Wêreldbiddag vir Vroue 2026

Die Wêreldbidddag vir Vroue 2026, wat by St John’s Anglikaanse Kerk in Groot-Brakrivier aangebied is, op 6 Maart 2026, was ‘n goeie, en verreikende geleentheid.

Die Vroue van die gasheer kerk het alles in ‘n Gees van samehorigheid aangebied. Die boodskap is gebring deur Ds. Lilian Reynecke, predikant van Searle Memorial Kerk. Al die vroue van die verskillende denominasies het saam gedeel en gesing tot eer en verheerliking van dié God wat ons almal aanbid.

Ons kom almal van Afrika en daar is ‘n band met ander Afrikane, omdat die opstellers van hierdie jaar se WWBD program van Nigerië is het dit ook persoonlik met ons elkeen geresoneer. Dis ons mense en ons ken hulle uitdagings.

Dit was ‘n wonderlike ervaring. Ons dank gaan uit aan St. John’ s Anglikaanse Kerk se dames vir ‘n goeie belewing.

Agtergrond van die Wêreldbiddag vir Vroue 6 Maart 2026 – Nigerië: “Kom, Ek sal julle rus gee!”