behoeftes sal voorsien.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning

van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

N GKerk in SA

PSD:KERKLIKEOPLEIDING

(Standplaas:Stellenbosch)

Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) maak die vakature vir ’n Predikant in SinodaleDiens (PSD): Kerklike Opleiding bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel en aan die vereistes voldoen, om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel.

Die PSD: Kerklike Opleiding is verantwoordelik vir:

  • Kerklike opleiding en vorming van alle voornemende gemeenteleraars, diensleraars en standplaasleraars, asook die voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) van alle leraars.
  • Die verdieping en ontwikkeling van kerklike opleiding vir ’n veranderende en diverse konteks.
  • Oorsig oor die aanmelding, keuring en begeleiding van voornemende teologiese studente vir die verskillende opleidingsbane.
  • Die bestuur van die Seminarium as ’n platform vir die holistiese vorming van teologiese studente.

Die aard van die pos behels dat die aansoeker aan die volgende vereistes moet voldoen:

  • ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
  • Teologies goed gefundeer wees (’n PhD in teologie sal as aanbeveling dien).
  • Bewese ondervinding van gemeentebediening moet hê.
  • Oor ’n goeie VBO-rekord beskik.

DiePSDmoetookoordievolgendeinsigte,vaardighedeenervaringbeskik:

  • Die belangrikheid van akademiese kennis en navorsing, persoonlike ontwikkeling en geloofsvorming vir die toerusting van bedienaars verstaan.
  • Studente kan begelei in geloofsontwikkeling, die vorming van gesonde geloofsgewoontes en die dinamiese aard van hulle roeping.
  • Oor genoegsame ervaring en vaardighede beskik om leierskap te verleen ten opsigte van die voortgesette opleiding en ontwikkeling van alle leraars.
  • Mense laat tuis en veilig voel en pastorale sensitiwiteit uitstraal.
  • Netwerke kan skep, insluitende ekumeniese netwerke.
  • Oor goeie kommunikasie- en fasiliteringsvaardighede beskik.
  • As leier binne kerklike strukture kan funksioneer.

Hoe werk die aansoek proses?

Kandidate word versoek om die volgende dokumente in hul aansoek in te sluit:

  • Aansoekvorm kan afgelaai word by https://www.kaapkerkadmin.co.za/poste/
  • Aansoekbrief
  • Curriculum Vitae met relevante bedieningsinligting met betrekking tot die pos (maksimum 2 bladsye).
  • ʼn Bondige voorlegging van twee bladsye waarin die kandidaat sy/haar visie vir die pos van PSD: Kerklike Opleiding verduidelik.

Alle aansoeke word elektronies gerig aan Elmien Theron by ngkadmin@kaapkerk.co.za

Sperdatum vir aansoeke: 3Maart 2023 om13:00

Vergoedingspakket: Volgens sinodale riglyne

Persoonlike navrae: Ds. Peet Bester(voorsitter:Kuratorium)│0845833454 │peet@ngkfranschhoek.co.za