Sendingnuus Madagaskar: The Week 14 January 2024

And then it rained…and rained some more…

Usually we have a week or two in February where is rains non-stop, but it came early this rainy season. There has been flooding on the island and Gabriel cannot be moved to its ‘parking spot’ before the weather clears, because of the mud. The weather forecast shows this to continue until Thursday.

Lees meer “Sendingnuus Madagaskar: The Week 14 January 2024”

Kersdag en Oujaarsdag 2023

Die Kersdiendste is op feestelike wyse met die aansteek van die Christus-kers gevier en goed bygewoon. Die vier dienste van Kersdag 2023 (Ds Danie Goosen (×2), Nadia Marais en Dr Frans Hancke) het ‘n wonderlike bywoning van ongeveer 1850 lidmate en besoekers gehad (en dit sluit nie die 566 YouTube besoeke aan die Erediens uitsending in nie) om die herinnering aan die koms van ons Verlosser, Jesus Christus te vier.

Die Oujaarsdienste van Dr Frans Hancke was ook goed bygewoon en die YouTube besoeke alleen was bykans 1000.

Doopvreugde Desember 2023

Groot-Brakrivier gemeente het ‘n ongekende vreugde van vier dopelinge op 24 Desember 2023 beleef. Vir die gemeente met hoofsaaklik afgetrede lidmate was dit heerlik om so’ n dag te beleef.

Blomme-plesier 2023

Die Erediensbediening van die gemeente het gesorg dat daar tematiese blomrangskikkings maandeliks in die kerk gedurende 2023 geplaas is. Die rangskikkings. Daar was spesiale ruikers vir Paasfees, Opstandingsondag, Pinkster, Hemelvaart, Dankseggings-Sondag en die Kerssangdiens; daar was ook spesiale ruikers vir Moedersdag en Vadersdag. Una Vorster was hoofsaaklik verantwoordelik vir die ruikers van 2023.

Ons is dankbaar vir die verfraaiing van die dienste, wat die ervaring van die sosiale samesyn van gelowiges so ‘n plesier maak.

Stof tot nadenke: Lewe in God se Liefde

Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! En dit is ons ook. Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat hulle Hom nie leer ken het nie.
1 Joh. 3: 1

Hoe kan ons in die liefde van God leef? Kan ons teen ons sondige natuur in geborge raak in die liefde van God? Is dit selfsugtig van ons om in die liefde van God te leef? Of moet ons liewer vra hoe kan ons nie in God se liefde leef nie? 1 Joh. 3: 1 bevestig weereens die liefde wat God vir ons het, sodat ons Sy kinders genoem kan word. In Joh. 1: 12 hoor ons duidelik “Maar aan almal wat Hom aanvaar het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word – hulle wat in sy Naam glo.” Ons kan dus elkeen ‘n kind van God wees deur in Jesus Christus te glo. Dit is egter nie gebaseer op ‘n voorgee glo nie. Elkeen van ons sal self weet hoe opreg ons geloof in God die Vader, die kruis-offer van Jesus Christus en die teenwoordigheid van die Heililge Gees is. Dit is dus ‘n persoonlike ervaring en belewing.

Lees meer “Stof tot nadenke: Lewe in God se Liefde”

Stof tot nadenke

Moenie bang wees nie. Kyk ek bring vir julle ‘n goeie boodskap wat vir die hele volk ‘n bron van groot vreugde sal wees: Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here
Luk. 2: 10-11

Reeds in Jesaja belowe God aan ons dat ‘n seun aan ons gegee gaan word, vir die uitbreiding van Sy heerskappy (“Want ‘n kind is vir ons gebore, ‘n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Vir die uitbreiding van heerskappy en vir vrede sonder einde,…” (Jes. 9: 5-6)). Hierdie belofte word waar in die geboorte van Jesus Christus, soos deur die engel aan Josef verskyn het en hom weereens aan hierdie belofte herinner het. (“Sy sal geboorte gee aan ‘n seun, en jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sonde verlos” (Matt. 1: 21)). Johannes verseker ons dat God vlees geword het en onder ons kom woon het (“En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos die unieke Seun van die Vader – vol genade en waarheid.” (Joh. 1: 14))

Lees meer “Stof tot nadenke”

Nuusflitse Week 52+ van 2023

Nuusflitse

Ds Charné Viljoen van NG Pellissier in Bloemfontein het die beroep na Groot-Brakrivier aanvaar en sal in 1 Februarie 2024 by ons aansluit. 
Neem asb kennis dat die kerkkantoor 13 Desember 2023 sluit en weer op 8 Januarie 2024 heropen. 
Ds Danie sal met verlof wees vanaf 26 Desember 2023 tot 14 Januarie 2024 
Sondag 24 Desember 2023 : Erediens om 09:00 – Dr. Gerrie van Deventer. 
Kersdag 25 Desember 2023 : Eredienstye: 07:00; 08:00; 09:00 en 10:00. 
Sondag 31 Desember 2023 : Erediens om 09:00. Prediker: dr Frans Hancke.  
Oujaarsdiens om 18:00 
Sondag 7 Januarie 2024 : Erediens om 09:00. Prediker: dr Frans Hancke

Stof tot nadenke: Christus se Vrede

“Vrede laat Ek julle na – my vrede gee Ek julle. Ek gee dit nie vir julle soos die wêreld dit gee nie. Laat julle harte nie ontsteld en bang wees nie”
Joh. 14: 27

Jesaja wat reeds die koms van Jesus Christus voorspel het, het onder andere vir Christus die Vredevors genoem. (“Want ‘n kind is vir ons gebore, ‘n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Vir die uitbreiding van heerskappy vir vrede sonder einde, sal hy op die troon van Dawid en oor sy koninkryk wees, om dit te vestig en te ondersteun deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Die ywer van die Here, heerser oor alle magte, sal dit doen” (Jes. 9: 5-6)). Die vraag ontstaan oor hoe lyk hierdie vrede wat Christus vir ons sou bring? Ons as mens het altyd ons eie menslike perspektiewe en verstaan nie noodwendig presies wat God se bedoeling is met die vrede wat God vir ons wil bewerkstellig nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Christus se Vrede”

Gemeentebrief Desember 2023

Gemeentebrief

Goeiemôre gemeente,

Hierdie tyd  van die jaar word ons herinner aan die koms van Jesus Christus. Dis ook die begin van ons kerklike jaar. Liedere soos “O, die goeie tyding” en “Welkom o stille nag van vrede” weerklink uit kerkgeboue en winkelsentrums. Midde in hierdie tyd raak ons ook bewus van pyn en lyding wêreldwyd. Oraloor word woorde gebruik soos apokalipties wat verwys na die eindtye. Laat ons gedurigdeur herinner word dat  die eindtyd ingelui is met Christus se eerste koms. En Hy maak ons ook deel van Sy tyd en werke totdat Hy weer kom.

Lees meer “Gemeentebrief Desember 2023”

Nuusflitse Week 51+ van 2023

Nuusflitse

Ds Charné Viljoen van NG Pellissier in Bloemfontein het die beroep na Groot-Brakrivier aanvaar en sal in Februarie 2024 by ons aansluit. 
Neem asb kennis dat die kerkkantoor 13 Desember 2023 sluit en weer op 8 Januarie 2024 heropen. 
Ds Danie sal met verlof wees vanaf 26 Desember 2023 tot 14 Januarie 2024 
Sondag 24 Desember 2023 : Erediens om 09:00 – Dr. Gerrie van Deventer. 
Kersdag 25 Desember 2023 : Eredienstye: 07:00; 08:00; 09:00 en 10:00. 
Sondag 31 Desember 2023 : Erediens om 09:00. Prediker: dr Frans Hancke.  
Oujaarsdiens om 18:00 
Sondag 7 Januarie 2024 : Erediens om 09:00. Prediker: dr Frans Hancke. 

Sendingnuus uit Madagaskar: Lynette: The week 3 December 2023

he date for Gabriel to be taken out of the water has been set for 14 January. Our rainy season started earlier this year and yesterday evening we had a storm with heavy wind. So the sooner we can get the boat on land, the better. We visited the boat yard up in the north of the island on Monday and the owner, Bruno, was very helpful. He knows more than a thing or two about boats and offered his expertise as well as a good spot for Gabriel. There is a workshop, running water as well as a generator available, should we need one. All of this does not come cheap, but at this point in time, one cannot measure the peace in Dries’s heart about how it has all worked out. He does not have to build a trailer and the burden of the removal of the boat, does not rest on him solely. You can rejoice with us as God has supplied the funds for Gabriel’s resting place for the next 6 to 8 months. We have seen once again that when God is at work, we should expect that He moves in ways beyond our human expectation.

Lees meer “Sendingnuus uit Madagaskar: Lynette: The week 3 December 2023”

Stof tot nadenke: Wat gee ons vreugde?

Die koninkryk van God is tog nie ‘n saak van kos en drank nie, maar van geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees
Rom. 14: 17

Wat is dit wat elkeen van ons vreugde verskaf in hierdie aardse lewe van ons? Ons vind ons tydelike vreugdes, wat dikwels nie juis langdurig is nie, in allerhande aardse plesiertjies. Ons hou van fees vier, familie en vriende om ons hê. Baie van ons vind ons vreugde daarin om alles wat ons wil hê te kan koop en te geniet. Maar bring dit regtig ware en blywende vreugde. Die blydskap met hierdie aardse dinge is so dikwels van kortstondige duur. Die oomblik wat die nuutheid van daardie lank begeerde ding oorgewaai het, bly ons agter met nog ‘n hol kol…wat ons so dikwels met ‘n volgende item probeer vul, wat ons dink ons gelukkig sal maak; maar doen dit regtig?

Lees meer “Stof tot nadenke: Wat gee ons vreugde?”